Speaker sê oor wantrouemosie se stemproses

Pres. Jacob Zuma en Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering (Februarie 2015). Foto: Flickr/GovernmentZA

Baleka Mbete, speaker van die nasionale vergadering, het Maandag tydens ‘n mediakonferensie aangekondig dat die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma, waaroor Dinsdag in die parlement gedebatteer word, met ʼn geheime stemproses beslis sal word.

Dit kom nadat Mbete al die partye in die nasionale vergadering vroeër die geleentheid gegun het om voorleggings aan haar te maak rakende hul siening oor die stemproses. Mbete het gesê sy het hierdie insette in ag geneem toe sy haar besluit geneem het.

Mbete het geen vrae van verslaggewers tydens die mediakonferensie toegelaat nie en het gesê die doel van die mediakonferensie was bloot om haar besluit aan te kondig.

Die DA het die eerste versoek vir die mosie op 30 Maart vanjaar ingedien en dit sou op 18 April aangehoor geword het. Dit is egter op ys geplaas nadat Mbete aangevoer het dat sy nie by magte is om oor die geheime stemming te besluit nie. Die United Democratic Movement (UDM) en die EFF het daarna ʼn aansoek by die konstitusionele hof ingedien om te versoek dat die mosie met ʼn geheime stemming beslis word.

Die konstitusionele hof het op 22 Junie beslis Mbete moet ʼn besluit oor die stemproses neem. Hoofregter Mogoeng Mogoeng het gesê daar is geen regsgronde waarvolgens die hof die speaker kan dwing om op ’n geheime stemming te besluit nie.

Dit is die sewende keer wat ʼn mosie van wantroue teen Zuma in die parlement aangehoor sal word, maar beslis die mees omstrede van al hierdie mosies. Verskeie groepe en organisasies en enkele ANC-LP’s het in aanloop tot die mosie kritiek teen Zuma uitgespreek en gesê Zuma moet óf herroep word óf bedank.

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het Vrydag tydens ʼn mediakonferensie gesê om vir die mosie van wantroue teen Zuma te stem sal gelykstaande daaraan wees “om ʼn kernbom op die land te gooi”. Mthembu beweer indien die mosie van wantroue slaag, sal dit die land in algehele politieke onstabiliteit en ekonomiese onsekerheid dompel.

Intussen het die South Africa First Forum Sondag gratis regshulp belowe aan enige ANC-LP teen wie daar stappe gedoen sou word indien hy of sy Dinsdag ten gunste van die mosie stem.

Die mosie van wantroue word Dinsdag om 14:00 gedebatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Nico ·

Slim skuif. As hulle Zuma nou verwyder is daar nog twee jaar om legitimiteit te herbou EN om die nuwe president en kabinet om te koop. Hoop Zuma bly, dan is ANC uit in 2019.

Loeis ·

Ek stem.

Intussen hoop ons Jackson Mthembu gaan kruip in sy bunker weg vir die kernbom chaos wat nou om ons heers, soos hy voorspel het (dit is sarkasties bedoel, as iemand gewonder het). En bly sommer vir altyd daar (dis nie sarkasties bedoel nie).

Linette ·

Wáááát??? Is dit nie dalk fopnuus nie??? Het me. Mbete régtig vir ‘n stemproses in die geheim ….

Wag, wag, wag, mense – ek ruik ‘n rot, vrot vis en ou skoene stink!

Missis Mbete raak nou onse prezzie – mits Nummawan en die hele Parly nou die “boot” kry. Dit is nog ook nie ‘n uitgemaakte saak nie, nè! Ons weet mos watter manteldraaiers doer in Parly sit – sê die een ding, doen die ander ding. Daar moet 201 LP’s vír die mosie stem – 151 kan op gereken word (die opposisie se aantal LP’s saamgegooi). Dus moet nog 50 ANC LP’s vir die mosie stem ….. Hmmmmm, wag en kyk maar …. en hoop ons spring nie met dié mosie reg vanaf die pan in die vuur in.

“Rather the Devil you know, than the Devil you DON’T know” seg die slim Ingelse.

Kobus ·

Verrassing…..maar ek vertrou die vrede nie….daar broei iets onheilspellends….

Mielie ·

Kobus ek stem saam met jou. Zuma lag vir almal want hulle het klaar n plan. Hy is reg vir elke skuif. Daar broei iets……

Apie ·

Ek voel dieselfde Kobus. Hier stink n rot. Hoop die USA troepe is nog in die land!!

