Speaker sterk gekant teen reisverbod

Nosiviwe Mapisa-Nqakula (Argieffoto: GCIS)

Die speaker van die nasionale vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het haar sterk uitgespreek teen die reisverbod wat op sekere Afrikalande, insluitend Suid-Afrika, ingestel is in die lig van die nuwe Covid-19-variant.

Die Omikron-variant is vroeër vandeesweek deur Suid-Afrikaanse wetenskaplikes geïdentifiseer. Die nuus het paniek wêreldwyd veroorsaak en vlugte na en van betrokke land is opgeskort.

Mapisa-Nqakula het haar Saterdagaand by die sewende Brics- parlementêre forum in Madrid, Spanje, uitgespreek teen die reisbeperkings. Sy lei ʼn afvaardiging van ses lede van die Suid-Afrikaanse parlement.

Volgens haar is die reisverbod ingestel sonder enige wetenskaplike bewyse. Sy beskou dit as ʼn straf vir wêreldklas wetenskaplikes en verantwoordelike wêreldwye burgerskap asook deursigtigheid.

Sy ondersteun die Suid-Afrikaanse regering se mening dat, as ʼn verantwoordelike wêreldburger, het die land ʼn plig om enige nuwe variante by die internasionale gemeenskap aan te meld. Dit is sonder versuim gedoen.

Ander lede van die Suid-Afrikaanse parlement wat Mapisa-Nqakula vergesel het, sluit in die EFF se hoofsweep Floyd Shivambu, ANC-LP Judith Tshabalala, adjunkvoorsitter van die nasionale raad van provinsies Sylvia Lucas en voorsitter vir internasionale betrekkinge Madala Ntombela.

Shivambu het op sy beurt gewaarsku teen die agenda van sekere lande om die eenheid van Brics te ondermyn.

Brics bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, Volksrepubliek China en die Republiek van Suid-Afrika. Dit is op die been gebring om kontakte op leierskapsvlak te versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Chris dupreez ·

Asof die Brics lande hulle aan julle 6 hansworse gaan steur. Ongelukkige verdien julle geen respek van niemand af nie.

Hendrik ·

Ongelukkig is ons deel van BRICS, so BRICS steur hulle aan hierdie 6 hansworse.

JohanR ·

Te laat ou dier. Nkosazana Dlamini-Zuma het klaar besluit!

Papsak ·

Hulle weet nie wat is respek nie regtig dan staan menze nog vir hulle en stem saam met wat hulle met ons doen swak

Jr ·

Vir my vreemd as hulle gekant is teen restrictions maar as die ” Kopdoek 7″ dit doen aan ons by restaurante, kroee, drankwinkels, hotelle, gastehuise ens ens dan moet ons dit maar net sluk en shutup.

Zombie ·

Ek stem saam met jou, Jeff. Die logika maak ook nie vir my sin nie. Internasionale inperking is verkeerd, maar nasionaal mag hulle inperkings na hulle goeddunke maak.

Alleen Wolf ·

Die gekerm van pandor en kie is alles net ‘n rookskerm van die regering se kant af, hulle kan nooit erken dit strook so reg met hulle plan nie.

Anel ·

Dit is gestig om al hulle komunistiese idees te deel. Almal klomp komunistiese lande. Nou help hulle om Suid Afrika ook in een te omskep sonder dat ‘n skoot geklap het

Wielspore ·

Mev Nosiviwe Mapisa-Nqakula gaan kry ondersteuning by Kuba, Palesteine, Mexico en Zimbabwe.

Jaco ·

Hoekom kom BRICS se mense byeen in Spanje, wat nie deel van BRICS is nie?

annie ·

…remember, we are the darlings of de world… As Mandela se ANC kwe dan luister die wêreld… of… Ons moet dalk ‘n slag respek verdien en nie aldag ‘n antie stuur met ‘n tranetrekker vir pledges nie. Of is hierdie een vir gratis resepte vir die Oosterse entstofvervaardigers wat angstig in die Kaap wag.

Gawie ·

Ek kyk so na al die kommentare wat gelewer is by hierdie berig. Hier het ons van ons parlementslede wat probeer baklei om die reisverbod op te hef, maar nee, almal reageer negatief en kritiseer net. Hey mense – hulle probeer ons help! Gee bietjie ondersteuning!
Nee wraggies – julle verdien verdere inperkings as julle so negatief oor alles wil wees!

Nici ·

Dis nogal snaaks om te sien hoe verontwaardig die regering is omdat SA nou onregverdig behandel word volgens hulle, maar is die SA populasie nie al amper 2 jaar onregverdig behandel deur hierdie selfde leiers wat werk vernietig het en mense se vermoens om kos op die tafel te sit ingeperk het nie?

Nici ·

Mense in SA word gedwing om maskers te dra wat geen waarde het as beskerming nie, net so onwetenskaplik soos die inperkings waaroor hulle kla.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.