Sperdatum vir belastingopgawes dié week

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Maandagmiddag ʼn “48 uur-kennisgewing” aan alle Suid-Afrikaanse belastingbetalers uitgestuur om hul belastingopgawes in te dien.

“Individuele belastingbetalers het 48 uur oor om hul persoonlike belastingopgawes in te dien voor die belastingseisoen op 31 Oktober tot ʼn einde kom,” het die SAID in ʼn verklaring gesê.

Die sperdatum geld vir nie-voorlopige belastingbetalers en voorlopige belastingbetalers wat kies om hul opgawes by ʼn SAID-tak in te dien. Voorlopige belastingbetalers wat van eFiling gebruik maak, het tot 31 Januarie om hul opgawes in te dien.

Die SAID het gesê sy kontaksentrum is daagliks tussen 08:00 en 18:00 oop vir diegene wat hulp benodig met eFiling. Belastingagente is ook tydens dié tye beskikbaar via die elektroniese kanaal.

Persone wat die sperdatum misloop, kan met tussen R250 en R15 000 beboet word, het die SAID gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sorry neh ·

Sal dit ook nie maak nie. Gaan ‘n Drakensbergse Seunskoor optrede bywoon.

Maggie Joubert ·

Waar is dienssentrums vir SARS? Sukkel met efling inbelsentrum!

zoom zoom ·

Ek gaan dit nir maak nie want ek gaan nie my belasting indien nie. Dit word net gemors op staatsinstellings wat nie behoorlik bestuur word nie en om die on die parlememt te voorsien van helse huise met wagte en dan ook nog vet tjeks elke maand met gratis vliegkaartjies en voertuig brandstof. Die CR voel ‘n vy vir almal want hy het genoeg verniet gekry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.