Sperdatum vir belastingopgawes om die draai

Argieffoto

Argieffoto

Hierdie Saterdag is die laaste Saterdag wat belastingbetalers hul opgawes by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) kan indien.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê 25 takke van die SAID sal op 21 November landswyd langer oop wees, “in afwagting van ʼn toenemende aantal belastingbetalers wat bystand benodig om hul opgawes in te dien”.

Die kantore sal van 08:00 tot 13:00 oop wees by die betrokke 25 takke in verskillende provinsies.

Memela het gesê duisende belastingbetalers het verlede week na SAID-kantore gestroom om ter elfder ure hulle belasting in te dien.

Meer as 3.7 miljoen belastingbetalers het reeds hul opgawes ingedien, dit is ʼn geringe toename van data in 2014. Na raming dien ongeveer 24 000 belastingbetalers daagliks hul opgawes in en na verwagting sal dié getal ook toeneem in oploop tot die finale sperdatum op 27 November.

Memela het gesê “slegs kwessies wat met die indien van opgawes verband hou”, sal hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JoerV ·

Hoeveel is die 3.7 miljoen meer as van sê 1994 af? sal aandui hoeveel die ekonomie gegroei het oor die tyd in vergelyking met die bevolking.

Lulu ·

Hi julle,

Askuus maar ek stem nie met julle saam nie. Van al die “govenerment organisasies”is SARS die enigste een wat optimal funksioneer. Ek dink regtig die minste wat ons kan doen is om ons opgawes in te dien en eerlik te wees. Bygese, ek het ook nog nie myne gedoen nie! Sal moet spring! Haha :)

amelia ·

Die probleem is net (soos alle staatsdepartemente) soos heeldag daar Dis hoekom mense tot op laaste wag hoop dan is daar minder mense en gaan dit vinniger

Knersus D ·

Sperdatum vir e-Filing is 27 November 2015. Dit impliseer ook dat SAID takke sulke indiendings elektronies mee sal bystaan tot en met 27 November.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.