Spelers buig die knie op SuperSportpark

(Foto: @OfficialCSA/Twitter)

Die eerste tikkie Suid-Afrikaanse krieketaksie sedert die Proteas se toer na Indië in Maart – wat deur die wêreldwye Covid-19-pandemie kortgeknip is – is besig om onder meer ’n vertoonvenster vir die Black Lives Matter-beweging te word.

Met BLM-armbande om hul linkerarms het die spelers en beamptes voor die eerste aflewering van die opwindende 3TeamCricket-insiatief die knie gebuig om hul ondersteuning vir die beweging te wys.

Drie spanne – die Kingfishers, Kites en Eagles – is deel van hierdie opwindende konsep.  Die spanne, wat uit agt spelers bestaan, speel gelyktydig in een wedstryd en kolf elk vir 12 boulbeurte.

Op die vooraand van die toernooi is Heinrich Klaasen egter deur Reeza Hendricks as die kaptein van die Kingfishers vervang. Kagiso Rabada sou aanvanklik die span aangevoer het, maar weens die dood van ’n familielid is hy nie vir die wedstryd beskikbaar nie.

(Foto: @OfficialCSA/Twitter)

Dan het Quinton de Kock weens “onvoorsiene persoonlike redes” onttrek. Hy is deur Ryan Rickelton in die span vervang, terwyl Temba Bavuma die nuwe kaptein van die Kites is.

“Die besluit [om Klaasen met Hendricks te vervang] het gekom nadat die organiseerders die belangrikheid besef het om daad by die woord rakende transformasie te voeg. Terselfdertyd is KSA se beleid en ondersteuning van die BLM-beweging in ag geneem,” het Krieket Suid-Afrika in ’n verklaring gesê.

Vroeër het spelers soos Rassie van der Dussen, Faf du Plessis, Dwaine Pretorius en Anrich Nortjé ook aangedui dat hulle BLM ondersteun.

(Foto: @OfficialCSA/Twitter)

“Ek erken dat Suid-Afrika steeds deur rassisme verdeeld is. Dit is my verantwoordelikheid om na die stories te luister, te leer en dan deel te word van die oplossing,” het Du Plessis gesê.

Op sy beurt het Pretorius gesê dat hy definitief die knie sal buig.

“Ek glo dit is die regte ding om die doen. Ek glo dat om die knie te buig net die begin is,” het hy op Facebook geskryf.

“Vir my verteenwoordig die BLM-beweging die mees fundamentele reg wat almal reg oor die wêreld verdien: Om nie op grond van sy of haar velkleur veroordeel te word nie.”

Suid-Afrika se eerste direkteur van krieket, Graeme Smith, het ook vooraf aangedui dat hy die knie sal buig.

“Daar is nie plek om neutraal oor die onderwerp te wees nie. Ek staan saam met Lungi Ngidi en ons broers en susters reg oor die wêreld,” het Smith op sy Twitter-rekening geskryf.

Maar vanuit ’n suiwer krieketperspektief is die 3TeamCricket-skouspel die eerste regstreekse Suid-Afrikaanse sportaksie sedert die begin van die afsonderingstydperk op 26 Maart.

Ten tye van publikasie het die Kingfishers 42/0 na vier boulbeurte op die telbord gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

106 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eben

Opvallend is dat die WIT gat kruip spelers wat die kamstige blm ondersteun Meer opvallend dat nie een swart speler sy bekommernis uitgespreek het oor plaas moorde nog minder dit wit spelers

Roggeveld

Rassie – waar is jou White Lives Matter plakkaat? Of voel jy nes Faf vere vir wit lewens? Ek het so pas my respek verloor vir hierdie klomp ruggraatlose kruipende polities-korrekte krieketspelers. Watter voorbeeld stel hulle aan die wit jeug? Dat wit lewens niks werd is nie? Ek skaam my vir hierdie wiites. Dan praat ek nie eens van KSA se rassistiese kwotastelsel nie. Dit stink!

Kokkie

So buig die spelers en beamptes toe almal voor die geldgod. Dis blatante afpersing. As ‘n speler uit oortuiging nie politiek by sy sport wil insleep, is sy loopbaan verby. En die belaglikste is nou al die hartseerverhale uit die monde van die ‘ bedruktes en verdruktes’ . Selfs ou Ntini moes na die speel-en oefenvelde draf.

Pieter Rubeus

Ja BLM is die grootste klug wêreldwyd. Die feit is dat op die oomblik wêreldwyd net die teenoorgestelde rassisme plaasvind en dit net die mense is wat geweld, moordenaars en skurke bevoordeel word en dis niks anders as ‘n rookskerm om die blikslaers se werklike motiewe weg te steek nie. Krieket SA jul kan ook in jul eie kots verstik. Julle be-indruk niemand nie. Nie eers die swartes nie.

Jacobus

Daar ís ‘n wesenlikke probleem. As jy vooroor buk om skoene te lek, choke jy soveel makliker. Cheers krieket ????.