Sperdatum vir Zim-permitaansoeke uitgestel

Mkuseli Apleni (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Die sluitingsdatum vir nagenoeg 200 000 Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woon en werk en aansoek moet doen vir hul Zimbabwiese vrystellingspermitte (ZEP) is uitgestel tot 31 Januarie volgende jaar.

Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van die departement van binnelandse sake, het Vrydag tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê weens die groot getal ZSP (Zimbabwiese spesiale permitte)-houers wat hul aanlyn aansoeke tot dusver voltooi het, het die departement besluit om die sluitingsdatum vir die indien van stawende dokumente uit te stel tot 31 Januarie 2018. “Persone moet dus voor 31 Januarie 2018 by die visum-kantore aanmeld.”

Hy het gesê die departement sal na verwagting die ZEP-projek teen die einde van September 2018 afhandel.

“Ons wil dit benadruk dat die sperdatum van 30 November slegs geld vir die indien van aanlyn aansoeke. Die uitstel tot 31 Januarie 2018 is om afsprake te skeduleer om vingerafdrukke en stawende dokumente by VFS-kantore in te dien.”

ZEP-permitte sal vir ʼn maksimum periode van vier jaar uitgereik word, effektief vanaf Januarie 2018 en verstryk op 31 Desember 2021.

Apleni het Zimbabwiërs in Suid-Afrika bedank dat hulle van die spesiale permitte oorskuif na die permitte wat onder Suid-Afrika se immigrasie-wetgewing uitgereik word. “Daar is nie ʼn vereiste vir ZSP-houers om aansoek te doen vir [ander] permitte buite Suid-Afrika nie. Hulle kan aansoek doen vir die hoofstroom permitte in die land. ZSP-houers wat buite Suid-Afrika se grense gaan reis oor die feesgety, sal dit kan doen. Hulle sal slegs hul paspoorte met die ZSP-plakkers en hul ZEP-aansoekplakkers moet wys,” het Apleni bygevoeg.

Onder die spesiale dispensasie wat in 2014 in Pretoria toegestaan is, kon Zimbabwiërs herregistreer vir die drie-jaar-ZSP. Die ZSP word nou vervang met die ZEP.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johannes van Staden ·

Het self iemand probeer help …die website werk nie reg nie. Het 3 dae gesukkel oor en oor probeer en toe uiteindelik laat hy die inligting toe

jaco ·

200 000 wettig hier ja, maar 5 miljoen onwettig.stap net eenvoudig oor die grense.
dan ook, 200 000 van Zimbabwe het werkspermitte, maar ‘n paar miljoen swart suid-afrikaners is werkloos. iets maak nie sin nie

Johannes van Staden ·

En zo stap honderde mense oor die grens. Waar daar drade was is daar nou al paaitjies uitgeloop. Wat van hulle permitte ? Dis eintlik n grap anc n GROOT grap

Gys ·

En ons eie mense sit sonder werk en behuising. Nou moet ons na 200000 ander land se mense kyk vir medies , werk en behuising. Hulle het gestem om hulle eie land te verwoes nou kom hulle ons mense dieselfde leer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.