Sperdatum vir skoolaansoeke kruip nader

(Argieffoto)

Die Gautengse onderwysdepartement het Donderdag bevestig dat hy reeds duisende aanlyn skoolaansoeke vir leerders wat volgende jaar hoërskool toe gaan, ontvang het. Die aanlyn registrasieproses vir alle gr. 1- sowel as gr. 8-leerders wat nié tans in ʼn openbare skool in die provinsie is nie, sal ook binnekort van stapel gestuur word.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het onlangs gesê dat die aanlyn registrasieproses vanjaar in twee fases sal geskied, nadat die “ou manier van doen” verskeie probleme veroorsaak het.

Die verandering sal die proses glo makliker en meer hanteerbaar vir ouers, voogde en openbare skole in Gauteng maak.

Volgens Lesufi is altesaam 241 066 aansoeke van gr. 7-leerders wat tans in ʼn openbare skool in Gauteng is en volgende jaar gr. 8 toe gaan, reeds ingedien.

“Ons is dankbaar vir die ouers en voogde wat daarin geslaag het om suksesvol aansoek te doen. Diegene wat nog nie aansoek gedoen het nie, word gemaan om dit voor die sluitingsdatum van 3 September te doen.” Aansoeke word nog tot middernag op dié dag aanvaar.

Aansoeke vir alle gr. 1- sowel as gr. 8-leerders wat nie tans in ʼn openbare Gautengse skool is nie, sal op 13 September om 08:00 open en op 8 Oktober om middernag sluit.

Die plasing van fase 1-leerders sal tussen 15 Oktober en 30 November geskied, terwyl die res van leerders tussen 15 November en 30 November in skole geplaas sal word.

  • Ouers of voogde wat hulp benodig met die aansoekproses kan die departement se distrikskantore of instapsentrum besoek, of hulle by 0800 000 789 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Harley Davidson ·

En wat gebeur as jy nie die sperdatum haal nie ,mag jy dan nie meer skoolgaan nie? Dit het tyd geword om hierdie ondeurdagte reels gebaseer op lezufi se agenda te boikot en jou kind na die skool te vat in jou area.Die taxis wat betaal word om kinders aan te ry is nie vir huidige benaadeeldes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.