Sperdatum oor puttoilette by skole

Angie Motshekga. Foto: GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, ʼn maand gegee om ʼn oudit te doen oor alle gevaarlike skoolstrukture en om ʼn plan te beraam om dit te herstel, het die presidensie Vrydag gesê.

“Pres. Ramaphosa het minister Motshekga opdrag gegee om binne ʼn maand ʼn oudit te doen oor alle opleidingsfasiliteite met onveilige strukture, veral onveilige ablusiefasiliteite en om ʼn plan aan hom voor te lê om dié uitdagings binne drie maande aan te spreek,” het sy kantoor in ʼn verklaring gesê ná die afsterwe van die vyfjarige Viwe Jali wat in ʼn puttoilet by ʼn skool in die Oos-Kaap geval het.

“Pres. Ramaphosa het, namens die regering en die mense van Suid-Afrika, sy medelye betoon aan Viwe se familie en naasbestaandes.”

Die burgerlike samelewing sal ook gekonsulteer word oor die verwydering van onveilige infrastruktuur by die land se skole.

“Viwe se afsterwe is ʼn groot terugslag vir haar gemeenskap en die land. Die land treur steeds oor Michael Komape, wat in 2014 onder soortgelyke omstandighede gesterf het. Ter nagedagtenis aan dié jong lewens, het pres. Ramaphosa sy regering verbind om alles in sy vermoë te doen om seker te maak dat ons kinders in veilige fasiliteite kan leer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Peet Schabort

Ek waag om te sê dat skuifhekke se swak installering by skole (kleuter-en laerskole) meer slagoffers tot gevolg gehad het. Skynbaar is hier ook geen riglyne en kan enigeen voortploeter daarmee.

Jef

Geld en grond is mos belangriker vir hulle as veiligheid op skole vir kinders.
Gevaarlike skoolstrukture mag nooit voorgekom het nie as die regering hul werk waarvoor hulle aangestel is goed sou doen.
As hulle hul maatreels met reelmaat sou toepas dan het hulle nie soveel maatreels nodig nie.

Alida

Dis reg CR trap hulle vas. Wat het van die geld geword. Ek sien GROOT huis skoonmaak kom in alle departemente.

jd

min. se eerder vir ons hoeveel R,s are in Reading,writing and arithmetic,jy onthou mos remember the 3R,s .

Oom Kalahari

@jd …. jy het my nou lekker laat lag. Daai 3Rs gaan nog lank staande bly. Waarom was ‘n 5 jarige kind alleen gelaat sonder toesig om ‘n put toilet te gebruik. Min was die toesig voldoende by die skool. Die skooltjie moes al lankal van ordentlike en veilige spoel toilette voorsien gewees het. Daar sou darem paar Rand beskikbaar gewees het indien skoolgelde betaal word, maar EFF het gese Everything is for free. Deur selfsugtige optredes is ‘n kind se lewe geneem wat so onnodig was indien alle veiligheids aspekte in plek was. Skole Inspekteure moet elke 3 maande… Lees meer »