Speaker Thandi Modise het Woensdag ingestem dat ʼn dringende debat oor die stand van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) in die parlement gehou moet word.
Die Inkatha Vryheidsparty het die versoek ingedien.
“Ons verwelkom die speaker se besluit om ag te slaan op ons versoek,” het Narend Singh, hoofsweep van die IVP, gesê. “Die debat sal Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, die geleentheid bied om aan die land te verduidelik watter maatreëls in plek gestel is om seker te maak die ongekende ontwrigting wat veroorsaak is toe personeel begin staak het, word nie weer herhaal nie.”
Lede van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel (Sacca) het Vrydag begin staak oor salarisverhogings en moontlike afleggings by die nasionale lugdiens. Hulle eis ʼn salarisverhoging van 8%.
Gordhan het Woensdag gewaarsku dat die lugdiens nie die geld het om die verhoging te kan bekostig nie en die gevaar bestaan dat salarisse hoegenaamd nie betaal mag word nie. Hy het gesê onderhandelings duur voort en hy is vol verwagting dat dit suksesvol sal wees.
Singh het gesê die nasionale vergadering se beplanningskomitee sal Donderdag ʼn geskikte tyd skeduleer vir die debat.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Hoe onnosel kan mense nie wees nie. Wat van n debat oor die ANC se bestuur?
Solank daar geen meer geld na SAA gaan nie
Eerstens moet alle stakers ontslaan word.Slegs sleutel poste moet weer gevul word deur nuwe werkers..Dit sal die salaris rekening van SAL verlaag.Dn moet SAL onder Sakebestuur geplaas word.
Maak SAL toe.
Wat van haar DBV saak? Die wiel draai!!!