Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Maandagmiddag ʼn “48 uur-kennisgewing” aan alle Suid-Afrikaanse belastingbetalers uitgestuur om hul belastingopgawes in te dien.
“Individuele belastingbetalers het 48 uur oor om hul persoonlike belastingopgawes in te dien voor die belastingseisoen op 31 Oktober tot ʼn einde kom,” het die SAID in ʼn verklaring gesê.
Die sperdatum geld vir nie-voorlopige belastingbetalers en voorlopige belastingbetalers wat kies om hul opgawes by ʼn SAID-tak in te dien. Voorlopige belastingbetalers wat van eFiling gebruik maak, het tot 31 Januarie om hul opgawes in te dien.
Die SAID het gesê sy kontaksentrum is daagliks tussen 08:00 en 18:00 oop vir diegene wat hulp benodig met eFiling. Belastingagente is ook tydens dié tye beskikbaar via die elektroniese kanaal.
Persone wat die sperdatum misloop, kan met tussen R250 en R15 000 beboet word, het die SAID gewaarsku.
Ek gaan dit nie kan maak nie…
ek het nie so kennisgewing gekry nie…
“Please protect me from yourselfs”
Sal dit ook nie maak nie. Gaan ‘n Drakensbergse Seunskoor optrede bywoon.
Waar is dienssentrums vir SARS? Sukkel met efling inbelsentrum!
Hulle moet maar wag vir myne………
Is JZ se belasting op datum? Wonder maar net…
Ek gaan dit nir maak nie want ek gaan nie my belasting indien nie. Dit word net gemors op staatsinstellings wat nie behoorlik bestuur word nie en om die on die parlememt te voorsien van helse huise met wagte en dan ook nog vet tjeks elke maand met gratis vliegkaartjies en voertuig brandstof. Die CR voel ‘n vy vir almal want hy het genoeg verniet gekry.
Nou ken hulle ons eweskielik