Sperdatum vir kommentaar oor NGV verleng

(Foto: pixabay)

Die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid sê hy het die afgelope ruk heelwat versoeke ontvang om die sperdatum vir geskrewe kommentaar op die omstrede voorgestelde nasionale gesondheidsversekering (NGV) te verleng.

Hy het dus besluit om die spertyd van 11 Oktober na 29 November te verleng, het dr. Sibongiseni Dhlomo, voorsitter van die komitee, gesê.

Die komitee het gesê geen verdere uitstel gaan aan geskrewe voorleggings gegee word nie. Openbare sittings begin steeds op 25 Oktober in Mpumalanga.

Die burgerregtegroep AfriForum het gesê die uitstel is net nog ʼn waarskuwing dat die NGV uit die staanspoor in die moeilikheid is.

“Die feit dat die sluitingsdatum vir die lewering van kommentaar op die NGV weer eens uitgestel is, is tekenend daarvan dat die departement van gesondheid nie gereed is om ’n projek van hierdie omvang van stapel te stuur nie en dat dit gedoem is om te misluk,” het Natasha Venter, AfriForum se woordvoerder oor die NGV, gesê.

“Die implementering hiervan kan die totale ineenstorting van Suid-Afrika se gesondheidstelsel tot gevolg hê, veral gegewe die swak uitslag van die NGV se loodsprojekte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
AB

Die regering weet baie goed die NVG gaan nooit werk nie, daarom sal hulle dit implementeer!

Eddie

Wys my ‘n regerings projek wat suksesvol geloots is en suksesvol bedryf word !

wraggies

Pleks dat hulle werk daarvan maak om staatshospitale op dreef te kry.

marous

Verplig alle staatsamptenare insluitend die parlemenstlede en hul families om staatshospitale te gebruik , sonder medies . As dit vir ‘n jaar sonder klagtes werk , sal almal gewillig wees om ook in die ry te staan en duisende rand per maand te spaar .

Judge Dredd

….maak nie saak – ANC sal doen wat hy klaar besluit het om te doen…..
In pleks van dit probeer stuit – moet ons dalk help dat die sisteem vinniger ineenstort – miskien dan sal sekere mense begin kop kry.