‘Speel oop kaarte oor Eskom-situasie’

Argieffoto: GCIS

Die DA en die VF Plus het die regering versoek om deursigtig te wees oor die situasie by Eskom.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het pres. Cyril Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy nie deursigtig is oor die volle omvang van Eskom se kragopwekking- en finansiële krisis nie.

“In ’n tyd waar ons land ’n ongekende elektrisiteitskrisis in die gesig staar – met aanhoudende kragonderbrekings wat die nuwe normaal geword het – weier president Ramaphosa om oop kaarte met die mense van Suid-Afrika te speel,” het Maimane gesê.

Volgens Maimane is Ramaphosa sedert 2014 in beheer van Eskom se lot en is hy nie net vir Suid-Afrika ’n verduideliking verskuldig nie, maar die volle waarheid oor die omvang van die krisis, insluitende sy regering se volle plan om hierdie krisis aan te pak. Hy het gesê die tyd vir verskonings is nou verby.

Maimane het Ramaphosa skriftelik versoek om die volle omvang van die krisis bekend te maak, insluitend Eskom se totale skuld en die afbetalingsooreenkomste daarvan.

Die VF Plus het intussen ʼn dringende beroep op die bestuur van Eskom gedoen om eerlik te wees met die mense van Suid-Afrika oor waar die land werklik staan rakende kragvoorsiening en oor die moontlikheid van ʼn totale ineenstorting  van die kragnetwerk.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: PresidencyZA/Twitter

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, sal die party so gou moontlik ʼn gesprek voer met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, om hom te versoek om oop kaarte met die publiek oor die Eskom-situasie te speel.

“Indien daar ʼn waarskynlikheid is dat die netwerk wel op ʼn beheersde of onbeheersde wyse in duie kan stort, moet Eskom dit erken. Die publiek het die reg om te weet wat is die persentasie van waarskynlikheid dat so iets kan gebeur om hulle daarop voor te berei.”

Net soos die publiek, moet alle vlakke van regering, provinsiaal en plaaslik, ingelig word sodat hulle betyds gebeurlikheidsplanne kan opstel indien geen krag beskikbaar sou wees nie, meen Alberts.

“So ʼn gebeurlikheid sal onvermydelik ʼn revolusionêre omgewing skep. Die polisie en weermag sal moet voorberei daarop, maar ook die publiek en burgerlike organisasies sal moet voorberei om mekaar by te staan en seker te maak daar word orde gehandhaaf.”

Alberts het gesê dit is in hierdie stadium nie duidelik wat die stand van sake by Eskom is nie. “Daar is kundiges wat meen dat Eskom reeds in fase 5 is en nie meer fase 4 nie. Niemand is egter seker nie en mense moet gis oor die ware stand van sake.

“Indien die land wel op ʼn totale kragvoorsieningsinploffing afstuur en daar breek chaos in die land uit omdat mense nie betyds gewaarsku is nie, sal die regering en Eskom daarvoor aanspreeklik wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Penellope Jones ·

Dis te se as Eskom en die regering die kaarte kan vind en herken . . . . .

Danie ·

Wel die Ramaphosa en sy kabinet is al paar jaar wete van die sitsuasie wat SA vandag in sit…. En wat erg is dit gaan net donkerder word…. Wet en orde geld net vir sekere mense ander kom skot vry van dit af

Du Plessis ·

Nie Ramaphosa of die ANC het n plan om hierdie krisi te beredder nie!!

Justice ·

Die ANC en Eskom voel `n veer vir die publiek en sal aanhou bly patetiese verskonings uitdink om hul kiesers te probeer paai.

Wielspore ·

Tegnies gesproke is dit onmoontlik om te waarborg dat toerusting 100 persent sal werk want nuwe toerusting wat goed instand gehou word staan op 98 persent want die 2 persent van af tyd is instandhouding tyd. Hierdie masjiene werk met rou materiaal wat Diesel, Steenkool, Water en chemiese stowwe insluit.
Om jou beplanning so uit te voer om te verseker dat al hierdie kondisies reg is behels harde werk.
Na my mening is dit onmoontlik vir CR om ‘n akuraat verklaring uit te reik wat die kondisie van ESKOM se status is. Wat hy wel kan verklaar is die bestaan van huidige aanlegte wat buite werking is en die hestel tyd daarvan. En dit opsigself het sy eie uitdagings aangesien onderdele meestal ingevoer word en gemaak word op bestelling.

KaterinaKat ·

Ek gaan maar “bite the bullet” in April en bitter min rooi vleis of hoender koop. Rooi vleis koop ons in elk geval net so 4 keer n maand dis so belaglik duur. Maar ek gaan Makro toe en n klomp blikkieskosse kry. Ekstra rys en pasta, meer as gewoonlik. Pakkies pastasous, al is tuisgemaakte sous n miljoen maal beter, die pakkies sous is beter as niks.