Chris ·

As die mosie slaag, word die president + al sy ministers huistoe gestuur. En vervolgens word die speaker president! Mbete het vir haarself gekies!!

jack daniel ·

Mooi so! Hulle sal die stemme en stemmery baie fyn dop hou. Maak seker die stem box is wel leeg en geen stemme onder die tafel voor hul stem. Trust haar en haar trawante glad nie. Alles v d beste mede Suid Afrika. Mag God se geregtigheid seevier!! Ons bid ernstig more 12ur. Welcome to join!

Bromponie ·

Hiers ‘n kans!, maar ek dink ons almal weet dit help nie om oor opgewonde te word vooraf nie. Hierdie land se polikuste is in ‘n liga van hulle eie…

Mielie ·

Absoluut. Hulle kan enige iemand ore aansit. Zuma het nie verniet baklei om re kom waar hy is vandag nie.

Wille Willem ·

Mooi so! Nou hou ek al my duime (en groottone) vas dat die stemmery in Suid-Afrika se guns sal val en nie Zuma s’n nie.

dovaz ·

Mooi so! Hulle sal die stemme en stemmery baie fyn dop hou. Maak seker die stem box is wel leeg en geen stemme onder die tafel voor hul stem. Trust haar en haar trawante glad nie. Alles v d beste mede Suid Afrika. Mag God se geregtigheid seevier!!

stephen groenewaldt ·

Ek is n mismoedige ANC ondersteuner en het dit sterk oorweeg om vir n ander revolusionere party te stem.Maar die besluit deur die speaker het my weer moet gegee.Aluta continua

gawie ·

Sy sou meer kredietwaardig gewees het indien sy die beslissing kort na die hofuitspraak gemaak het. Natuurlik het hulle nou die ekstra tyd gebruik om die comrades presies te vertel wat sal gebeur as hulle “verkeerd” sou stem. Ook slim in die opsig dat die opposisie nie nou ‘n hofaansoek kan bring nie.

Linette ·

Mense, julle moet my nou nie verkeerd verstaan as ek nou seg wat ek hier onder seg nie:

Miskien is Nummawan nou nie ons grootste vyand nie, maar dalk ‘n vriend “in disguise”. Julle weet mos wat word daar gesê van ‘n man wat genoeg tou gegee word om homself op te hang …. Ek reken mos nou so dat die ideaal sou gewees het dat Zuma maar aanbly tot Desember. Kyk, dan móét hy ‘skedaddle’. En dan kry ons vir NDZ, hom eks as prezzie. Sodoende hou hy steeds die ‘business in the family’.

Wat die lekkerste (maar ook ekonomies die slegste) sou wees, is dat hy tot in 2019 aan bewind gebly het, dat die ANC só onderverdeeld en verskeurd was, dat hulle geen slaankrag gehad het teen die massas wat teen daardie tyd heeltemal keelvol sou wees vir hulle geliegtery en gestelery.

Dit sou dan BAIE swaar gegaan het met almal in die land, maar uiteindelik sal SA weer kon opstaan uit die stof en ‘n land vir ons eie mense, sonder die juk van die uitlanders en die ANC herskep.

Adam ·

Desember vind die verkiesing van die ANC president plaas. Zuma bly nog steeds in sy pos tot 2019 tensy hy formeel herroep word soos wat met Mbeki gebeur het.

Veritas ·

Baleka Mbete speel haar kaarte baie mooi. As sy die ondersteuning van Luthuli-huis het, is haar kanse baie goed om Suid-Afrika se eerste vroulike Staatspresident te word. Mens weet net nie watse geraamtes daar in haar kaste is nie

Ada ·

En daar sal geraamtes wees- dis verseker. Dit sal egter uitgesnuffel word.

gawie ·

Almal sal teenwoordig wees, dis ‘n goeie ding. As dit oop was, het party partye dit beslis geboikot.

Linette ·

O koek, ja, jwm – daai’s ook nou weer in ander ding. Wonder watse reëls is in plek hiervoor – ek bedoel, as die LP’s net wegbly (oormôre is hoeka ‘n vakansiedag ….)? Moet hulle ook soos ek en jy siek-briewe inbring?

Andre ·

Hierdie was Baleka Mbete se laaste kans om die mag van president in haar hande te kry. Indien die mosie slaag en Zuma en sy kabinet is uit … dan is sy president vir 30 dae. Dan kan sy aan die mag probeer vasklou deur ‘n NOODTOESTAND af te kondig om die “georganiseerde geweld” te beheer en dan met die militêre magte te regeer. Onder die noodtoestand wetgewing kan sy die ANC Konferensie onbepaald uitstel asook die 2019 verkiesing. Sodoende kan sy regeer tot in lengte van dae!!!

As Zuma NIE gelig word nie deur die wantroue mosie nie. Kan hy dieselfde noodtoestand strategie volg om aan bewind te bly.

