Spesiale begrafnis vir Amampondo se koninginmoeder

Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag ʼn spesiale provinsiale amptelike begrafnis aangekondig vir die koninginmoeder van Amampondo aseNyandeni.

Koningin Fikelephi “Bongolethu” Ndamase is verlede week Donderdag oorlede en die presidensie het gesê Ramaphosa het sy innige medelye betoon met die koninklike gesin.

“Die spesiale provinsiale amptelike begrafnis word gereserveer vir persone soos bepaal word deur die president van die Republiek, ná ʼn versoek van die oorspronklike provinsie oorweeg is,” het die presidensie verduidelik.

Die president het ook bepaal dat die nasionale vlag Saterdag, die dag van die begrafnis, by elke vlagstasie in die Oos-Kaap halfstok moet hang.

Verdere besonderhede van die begrafnisreëlings sal deur die Oos-Kaapse regering bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Johan ·

Is dit net ek of hou Ramaphosa baie van amptelike begrafnisse? Dis nou die soveelste een. Winnie kan mens verstaan, toe een of ander obskure oud-kabinetslid en nou ‘n Koningin waarvan niemand al gehoor het nie? Goeiste ek hoop hulle het polisse gehad! Nie nog belasting geld nie!

Liezl ·

Wie op dees aarde is sy? Ek dink ons almal moet vlae kry en as ons hoor van misdade op die Afrikaanse gemeenskap, dan hang ons vlae halfmas

Bernard Hellberg ·

Is daar enigsens IETS wat hierdie mensies self betaal? Dink aan huise, krag, water, kindertoelaes, ens, ens. Om van naar te word want dit skep ‘n sieklike en blywende afhanklikhwid

wunderbar ·

bernars moenie die kinders vergeet om die amagrant ye kry terwyl beide ma en pa werk nie. die mense se hebsug en geldgierigheid is eenvoudig walglik. dat die anc te dom is om dit in ye siek even walgliker. grant bir een, hoogstens twee kinders van werklose mense kan ek insien, maar ag kinders? hoe ver kan dit gaan?

Mariettr ·

Hy’s nog meer spandabelrig as Zuma! Blaas belastinggeld op snert!

Cherokee ·

Jy blyk reg te wees. Die Ramapokker se aanhangers blyk op te droog in die forum.

TDW ·

Hierdie berig is geskryf asof ons presies weet van wie hulle praat. Geen idee wie hierdie is nie.

Johann ·

HUH? So nie net kos diegene ons BILJOENE terwyll hulle Konin Koning speel nie… nou NOG geld om hulle in die grond te kry?

En CR gee uit links en regs. En as ek reg onthou is Koning Koning speel BAIE KOLONiaal van aard!!!!! SITKUS van n land

Ds wie sy is ·

Sy is sie afstammeling van n groep mense wat grond afgevat het van die koisan in die oos kaap.

Die Verlore Skaap ·

Ja ok
Sit my naam op die lys.
Ek sal daar wees.

Linda van Mosselbaai ·

Gedoriewaar het die dame weggekruip al die jare – dat ons nie van haar bewus is nie?
Seker daarom dat ons almal tot matriek moet Geskiedenis moet neem.

Mrs H ·

Jukkel stukkel mnr die president het n kursus nodig op prioriteit bestuur! Sy prioriteite is duidelik gat oor kop.

Potlood ·

Daar uis meer Konings etc in hierdie kleine land van ons as die hele wereld (nee known universe)… en steeds is daar soveel armhoede en geweld en en en en en. Wys net weer hulle mis die punt!!! Wonder van waar kom al die Konings vandaan? Sekerlik nie almal van SA nie… Ek gaan nou maar myself as Koning van my straat elect hahahahahaha

Gestremde ·

Het probeer om meer inligting te verkry van die koniging en bestaan nie eers op Google nie, behalwe die berig van die begrafnis. Vir die wat dit nog nie weet nie…ek het myself ook gekroon as Prins en onthou om vir my ook ‘n staatsbegrafnis te hou met my afsterwe op staatsonkostes. Vir die wat so kla oor belasting betaal…skakel my vir my bankbesonderhede en met die volgende belastingopgawe vermeld net dat jy aan die Prins “lojalties” betaal het.

Elize C ·

lulu, lekker lag ek nou vir jou dubbelsinnige kommentaar! :-)

Snowball ·

Nou hoekom betaal die konings/koninginne se EIE onderdane nie uit hulle EIE sakke vir dié groot begrafnisse nie? So vanuit hul florerende koningkryke waar hulle selfbeskikkend en onafhanklik van staatsaalmoese op hulle konings se heerskappy staatmaak, behoort hulle darem dít te kan bekostig!

Nel ·

Kry vir jou enige naam – ons moet dit tog asb net kan uitspreek.

Alida ·

CR moet wakker word. Rome brand en hy reel begrafnis vir iemand wat niemand nog ooit van gehoor het nie. Hy moet sy aandag bepaal om goed wat saak maak.

Coolaid ·

Nee kyk, daar is net geen perke nie. Ek weet eerlik nie hoe redeneer hierdie mense nie en sal dit in ‘n duisend jaar nie kan verstaan nie. Wie is die persoon? Hier in Mangaung is ook sulke groot partyjies (begrafnisse) van mense wat nie eers ‘n bydrae lewer om Mangaung te probeer verbeter nie. Dit is hoekom die land op bankrotskap afstuur. Die koeie is leeg gemelk.

ACJ ·

Is hier konings en koninginne ook in SA vermorsing van tyd en geld heeldag begrafnis ek ken haar nie.

Wie? ·

Wie is die persoon en waarom moet die staat vir die begrafnis betaal? Ek dog daar is nie geld nie! SA se geagte President is besig om sy hand te oorspeel en, hoewel voormalige President Zuma in my oë nie ‘n goeie President was nie, is ek bevrees dat President Ramaphosa goed op pad is om in sy voetspore te volg. Ek hoop die buiteland gee nie vir SA ‘n sent voordat dinge hier begin verbeter (vir almal) nie.

marous ·

Wil die man vertel ‘n koningshuis het nie ‘n begrafnispolis nie ? Dit het niks met belasting geld uit te waai nie!

Denise ·

Die mense verwoes die land vir huise .grond en nou gaan hulle een GROOT UITGAWE he leker man leker die fonteintjie gee mos net !!!!

Emma ·

Die konings en koninginne kos ons net geld. Wanneer hang vlae halfstok vir plaasmoorde.

Rooikop ·

Genade tog, nou het ek alles gehoor …………….. die land brand af, Eskom gaan afgeskakel word
en Ramaphosa betaal begrafnisse ,,,,,,,,,,, wie is die vrou ?????

Onaanvaarbaar !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.