Spertyd vir onteieningsverslag bekend

Die gebou van die Nasionale Vergadering op die perseel van die parlement in Kaapstad. Foto: www.parliament.gov.za

Volgende Donderdag is die dag waarop die parlement se grondwetlike hersieningskomitee sy aanbevelings oor die onteiening van grond sonder vergoeding sal finaliseer.

Politieke partye het tot Maandag 16:00 om hul insette oor die komitee se verslag te lewer, waarna besprekings volgende Dinsdag, Woensdag en Donderdag sal volg.

Teen volgende Donderdag sal die komitee sy verslag finaliseer sodat dit in die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies gedebatteer kan word voordat die parlement op 27 November verdaag.

Vanoggend se vergadering het ʼn ernstige politieke skeidingslyn getrek oor of die Grondwet verander moet word om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik.

Dit is duidelik dat die ANC, EFF en UDM so spoedig moontlik die proses wil afhandel en die Grondwet dienooreenkomstig wysig. Die IVP sit op die draad terwyl die DA, VF Plus, ACDP en Cope teen die wysiging van die Grondwet gekant is.

Vanoggend se vergadering is gekenmerk deur haastigheid en meningsverskille oor die presiese proses wat gevolg is, gevolg word en gevolg gaan word.

Dit het die hek wyd oopgemaak vir regsaksie om die huidige parlementêre proses se geldigheid in die hof uit te daag.

Die ANC-LP Vincent Smith het dit erken, en gesê die proses gaan in elk geval uitgedaag word; mense moet dit dus maar ten beste hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Ons kan seker wees, dit gaan nie ‘n rustige ses maande wees wat voorle nie. Selfs die klimaat gaan sy bydrae maak en by skole gaan die vonke spat. Dan volg die verkiesing wat sekerlik groot baklei gaan bring met al die spoke wat gaan opdaag. Vergeet nie van stakings en afdankings en die petrolprys, waterprobleme, brande, Eskom, VSB, Eskom en Sasol en Sassa die SAUK en SAL en antie De L se hoofpyn en… en… nie, en dan die groot nagmerrie… grondonteiening en die wet wat roekeloos deurgedruk wil word. Ons hoop die regters het ‘n rustige Kerksvakansie want ongure sake wag…

daniel ·

niemand kan my antwoord nie, maar ek het my vrae al aan eiendomsagente, eiendomsprokureurs en politieke partye gevra. Dalk weet iemand wat hier lees:
ek besit 2 huise. 1 word verhuur.

1. Gaan ek albei huise weens onteiening sonder vergoeding verloor, of net die 1, met as argument “jy het mos klaar 1, so dis onregverdig dat jy 2 het”

2. Moet ek nou maar die 1 huis verkoop, “while the coast is still clear”?

3. En dan net ter interessantheid: wat maak banke tans met wit mense wat aansoek doen vir huislenings? Word dit nog toegestaan, of summier afgekeur omdat die banke bang is dat daardie huise later sonder vergoeding sal onteien word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.