Sperdatum oor puttoilette by skole

Angie Motshekga. Foto: GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, ʼn maand gegee om ʼn oudit te doen oor alle gevaarlike skoolstrukture en om ʼn plan te beraam om dit te herstel, het die presidensie Vrydag gesê.

“Pres. Ramaphosa het minister Motshekga opdrag gegee om binne ʼn maand ʼn oudit te doen oor alle opleidingsfasiliteite met onveilige strukture, veral onveilige ablusiefasiliteite en om ʼn plan aan hom voor te lê om dié uitdagings binne drie maande aan te spreek,” het sy kantoor in ʼn verklaring gesê ná die afsterwe van die vyfjarige Viwe Jali wat in ʼn puttoilet by ʼn skool in die Oos-Kaap geval het.

“Pres. Ramaphosa het, namens die regering en die mense van Suid-Afrika, sy medelye betoon aan Viwe se familie en naasbestaandes.”

Die burgerlike samelewing sal ook gekonsulteer word oor die verwydering van onveilige infrastruktuur by die land se skole.

“Viwe se afsterwe is ʼn groot terugslag vir haar gemeenskap en die land. Die land treur steeds oor Michael Komape, wat in 2014 onder soortgelyke omstandighede gesterf het. Ter nagedagtenis aan dié jong lewens, het pres. Ramaphosa sy regering verbind om alles in sy vermoë te doen om seker te maak dat ons kinders in veilige fasiliteite kan leer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek waag om te sê dat skuifhekke se swak installering by skole (kleuter-en laerskole) meer slagoffers tot gevolg gehad het. Skynbaar is hier ook geen riglyne en kan enigeen voortploeter daarmee.

Jef ·

Geld en grond is mos belangriker vir hulle as veiligheid op skole vir kinders.
Gevaarlike skoolstrukture mag nooit voorgekom het nie as die regering hul werk waarvoor hulle aangestel is goed sou doen.
As hulle hul maatreels met reelmaat sou toepas dan het hulle nie soveel maatreels nodig nie.

Alida ·

Dis reg CR trap hulle vas. Wat het van die geld geword. Ek sien GROOT huis skoonmaak kom in alle departemente.

jd ·

min. se eerder vir ons hoeveel R,s are in Reading,writing and arithmetic,jy onthou mos remember the 3R,s .

Oom Kalahari ·

@jd …. jy het my nou lekker laat lag. Daai 3Rs gaan nog lank staande bly. Waarom was ‘n 5 jarige kind alleen gelaat sonder toesig om ‘n put toilet te gebruik. Min was die toesig voldoende by die skool. Die skooltjie moes al lankal van ordentlike en veilige spoel toilette voorsien gewees het. Daar sou darem paar Rand beskikbaar gewees het indien skoolgelde betaal word, maar EFF het gese Everything is for free. Deur selfsugtige optredes is ‘n kind se lewe geneem wat so onnodig was indien alle veiligheids aspekte in plek was. Skole Inspekteure moet elke 3 maande Skole besoek en alle veilige aspekte nagaan en rapporteur aan Dept van Onderwys.

CHRISTA ·

Ek kan nie verstaan hoe HULLE puttoilette lyk nie! Op my oupa se plaas het ons ‘n puttoilet gebruik tot in die vroeë ’70’s!!! Daardie gat in die houtsitpplek was nie eers so groot dat ons as kinders van 3 of 4 jaar daardeur kon val nie!! HOE HET HULLE HIERDIE BY DIE SKOLE GEMAAK?!!

Casper Labuschagne ·

Agter die opskrifte van “gevaarlike skoolstrukture” lê nog ‘n aansienlike groter probleem – ‘n gemeenskap wat nie in staat is om boomlote, planke, sinkplaat of wat ook al in die hande te kry om self reparasies te doen wat sal verhoed dat hul eie kinders in rioolputte inval en verdrink nie. Daarby lees ek elders dat daar 61 skole in die Oos Kaap is met geen sanitasiegeriewe nie. Sekerlik bedien 61 skole gemeenskappe met duisende mense, kon niemand ooit ‘n pik en graaf vat en ‘n rioolput grawe nie?

Is dit werklikwaar die staat se plig om te sorg dat kinders nie in rioolputte inval nie, of is dit nie dalk eerstens die gemeenskap se plig om self hul moue op te rol om hulself te help nie? Maar nee, daar sal bakhand gestaan word want Pretoria sal voorsien, andersins sal eerder betoog word.

Miskien is dit juis hoekom ons gemeenskap soveel kritiek en haat moet verduur – juis omdat ons inspring en vir onsself help.

CHRISTA ·

Casper, my ander vraag is: Die Ciskei en Transkei was vir DEKADES onafhanklike lande gewees!! Waarom het HULLE terwyl hulle AAN BEWIND was NIE hierdie skole van sanitasiegeriewe voorsien nie? WAT het hulle met JARRE se belastinggeld gemaak -dieselfde as Mugabe en Zuma (net hulself verryk?

Juffrou ·

Ja, tannie Angie, ek huil saam. En ek is kwaad. Die hemel alleen weet wat die ouers en grootouers van hierdie kindjie nou moet beleef. GEEN korrupsie en REUSE liefde vir kleingoed is lewensnoodsaaklik! Minder LUUKSE BEDERF vir hooggeplaastes en GENOEG finansies vir die kleintjies se lewensnoodsaaklike behoeftes is onmiddellik beskikbaar! Laat elkeen nou maar die hand in eie boesem steek. WAAROM moet ‘n weerlose kleinding ‘n gruwelike dood in ‘n skool se toilet sterf?! ‘n Skool en enige toilet op die terrein moet 100% veilig wees vir alle kinders, verál vir kleintjies! Geagte skoolhoof en SGB, het u dan nooit die toilet inspekteer en die gevaar besef nie…? En liewe juffrou van Viwe, waarmee was u dan so bitterlik besig dat dit u ontgaan het dat een van u skapies nie terugkeer nie…? As u baie skapies het, moet u hulle baie gereeld tel… WAAROM moet ‘n weerlose kindjie dan so aaklig sterf omdat meer as een volwassene hulle Godgegewe verantwoordelikhede nie nakom nie? Dit terwyl ouers die Departement van Onderwys met die LEWE van hulle eie kosbare dogtertjie vertrou het? Ja, die woorde is hard vandag, want dié ding gebeur weer en weer. Néé, grootmense, nee nee nee!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.