Ons woon in n werkers “compound” op n myn waar my man werk so dit sal seker redelik veilig wees. Wel dis veiliger hier as in die dorp. Hulle het industriele kragopwekkers om die myn self aan die gang te hou. Wens ons kon ons eie opwekker vir die huis bekostig!! Ons het n gasstoof om blikkies kos warm te maak en pasta te kook, en water vir koffie en tee. Kry n voorraad kerse, mense, n groot voorraad. Parrafienlampies is ook handig.

Al wat ek regtig sal mis in n totale “national grid down” is die internet. Daar is niks, soos in Niks te doen hier rond nie so dit gaan vreeslik depresserend en frustrerend wees sonder die internet.

Wessel ·

Nog te meer is dit heerlik om in die natuur te wees, jy vergeet jou daar as jy dit in jou skerm op die internet beleef: https://www.facebook.com/OpVlerke/
Jy sal daar by die besonderhede verdere inligting teekom wat jou sal interesser.

Andreas ·

Dankie Katerina dat jy se effe van jouself gegee het. Ons is afgetree, koop so een maal ‘n week dalk ‘n tjoppie of twee waarvan my vrou braaikos maak. Ons het jare gelede oorgeskakel na gas. Nou en dan koop ons porterhouse wat ek oor die oop vlam braai, en natuurlik is dit Donderdae pasta aand. Vars groene, kan ons nie sonder nie, en dan hou ons van vis. Sondae bak my vrou vir ons een van daai groot plat varkboudtjops of ‘n tenderised steak in ‘n kaserol in die gasweber met ook aartappels by, heerlik is die sous en aandbrandsel oor oor die rys, met groente en slaai as bykos.

Andreas ·

En as ek gelukkig is, stop sy as nagereg vir my so ‘n blokkie of twee tjoklit in die hand.

KaterinaKat ·

@Wessel – Dankie, ja die natuur is wonderlik, ek is baie lief daarvoor.

KaterinaKat ·

@Andreas – Dankie dat jy ook gedeel het, ja mens kan Lekker eet met min. Ek is net so lief vir groente. I have literally never met n vegetable i did not like :-) Dit sal swaar wees om daarsonder te moet gaan, as dit op die ergste kom. Blikkies groente is natuurlik beter as glad niks, maar ai, niks kom by vars groente nie. Ek hoop van harte dat ons almal die “worst case scenario” sal vryspring.

Bedlampie ·

Praat…praat…praat… al vir 25 jaar – tot vervelens toe. Dit het iets gehelp? Donker Afrika plunder en ploeter net voort. Emigrasie die enigste ware oplossing. Ons pak ons gevoelens in ons tasse.

Henk Stander ·

“Ons pak ons gevoelens in ons tasse.”

Hoe hartverskeurend waar is daai sin.

Betsie ·

Is dit nie dalk wat die regerende party wil hê sodat ‘n noodtoestand afgekondig kan word en die verkiesing dan uitgestel word nie? Wonder maar net……

H.A. ·

Lees in kaapse nuus dat die ‘brics’ lande 11 miljaard rand aan eskom gaan leen.

Hennie ·

Ramaphosa weet nie dat Eskom ‘n krag probleem het nie! Wat praat julle mense dan van!?

Sarel ·

Hy weet ook nie dat boere vermoor word nie, waar was die man al die tyd sedert 1994? Weet hy enige iets van SA, en dan is hy die president!!!!!

Buite Stander ·

Ons is in baie groot moeilikheid. Ek weet nie of almal dit besef nie. Maak gereed vir Fase 8 waar die helfte van die land vir 12 uur per dag sonder krag is.

Wessel ·

Als is 100, geen krag was vandag hier af. Wie maak jy bang?

Buite Stander ·

Wessel, by my beleef ek nou die derde kragonderbreking vir die dag. Ek praat langer termyn. Daar is nou weer diesel, so die OGCTs werk weer teen hoë kostes sodat jy kan glimlag. Maar Fase 8 kom, of glo jy Eskom en Ramaphosa se stories? Eskom se steenkool kragstasies is in ‘n gemors, die nuwes en die oues. Selfs die nuwe Tugela hidro kragstasie is ‘n gemors. Of glo jy dat dit goed gaan? Die transmissienetwerk is verouderd en kort onderhoud, of dink jy dit is alles wel? Die brande by substasies. Of glo jy dit is sabotasie? Ek maak niemand bang nie, maak gereed vir groot drama erns in die toekons. Oor en uit.

KaterinaKat ·

Ek is nie lid van Suidlanders nie maar kyk so nou en dan na Simon Roche op Youtube. Wat hy nou die dag gese het, het my bloed soos yswater laat voel. Oor hoe lank dit sou neem om n “black start up” te doen as die die hele elektriese netwerk sou ineenstort. We would be back to the stone age, basically. Diegene met kragopwekkers sou seker kon aangaan net so lank hulle diesel het vir hul opwekkers.

Maar daar sou feitlik onmiddelik n voedseltekort wees, n tekort aan medikasie, petrol, alles. Hospitale sal nie reg kan funksioneer nie agv tekorte aan medikasie..dit sal apokalipties wees in Hierdie land. Selfs in n eerste wereld land sou dit bitter moeilik wees, maar laat ons nou maar eerlik wees mense- kyk in watter hool sit ons hier, met watter bevolking. It will be like the movie 28Days Later.

