Spertyd nader vir registrasie by Gauteng-skole; dié skole dalk te vol

skool-skoene

Foto: Pinterest.com

Die Gautengse departement van onderwys het Dinsdag gewaarsku dat die sperdatum om leerders vir die 2018-skooljaar te registreer, op hande is.

Die departement het ouers wat nog nie die aanlynaansoekvorm vir hul kinders wat volgende jaar gr. 1 en gr. 8 toe gaan voltooi het nie, herinner om dit voor middernag op 12 Junie te doen.

Tot op hede is 229 828 van die beraamde 350 000 aansoeke verwerk sedert die aanlynregistrasieproses op 2 Mei begin het.

Dié suksesvolle registrasies volg ná 2016 se ineenstorting van die webwerf waarop ouers hul kinders kon registreer.

Die departement het gesê volgens inligting wat tans tot hul beskikking is, is daar 11 skole waar die hoë aanvraag meer is as wat die skole kan hanteer.

In Ekurhuleni is dit Benoni High School, Boksburg High School en Alberton High School.

In Pretoria is dit Pretoria High School for Girls, Laerskool Akasia, Hoërskool Akasia en Hoërskool Gerrit Maritz.

In Johannesburg is dit Mondeor High School, Sir John Adamson High School, Hoërskool President en Northcliff High School.

Die plasing van leerders sal van 24 Julie gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Disselboom ·

Nie noodwendig ‘n Pretoria-kenner nie, maar is interessant dat daar nie oor-aanvraag vir Affies, Waterkloof, Garsfontein en Menlopark is nie. En dan het Centurion oorgenoeg Afrikaanse skoolkapasiteit, en Hennopspark en Wierdapark (hoop die spelling is reg) se laerskole nie oorvol nie? Het die Afrikaanse getalle al so afgeneem dat die “topskole” nie oor-gewild is nie? Of is die departement se stelsel se dataverwerking dalk nog nie sonder foute nie?

Basson ·

Disselboom, ek vermoed dis ook omrede Afr ouers hulle kinders in Engelse skole plaas. Blykbaar moes Pretoria Boys High so rukkie terug Afrikaanse kinders se inname verminder, want 50%+ leerlinge se huistaal is Afrikaans?

Arie ·

Disselboom.
“Great minds think alike” so sê hulle.
Presies dieselfde het my opgeval en jou opmerkings en dit wat ek wou sê kom byna 100% ooreen.
Dalk gaan ons veral word vorentoe.

Linda van Mosselbaai ·

Ek kan nie verstaan dat 1STAATS departement nie met ander STAATS departemente skakel nie

Geboortes moet geregistreer word – so 7 jaar daarna moet die kinders skool toe gaan – wat is so moeilik om die somme te maak.

Sterfgevalle word ook geregistreer asook erens moet daar tog boek gehou word van die mense wat emigreer.

Kkofie ·

Binne die eerste twee weke (dink ek) was daar oor die 600 aansoeke vir Hoerskool Waterkloof.
Die Dept verkies om ander pad te kyk en te maak of daar plek is vir Engelse leerders in Waterkloof sodat hul met busse aangery kan word.
Soek mos die top onderrig. Verniet. En verwag skole moet verengels vir hulle

Bloukoei ·

Die meeste kinders word aangery vanaf Hamanskraal, Soshanguwe, Ga-Rankuwa ens….want die kinders wil nie in hulle eie woongebiede skool gaan nie….. dis hoekom die aanvraag na Akasia & Gerrit Maritz in Pretoria Noord so groot aanvraag het. Akasia is ook 95% engelse onderrig en 5% Afrikaans. Gerrit Marits is omtrent 75% Engels en 25% Afrikaans…..

Disselboom ·

Interessante bewering wat Basson ophaal oor Afrikaanse kinders wat in Engelse skole gesit word? Solidariteit (en SAOU) het verlede jaar Augustus by die Onderwysberaad in Centurion groot lof en kleurryke taal toegeswaai aan die “wêreldklas” Afrikaanse skole en die SAOU/Chris Klopper het statistieke vertoon wat die Afrikaanse skole as die hoogste presteerders aangetoon het. Is dit net ‘n toepassing van taal-persepsie, of het die Afrikaanse skoolwese dalk agtergeraak by Engelse skole innovasie en relevansie dat mense al meer na Engelse staats- en privaatskole neig?

Basson ·

@Disselboom: Nee – dit is alles 100% die waarheid, Afrikaanse skole is absoluut uitnemend en in baie gevalle (ver) voor Engelse skole. (Kom ons gee toe – heel moontlik gelyk aan die ‘groot name’, en voor die res van die Engelse skole. Ek dink AHMP was beste skool in die alg in SA laas jaar?)
In my opinie gaan dit meer oor ‘n sekere Afr groep se (wan)persepsie dat mens moet in Eng skoolgaan, Engels universiteit he, ens ens. (Dis ‘n ander debat, ek noem dit maar net hier vir konteks)

Basson ·

My ‘heel moontlik gelyk’ klink anders as wat ek bedoel, ek meen tussen Affies, PBHS, ens kan mens sekerlik die stelling maak dat die standaard vergelykbaar is, ek gee daarmee erkenning aan goeie Engelse skole. Die top Afrikaanse skole ding op gelyke voet mee met die top Engelse skole, en baie addisionele werk bo en behalwe die voorgeskrewe kurrikulum word gedoen.
Ek salueer elke Afrikaanse leerkrag vir hulle bydrae in hierdeie polities moeilike tye!

Dafer ·

Nou wat, vra ek julle, laat enigeen van julle dink dat die gegewe syfers hoegenaamd betroubaar is?
As die dinge sulke groot probleme is, dink julle iemand is besig om nog skole te beplan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.