Speaker vra buitengewone debat oor onluste

Soldate gedurende die onluste in Gauteng. (Foto: GCIS)

Die speaker van die nasionale vergadering het voorgestel dat ʼn buitengewone en verlengde debat gehou word oor die onluste, plundering en vernietiging van eiendom wat vroeg in Julie plaasgevind het.

In haar memorandum aan politieke partye wat in die nasionale vergadering verteenwoordig word,  stel Thandi Modise voor dat die debat so gou moontlik plaasvind. Sy meen dit moet verkieslik vroeg in Augustus, sommer in die eerste week nadat parlementêre sittings hervat het, plaasvind.

Modise stel ook voor dat komitees wat reeds betrokke is by die oorsig van dié onlangse onluste die debat sal lei.

Skade van miljarde rande is aangerig en verskeie mense is dood tydens gewelddadige onluste wat voorverlede week eers in KwaZulu-Natal en toe in Gauteng uitgebreek het. Betogers het daarop aangedring dat oudpres. Jacob Zuma, wat reeds begin het om sy tronkstraf van 15 maande uit te dien, uit die tronk vrygelaat word.

Die regering is reeds uit talle oorde gekritiseer vir sy hantering van die kwessie en daarvan beskuldig dat lede te lank gevat het om in te gryp.

Modise vra ook dat die nasionale vergadering se komende kwartaal met ʼn paar weke verleng word om partye genoeg tyd te gee om die kwessie behoorlik oop te krap. “Vrae aan kabinetsministers wat betrokke is by die hantering van die kwessie moet vooropgestel word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kokerboom ·

Me Modise om wat te bereik??As u party agter die deur staan moenie ander ook daar soek! Vee voor jul eie deur en doen diepe introspeksie(as jul kan!).Moenie arme belastingbetalers se geld verder mors!!!

Pietertjie ·

Hopelik sal die debat daartoe lei dat ramaposa finaal ontslae begin raak van die Zuma – faksie in sy regering. Maar nou ja…

Persheks Adri ·

Asof iemand gaan erken dat hulle pateties is en te laat opgetree het pocket ons weet dit mos en dat dit voorkom kon word as iemand net beter intelligensie gebruik het regtig waar. Ons kon dit ‘n myl ver sien kom werklik

Nie Verbaas ·

En gaan debat help om die regering se onvermoë en onbevoegdheid reg te stel? Nee dit gaan nie. Die land is alreeds bewys van die regering se sinnelose gepratery.

Porseleintjie ·

Ure se gebabbel om n tafel gaan wat bereik? Hierdie is standaard praktyk in SA. Net die intensiteit neem toe. Mens kan tog nie die kern van n idividu verander nie. Dit is wat dit is.

Hennie J ·

Nog n geleentheid om baie te se en niks te doen nie..Langenhoven:” Al verdien n man dit nie, eer hom na sy posisie. Dit is genoeg dat hy die posisie oneer aandoen”

SjN ·

Waarom nou die haas, jou dieremishandeling saak was mos n tipiese voorbeeld van afhandeling!!

pestilensie ·

Merk hierdie spasie, al wat die ANC gaan kwytraak is “ they were hungry “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.