Hoe dit ookal sy … DIKTATORSKAP IS ONS VOORLAND!!!

Kobus ·

Andre wat jy se…het by my ook opgekom…dis waarna ek in my bogenoemde kommentaar verwys het as iets onheilspellends is besig om te gebeur… die volgende 24 uur is krities….hierdie skaakspel wag om te ontvou…maar glo my Nommer 1 is nie skaakmat…in teendeel hy gaan met nuwe krag bo uitkom…dan weer n kabinetskommeling om van sy vyandige kaders ontslae te raak….die pionne is klaar vir eks vrou opgestel…sy sal sy plekkie inneem en hy gaan steeds die beskermde vrugte pluk tot hy sy kop neerle…..eendag

Anoniem ·

Kobus, as Zuma sy kop finaal neerlê, gaan hy voor die almagtige, regverdige God van hemel en aarde (en ook Suid-Afrika) moet verantwoording doen.

Disselboom ·

Die besluit vir geheime stemming is ‘n aanduiding dat die ANC en die Zuma-kamp in die besonder, se voorraadopname wys dat Zuma die stemming gaan oorleef – en as dit gebeur ten spyte van geheime stemming is sy posisie net nog weer sterker.

Veritas ·

Ek het so’n gevoel dat ‘n groot deel van die ANC LP’S nie juis Zuma makkers is nie. Dié geleentheid is dalk net waarop hulle gewag het. Moenie verbaas wees as hulle teen hom stem en dan die ANC probeer red nie.

Ou Wetenskaplike Stemvark ·

En wie gaan verseker die stemmery is geheim? Weet julle dan nie van vingermerke op die stembriefies nie? Of gaan dit elektronies geskied? En wie bestuur die rekenaarbediener? Of is daar ‘n elektroniese “oog” vooraf in die dak geinstalleer? He-he-he-he. Uitgevang!

Andre Botha ·

Wat ek wil weet, as dit n geheime stemming is, hoe gaan die ANC weet wie het daarvoor gestem. Hulle se hulle gaan die lede dissipliner aanspreek.

piper ·

ek dink daar gaan n paar manne wees wat maar swak gaan slaap vanaand.

Mielie ·

Zuma kan nie nou sy eks inkry as president nie maar BM is goed genoeg vir hom. Hulle is kop in een mus

DJB ·

N ander senario: JZ kondig more oggend sy bedanking aan, CR word dan president van die land maar JZ bly steeds die president van die ANC. Wie trek nou die toutjies?………. dit kan baie maklik onderhandel word en die leirskap-twis in die ANC word sodoende op gelos

Swartkat ·

Niemand gaan teen Zuma stem nie al is dit ‘ n geheime stemming. More aand sit ons nog met Zuma en dan lag hy vir die land – skaakmat

dovaz ·

Hoop nie dit is a gekonkel tussen mbete en dlamini-zuma nie. Onthou sy veg ook vir die rooi stoel.

Wiehan ·

Nico, ek stem 100% saam met jou. As Zuma nou verwyder word sit ons na 2019 nog met ‘n ANC regering. Laat hom nou oorleef. Hy kan tog nie in 2jaar meet skate aandoen as wat hy alreeds gedoen het nie. Liewers in 2019 die gemors begin regmaak as eers in 2024. Dan is ons heeltemal in ons glorie.
Stert Zuma, hoop jy oorleef no 8

Peanut ·

Ons moet versigtig wees, dis presies wat Julius soek so verbreedt hy keer op keer sy mag. Ek stem wel dat die korruptes moet waai maar oppas vir die diktator wat besig is om is in te kom

C op C ·

Daar is net te veel senarios. Ons kan ons breine breek en op die ou einde gaan ons steeds nie weet wat die beste vir ons land gaan wees nie. Wat ek wel weet: Die mens wik en God beskik. Dit maak my rustig oor die hele aangeleentheid. Ons moet nog en wil nog planne maak. God het reeds die langtermynplan in plek vir ons land.

Afrikaanse Knaap ·

Hierdie is ‘n groot terugslag vir ons demokrasie. ‘n String geheime stemme gaan nou volg. Terug vat van plase. Kern transaksies. Strenger ras wette.
“Be careful what you wish for”.

Vreesloos ·

Siener van Rensburg se voorspellings kom waar. GROOT DROOGTE dan die oorname. GOD sal VOORSIEN. Glo dit .Ons sal weer seevier. Met of sonder Zuma of enige ander diktator. SUID-AFRIKA behoort aan die CHRISTEN. GOD ALLEEN SAL VOORSIEN. 16 DESEMBER SAL HERHAAL.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.