Speaker sê oor DA se versoek oor Eskom-komitee

Argieffoto: GCIS

Die speaker van die nasionale vergadering, Baleka Mbete, het Dinsdag reageer op ʼn geskrewe versoek van die hoofsweep van die Demokratiese Alliansie, John Steenhuisen, dat die Nasionale Vergadering weer saamgeroep moet word om ʼn ad hoc-komitee oor Eskom aan te stel.

Die DA het versoek dat dié komitee die energiekrisis by Eskom moet ondersoek.

Mbete het in ʼn brief aan Steenhuisen gesê sy stem saam dat die voortgesette energiekrisis ʼn baie ernstige kwessie is. “Bestaande portefeuljekomitees is egter by magte om die kwessies by Eskom aan te roer. Dit sluit die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings in, wat in 2018 ʼn omvattende ondersoek van stapel gestuur het oor Eskom.”

Mbete het gesê die betrokke komitees kan dus die saak hervat indien nodig en dit is nie nodig dat die nasionale vergadering in hierdie stadium weer saamgeroep moet word nie. “Selfs indien ʼn ad hoc-komitee vereis word, is dit nie nodig dat die nasionale vergadering weer byeen moet kom nie,” het sy verduidelik.

Die nasionale vergadering het op 20 Maart verdaag.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê die ad hoc-komitee moet bestaan uit portefeuljekomitees van energie, openbare ondernemings en handel en nywerheid en die relevante ministers en beamptes moet opgeroep word om voor die komitee te kom verduidelik hoe die kragkrisis gebeur het en watter stappe gedoen is om dit te voorkom.

Maimane sê die komitee moet ook maatreëls oorweeg om die potensiële ineenstorting van die nasionale energienetwerk te voorkom en moet dié maatreëls aan die nasionale vergadering voorlê.

Die DA-leier het bygevoeg die wetgewer moet ook onmiddellik die voorgestelde wetgewing oor ʼn onafhanklike stelsel- en markoperateur (Ismo) goedkeur om die verdeling van Eskom in aparte opwekking- en voorraad-entiteite te bespoedig om elektrisiteit goedkoper te maak en beskikbaarheid te verseker.

Maimane se brief aan speaker Baleka Mbete versoek “dringende en noodsaaklike wysigings aan bestaande wetgewing en regulasies om die moontlike dreigende ineenstorting van die nasionale energienetwerk te voorkom en die bedreiging wat dit vir die nasionale ekonomie inhou”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Die speaker is heeltemal polities gedisorienteer.
Daar is ‘n nasionale krag krisis.
Die DA behoort die saak nie daar te los nie en die konstitutionele hof te nader om die president en die regering tot verantwoording te roep om die krag krisis te verduidelik.

Elsa ·

Die DA maak my behoorlik siek. Ek woon in Tileba, Pretoria Noord en nog nooit was die plek so vuil en verwaarloos. So as hul nie eers n stad kan bestuur, hoe wil hulle die land regeer. Née wat, gaan verby.

Charlie ·

Ek stem volkome saam met John Steenhuisen en Mmusi Maimane se beroep op die Speaker, Baleka Mbeti, om n spesiale vergadering byeen te roep.
DIT IS IN NASIONALE BELANG en is nie partypolitiek ge- orieenteerd nie.
Nogtans bly dit dieselfde as soeke na wors in n hondestal om goedkeuring te kry.

Veritas ·

Die DA skreeu nou net weer saam om stemme te probeer kry. Wat hulle nie besef nie is dat dit in hul guns tel as beurtkrag voortduur. Nie die skerpste lemmetjies in die pakkie nie.

kolla ·

Dankie DA vir wat julle vir ons doen ander partye moan net maar doen niks.

sweis ·

Die moot in Pretoria en spesifiek Rietfontein is net so vuil en instandhouding was seker laas gedoen toe die anc in bewind was,dieDA raadslede is net te sien elke donderdag as die plaaslike koerant uitkom met probleme en geen oplossings nie.

TN ·

Dankie kolla __ dit is inderdaad die ENIGSTE party wat IETS doen ___ Pietertjie sal seker nog so paar maande wag om sy drie sinne in die parlement te uiter om sy salaris te regverdig !

Gert van Wierdapark ·

Beurtkrag se korrekte naam is “Black-Outs”! Dit lyk na ‘n politieke spel waarmee die a en see besig is mbt tot die sogenaamde beurt-krag! Vir die stemvee het die riller net betyds opgedaag, want dit kan gesien word as’ n magsvertoon!

Michael ·

Moet wat kom verduidelik? die krag krisis, asb wie weet dan nog nie van die onbevoegheid en die ( eie sakke vol prop nie) nie.

willem Botha ·

Hoekom hou die DA nie n referendum in die wes kaap en stig af van SA en vorm dan n onafhanklike land nie ,hulle is by magte om dit te doen,inteendeel moes hulle dit gedoen het toe hulle die provinsie gewen het die eerste keer.

Hendrik ·

Die grondwetlike gedeelte van so plan is baie moeilik implementeerbaar. Daar is grondwetlike reels om die grondwet te verander. Dit sal waarskynlik ook teen die nasiebou visie gestuit word en die ANC sal dit net nie toelaat nie. Die enigste manier wat dit sal gedoen word as die gemeenskap geweldig druk op alle vlakke uitoefen en dan ook self al die kostes moet dra vir die ontwikkeling.

Pop ·

Die ANC sal in die ewigheid in nie toelaat dat die weskaap onafhanklik word nie. Hoe gaan die nou lyk as dit hier so welvarend is teen die res. Nee wat, ons kan droom en wens, maar hoe lui die gesegde. Wens in die een hand en bollie in die ander en kyk watter een is die meeste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.