Speaker verwerp DA-aansoek vir debat oor Eskom

Foto: GCIS

Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, het die DA se versoek om in nasionale belang ʼn debat oor Eskom se finansiële krisis te hou, van die hand gewys, het die party Sondag gesê.

“Terwyl Eskom verswelg word deur korrupsie en wanbestuur kan ons nie voortgaan met die sitting van die sesde parlement asof alles in orde is nie,” het Natasha Mazzone, DA-woordvoerder gesê. “[Eskom] is die grootste enkele bedreiging vir ons land se ekonomie.”

Volgens Mazzone gaan Suid-Afrikaners reeds gebuk onder stygende elektrisiteitskoste en ʼn swak ekonomie en daar word nou ook van hulle verwag om vir jare se staatskaping, korrupsie en swak bestuur wat daartoe gelei dat Eskom meer as R400 miljard in die skuld is, op te dok.

“Eskom het ons ekonomie op sy knieë gedwing met onaanvaarbaar hoë werkloosheidsvlakke en werkverliese weens [beurtkrag]. Ons kan nie toelaat dat Eskom ons ekonomie bly bedreig nie.”

Die kragvoorsiener is die grootste bedreiging vir die ekonomie en daarom meen Mazzone die parlement moes sy mandaat gebruik om onder toesig die ware omvang van die verrotting by Eskom te bespreek, verduidelik sy.

Die DA vra al lankal dat Eskom se anti-mededingende wurggreep op die produksie en verspreiding van elektrisiteit opgehef word. Die DA het ʼn plan gereed gehad om Suid-Afrika se kragbron te stabiliseer en te beveilig. Dit was vervat in die DA se Goedkoper Energiewet, wat gepoog het om Eskom in twee afsonderlike entiteite op te breek – ʼn eenheid vir kragopwekking en een vir kragverspreiding.

Dit sal die koste van elektrisiteit verminder, broodnodige mededinging tot gevolg hê en verseker dat Suid-Afrika ʼn groot deel van Eskom se skuld sal afskud.

Daar is geen eenvoudige manier om die Eskom-krisis te hanteer nie, maar ʼn debat oor moontlike maniere om die kragbron te red, kan nie wag vir ʼn gerieflike tyd nie, “anders is dit te laat,” het Mazzone gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Elizabeth ·

Ek hoop nie die DA aanvaar die weiering gelate nie. Hulle moet druk uitoefen tot die debat goedgekeur word. En dan word daar beplan om ook nog diegene wat teen groot koste die druk van Eskom afhaal deur self energie op te wek, dood te belas!! Logika by die drein af!!

JP ·

Volgens wat ek lees is dit baie duidelik dat daar weer ‘n spul modder is wat toe gesmeer wil word

Johan ·

Die Speaker het die DA se voorstel verwerp weens politieke redes. Dit was ‘n geleentheid waar daar objektief na Escom se probleme gekyk kon word en met rasionele oplossings vorendag kon kom. Die geploeter sal nou net voortduur.

John ·

Dit maak mens bang.. met die openingsrede van CR Donderdag. Dalk net gaan ‘n dwase aankondiging gemaak word wat die land oor die rand tot in totale ellende gaan stoot. Met AmCu wat R17 000 as min loon eis… en nog sulke beserkthede, terwyl niemand afgedank wil word nie kan die domino’s tuimel… Die ANC wil nie uit sy droom wakker word nie… dalk diè dat cannabis sekerlik oorweeg sal word as nuwe bron van inkomste en uitkoms uit die werklikheid.

Ellisras ·

Goed dat die debat afgekeur is. Praat gaan nie help nie. Ons kan in elke skoolsaal in die land ‘n debat hou. En dit gaan nie help nie. Ons moet iets DOEN.

PJC ·

Ek wonder wat het hulle laat dink dat die nuwe speaker onpartydig gaan wees. Na 1994 sal niks in hierdie mooi land van ons ooit weer normaal wees nie. Hoe gouer mense dit besef hoe beter vir hul welsyn.

Cherokee ·

Pieter, ons wil nie graag met die DA meng nie maar tog sou graag wou sien dat ons die DA ondersteun in die spesifieke stryd.

humor ·

Van die hand gewys want die volle werklikheid is vir hulle n verleentheid. As daar so iets by hul gevind kan word. En dit sal in elkgeval skadelik vir die anc wees. Hierdie eskom – debakel gaan nog lekik in hul gesig ontplof en dan gaan die hele land bitter swaar kry.

Gert van Wierdapark ·

“Eishkom” se plundering en verval maak ‘n groot aandeel uit van die ekonomiese sobotasie in SA. Dit wil voorkom of die a en see nie besef hoe naby ons aan die afgrond is met oa Eskom se enorme skuldlas en “black hole” geldvermorsing nie!! Hul interne stryd om beheer van die hart van die party, staan voorop, en SA se inwoners staan agter. Die Speaker se rol mos om te keer dat die appelkar nie om gegooi word nie – Onpartydig is mos haar by naam!?

schaun ·

Pleks vra hulle n debat oor diskriminasie teen wit kinders gebaseer op velkleur en hoe lank nog voor die wette geskrap word maar dit is eintlik thinking veral as dit by die DA anc light kom.

Karlahari ·

Dankie aan al die nie ANC ondersteuners wat nie gestem het nie.
Danksy julle het die EFFANC nou 2/3 meederheid.

werner ·

eskom en die speaker kop in een mis met anc
privatiseer eskom en dan sal ons verbetering sien
op die selfde afdraend as SAL

fred ·

die probleme en korrupsie is te groot om die daglig te sien…vergeet nie dat cr vir jare gatekeeper van eskom was…polities en ekonomies te sensities…sal nooit gered word

Manna ·

R400 miljard rand. Zuma en ANC regering hoort in tronk vir misdade teen Suid Afrikaanse burgers. Huidige ANC regering is niks beter. Maar die nasie het vir hulle gestem so hulle moet dit maar verduur en dit gaan erger word

Leon ·

Telkom is opgebreek in verskillende entiteite en dit lyk of Telkom besig is om weer die mas op te kom. Dit mag dalk die redding wees. Breek Eskom op en deel dit op in beter funksionerende entiteite. Verkoop sommer die entiteite aan die privaat sektor.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.