Spertyd vir kommentaar op nuwe sportwet verleng

Argieffoto: pixabay.com

Die spertyd vir openbare kommentaar oor die Wysigingswetsontwerp op Sport en Ontspanning is eers aan die einde van Februarie.

Die kantoor van Nathi Mthethwa, die minister van sport, het vandeesweek in ʼn verklaring bevestig dat skriftelike kommentaar rakende die omstrede wysigingswetsontwerp tot 28 Februarie aanvaar sal word.

Groot onduidelikheid het aanvanklik geheers nadat die spertyd eers as 10 Januarie en later as 28 Februarie aangedui is.

Maroela Media het vroeër berig die DA het die minister vir meer duidelikheid gevra oor die spertyd en daarop aangedring dat die spertyd verleng word. Die DA het nou die bevestigde datum verwelkom hoewel die party vir nóg tyd vra.

Veronica van Dyk, die DA se woordvoerder oor sport, kuns en kultuur, het vroeër gesê die DA glo, veral weens die omstrede aard van die Wysigingswetsontwerp, dat genoegsame tyd vir openbare kommentaar gegun word.

Die wetsontwerp is hoogs omstrede en plaas die minister sentraal in enigiets wat met Suid-Afrikaanse sport verband hou.

Van Dyk het verduidelik dat die wetsontwerp alle mag in die minister en sy/haar gemagtigde verteenwoordigers gaan setel – op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak.

“Die rol van erkende sportkonfederasies word in sommige gevalle summier deur net die minister vervang. Voorts gaan sportliggame nie meer internasionale byeenkomste sonder die toestemming van die minister kan organiseer nie. Dispute sal slegs deur die minister, by wyse van ʼn tribunaal, besleg kan word,” het Van Dyk verduidelik.

“Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) word in wese van al sy magte gestroop. Die minister sal besluit oor die aanstelling van buitelandse afrigters. Krieket SA en die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) gaan dus toestemming by die minister moet kry om buitelanders aan te stel. Selfs sportpromotors gaan in die toekoms gereguleer word,” het Van Dyk gesê.

Ingevolge die voorstelle sal die minister die enigste een wees wat Protea-kleure kan toeken en die magte van federasies sal tot blote voorstelle gereduseer word.

Skriftelike kommentaar kan aan adv. Nkosana Mehlomakulu by Legal Services, SRSA, Privaatsak X896, Pretoria, 0001 gerig word of by Regent Place 66 op die hoek van Queen- en Madibastraat in Pretoria ingehandig word.

Skriftelike kommentaar kan ook per e-pos na [email protected] vkoor of op 28 Februarie 2020 gestuur word. Geen kommentaar sal daarna aanvaar word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Humor ·

Die minister het dan ook die beslissende reg om merite te ignore. Die regering is duidelik gedrewe on elke krieseltjie in te span terwille van staatsmag selfverryking en miskien skulddelging.

Mienx ·

En daar gaan SA sport ook in die dryn af. Hulle gaan nie eers die kommentaar lees wat na hulle gestuur word nie. die keuses is klaar gemaak. die is maar net om die publiek en kie happy te hou om te kan se ons het die mense se mening gevra. Wat is volgende wat hulle gaan op toffie?

HC ·

Nathi, jy maak nou lekker selfverryk!!!
En ANC sal nog altyd lekker korrupsie totdat SA sports se deure sal toegemaak word…
Sterkte

jakes ·

Wat n sirkus? As die ANC net een ding in SA reg kon doen dan sou ek na die minister se nuwe wette oor die beheer van sport geluister het. Maar, ongelukkig kon hulle na 25 jaar nog nie een aspek van hul regering suksesvol aanpak nie. SA kan net sowel deur kleuters regeer word want hulle sou n beter job gedoen het.

Anel ·

Hopelik ontrek alle borg van sport. Wat gaan die agbare minister dan doen? Ha,ha, ha! Lagwekkend!!!

Alma ·

Hul wil alles beheer. Net soos die verandering vd skolewet wat hulle saggies wou voorle in Desember toe almal op vakansie was. Dis scary!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.