Speelgoedgeweer? Nee wat, sê kenner

Die EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF)

Daar word steeds kopgekrap oor watse voorwerp Julius Malema, leier van die EFF, in 2018 by die EFF se vyfjaarfeesviering in Mdatsane in die Oos-Kaap vasgehou en na bewering afgevuur het. ʼn Video van die voorval is destyds wyd op sosiale media gedeel.

Sedertdien het Malema self by verskeie geleenthede sy weergawe van gebeure verander en selfs op ʼn keer beweer dat die wapen ʼn speelgoedgeweer was.

Ian Cameron, ʼn onafhanklike kenner van gemeenskapsveiligheid en geweldsmisdaad in Suid-Afrika, het aan Maroela Media gesê hy is oortuig dat die betrokke voorwerp wel ʼn egte vuurwapen met regte ammunisie was.

Volgens Cameron is ʼn mondingsflits duidelik sigbaar op die video van Malema wat glo die vuurwapen afvuur.

“ʼn Mondingsflits kan slegs plaasvind wanneer ʼn ontsteker buskruit in die patroon aansteek om die projektiel met hoë druk te ontlaai.”

Die video wys ook dat die vuurwapen terugslag veroorsaak het met elke skoot wat afgevuur is.

“Dit is duidelik dat Malema met albei hande moet vashou om vir terugslag te vergoed,” sê Cameron.

“As dit ʼn speelgoedgeweer of ʼn ander voorwerp was wat nie regte ammunisie afgevuur het nie, sou dit nie terugslag veroorsaak het nie.”

Malema het vroeër vandeesweek onskuldig gepleit op die vuurwapenverwante aanklagte waarop hy teregstaan. Dít nadat die saak teen hom en sy medebeskuldigde, Adriaan Snyman, al jare lank sloer. Snyman het glo destyds die wapen aan Malema oorhandig waarmee verskeie skote afgevuur is.

Verdoemende getuienis is Donderdag in die Oos-Londense streekhof teen die twee gemaak.

ʼn Ballistiese deskundige het aangevoer dat hy die patroondoppie wat op die toneel gevind is met die geweer wat deur Snyman vir ballistiese toetse ingegee is, kan verbind.

Cameron sê dít is net nog ʼn bewys dat die vuurwapen en die skote wat afgevuur is, wel eg is.

Boonop bewys die klanke in die videogreep Malema se verskonings dat die wapen en die ammunisie nie eg is nie as verkeerd.

Daar is vroeër ook beweer dat die vuurwapen loskruitpatrone (blanks) afgevuur het, maar deskundiges wat deur Cameron geraadpleeg is, het dit as onwaarskynlik afgemaak.

“Die nodige bykomstighede om die vuurwapen op hierdie wyse af te vuur ontbreek en die vuurwapen het beslis nie gereageer soos dit sou as dit hierdie loskruitpatrone afgevuur het nie,” sê hy.

Later is daar aangevoer dat ʼn speelgoedgeweer gebruik is en dat vuurwerk hiertydens afgevuur is om ʼn realistiese effek te skep. Kenners verwerp egter ook hierdie verduideliking, juis weens die bewyse in die video wat die teendeel bewys.

“Die vuurwapen wat Malema gebruik het om die skote af te vuur, is gedurende die oorhandiging en ontvangs daarvan uiters versigtig deur Snyman hanteer. Hy sou nie ʼn speelgoedgeweer op hierdie manier hanteer het nie.”

Volgens Cameron het Snyman hom vantevore al daaraan skuldig gemaak om wapens, soos die een wat Malema glo afgevuur het, in die openbaar gedurende een van Malema se hofverskynings te dra.

“Hierdie voorval het destyds ʼn groot herrie ontketen en dit wys op Snyman se oënskynlik onverskillige houding wat hierdie wapens betref.”

Die hofverrigtinge word Vrydag weer in Oos-Londen voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Philip ·

Zumer het darem in alle regverdigheid net gesing van sy geweer wat hulle moet bring terwyl ou tuinkabouter die daad by die woord gevoeg het. Malemmer manne met harde baarde weet of dit n werklike wapen is hulle het werklike oorloe daarmee geveg.

Heinrich ·

‘n Politieke party se leier lieg oor so iets; nooit! O wag…

Misky ·

Slim vang toe sy baas….. Ek hoop werklik iets sal uit die saak kom en die mannetjie terugkom aarde toe met ‘n harde slag!!! Ek hoop en bid.

Jannie van Niekerk ·

Sal nie gebeur nie. Sy huisvriende, Andre Gaum en Chris Nissen sal voorkom dat hy tronk toe gaan. Hulle sal eerder die klaers in die saak aankal van haatspraak teen Malema.

Marius ·

Dit was ‘n vol automatiese geweer gewees en sover my kennis strek is dit net die weermag en ander kriminele wat vol automatiese gewere besit….

Bertie ·

Geen skaamte. Lieg soos ‘n tandetrekker om sy bas te red. En as hy skuldig bevind word, sal dit weer ‘n rassistiese regbank wees wat teen hom diskrimineer.

Papsak ·

Sluit hom toe hy lieg want hy wil maak wat hy wil want hy kom weg met dit

Stoffeltjie ·

Is daar al beslag op sy vuurwapens geneem? Nee! Dit was veronderstel om onmiddelik te gebeur. Maar ja, dan vergeet ons – die wapen is nie wettig nie.

Di ·

Waar is bravade nou?????????????? Sy mond is altyd so groot, nou is hy te lamsakkig om die waarheid te praat en die gevolge dra. SHAME ON YOU PATEET

Nette ·

Niks sal enige iemand meer gelukkig maak as hy sy oranje pakkie wat gesponser word deur ons die belasting betaler aantrek nie, maar het julle al ooit gedink in waste chaos die land gaan wees as die seldeure die dag agter hom toeslaan. Die Julie onluste sal soos ‘n kinderkransdans lyk invergelyking wat daardie dag gaan gebeur….

JohanR ·

Wonder of Malema weet van forensiese ondersoeke? Dink seker is die naam van ‘n boom, en hy bly ver weg van hout af want hy het nie ‘n clue wat om met dit te doen nie!

JohanR ·

Deny deny deny, delay delay delay en dan lieg lieg en lieg nog meer! Kan die ou nie in ‘n sel opgeindig saam met ‘n paar 26’s, 27’s en 28’s daar in Pollsmoor? As hy daar uitkom sal hy soe mak soos ‘n lammetjie wees…..ja baas, ja baas ja baas!

Hannes ·

Malema en Strydom is die vuil skuim van die aarde. Iewers gaan iemand hulle uithaal. Dit sal ‘n heuglike dag wees.

Truthful ·

The truth nothing but the truth….en so lieg hy deur sy tande in die hof….

Erika ·

Always Denial Playing Victim & LIES -No accountable behavior Such will never Grow to become better people

JM ·

Hoop dat Malemma se turf hierdie keer gaan sit. Hy dink mos dat hy met moord kan wegkom.

MakersMark ·

Gee hom ‘n houtgeweer. Hy sal dit nie kan breek nie.

Johan ·

As hy presedent wil word moet hy seker OOK eers n draai in die tronk maak soos hul ander helde, hier kom sy kans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.