Andreas ·

Só ‘n dag is altyd ‘n heerlike belewenis, juis omdat Kate ook vir ons vooraf by die huis iets te ete inpak wat ons die oggend met ontbyt langs die Nsemanidam en later vir middagete langs die Sabierivier gaan geniet.
Dit smaak daar in die natuur, met die reuk van die veld wat dit komplimenteer, die kombinasies wat jy proe, mos maar net anders as by die huis.
Ook die rustigheid wat jy ervaar terwyl jy die diere en veld beloer.
Nou en dan herken jy ‘n voël se roep, die bos práát met jou.
Ons staan duskant halfvier die volgende oggend op. Kate hou maar altyd daarvan om die res van die eetgoed die oggend, voor ons ry, vars in te sit.
Die hardgekookte eiers kom eerste aan die beurt. Terwyl dit kook, maak sy die Stanleyfles vol warmwater vir koffie, daarna maak sy bruinsaad toebroodjies met gekapte slaaiblare, ook sit sy rooi en geel soetrissie en agurkie op. Dit word saam met die varkworsies en eiers in tupperware houers by die koffiefles in die drasak gesit.
Na ek ook die videokameras met toerusting, verkyker en voëlboek, o ja, en natuurlik die klein koelhouer met ‘n paar botteltjies yswater, vir wanneer ons dit later die dag benodig, in die kar gelaai het, Kate seker gemaak het ek het nie die houer met Amajoya en Sparkles suiglekkers vergeet nie, trek ons om en by halfvyf daar weg.

EENDJIE ·

Hoekom het Brits nie ook beurtkrag nie? My vriendin bly daar en nog nie een keer beurtkrag gehad nie.

Jean ·

Wel die UK het demokrasie wat ook “accountability” beteken terwyl Suid-Afrika met ‘n eenparty-dominante stelsel sit, dit is ‘n stelsel waar een politieke party wat verkiesingsoorwinnings agtereenvolgens gewen het en wie se toekomstige nederlaag nie voorspel kan word nie of onwaarskynlik is vir die afsienbare toekoms. Dis basies ‘n een party staat met ‘n bietjie extra drama. Die ANC kort nie 100% mag om absolute mag the hê nie, hulle kort net 66% mag om die grondwet te verander en 50% mag om ‘n “draft bill” te “pass” deur parliament.

Koos ·

Oop kaarte sal nooit gespeel word nie, want dan sal die ANC moet erken dat hy gefaal het, en dit is mos nou nie ‘n goeie storie om te vertel nie!

Dissie ·

So hoor ons gister dat ons die hele dag vandag nie krag gaan hê nie agv “dringende” instandhouding…
Vroeër die week het my sussie se area ook ‘n hele dag sonder krag gesit agv “dringende instandhouding”… Is daar ander areas wat dit ook beleef?

CallieL ·

Vir Ramaposa, sy swaer en hele famile wat beplan om totaal die mag oor te neem is dir belangrik dat die grid faal. Dan neem hulle totaal oor en is SA waar Zimbabwe is. Geen witte sal iets kan doen nie. Alles sal gevat word. Dit sal n maklike staatskaping wees. Met Zuma nog daar het ek voorspel hy gaan die weermag inkry en n staatsgreep uitvoer. Niemand wou glo nie. 3 maande later was dit in die koerant dat hy dit wou doen. Word wakker SA. Hier kom n ding

George in Bloem ·

“Speel oop kaarte”. Die ANC? Hahahahahaha!!!! Dis ‘n goeie een!! Hahahahaha!!Bwahahaha!!

Johnny ·

Dan is die Usutu Vaal Skema wat meeste van die kragstasies op die hoeveld en Sasol van water voorsien ook in ‘n staat van verval omdat die verantwoordelike staats departement bankrot is. Let wel daar is genoeg water in die stelsel, maar hoe word dit vervoer as pompe stukkend is pyplyne oud is en kanale verbrokkel en krag is ook nodig om water aan Eskom te voorsien. Sonder water is daar nie stoom om meer krag op te wek nie.

Johnny ·

Sien Boodskapper van God (Siener) bladsye 232, 272, 300, 311 en 382. Besig om in vervulling te gaan.

ne ·

Al wat die anc goed kan doen is om mooi broodjies te bak vir die mense wat nog vir hulle stem. Maar party mense weet hoe hulle lieg.

Gert ·

25 jaar terug kry ANC n maatskappy wat winsgewende en gesonde firma , nou vandag kan die hele kragnetwerk in duie stort , Eskom is bankrot , wanbestuur ens ens ens maar alles is reg in die nuwe SA is net apartheid se skuld niks anders , ons almal het gal gebraak oor die Guptas maar soos dit nou lyk is dit hulle wat nog Suid Afrika aan die gang gehou het sou nooit toelaat laat SA sonder krag sou gaan staan het ander sou hulle ook verloor het laat jou dink ne .

Gert van Wierdapark ·

Die a en see kan nie oop kaarte speel nie aangesien daar nog net “Jokers” in sy hand oor is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.