Spesiale begrafnis vir Zoeloekoning aangekondig

Zoeloekoning Goodwill Zwelithini, in tradisionele drag (August 2000) (Foto: Rajesh Jantilal/AFP Photo)

Pres. Cyril Ramaphosa het aangekondig dat koning Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu met ʼn kategorie 1- amptelike begrafnis ter ruste gelê sal word. Die begrafnis sluit seremoniële elemente in wat deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verskaf sal word.

Die landsvlag sal vanaf Saterdag ook landswyd halfstok hang tot met die aand van die begrafnisdiens.

Maroela Media het vroeër berig die Zoeloekoning is Vrydag in die vroeë oggendure ná ʼn lang siekbed oorlede.

Die president het sy innige meegevoel betuig met die koninklike familie, die Zoeloevolk en die mense van KwaZulu-Natal en daar buite.

Besonderhede van die begrafnis sal binnekort aangekondig word.

Koning Zwelithini sal vir ʼn paar dae lank in staatsie lê by die koninklike paleis in Nongoma, in die noorde van KwaZulu-Natal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hennie ·

Net nog ‘n geleentheid om te plunder en bedrog te pleeg. En dit op ‘n belasting parasiet van formaat! Bekotsingswaardig!

Jaco ·

Onthou net dié hele stelsel van salarisse vir tradisionele konings en hoofmanne kom uit die ou SA. Die Britte het daarmee begin en die apartheidsregering het rustig daarmee voortgegaan. Was dit toe nie geldmors nie?

Johan ·

Jy moet een ding onthou daardie tyd was die vergoeding mark verwant. Die zoeloetjie het toe nie te veel van die belastingbetalers se geld opgeslurp nie.

Johan ·

Gaan seker weer R10 biljoen kos so die kaders kry weer geleentheid om te skep, een se dood die ander se brode.

Hans ·

Sal seker nie te veel uit belasting betaler se sak jaag nie, daar mag mos net 250 mense wees

Joe Olivier ·

Hier in Pretoria het die stadsraad seker geweet hy gaan val. Die vlae op Atterbury hang al vir meer as ‘n maand halfstok en in flarde. Party lê sommer op die grond. Mooi simbool van hoe die “nuwe sa ” lyk. Gelukkig kan ek steeds met trots na die ou vlag kyk.

Johan ·

As ek dit reg verstaan was hy een van die min vriende van die Afrikaners. Was ook nie n voorstaander van die ANC nie…hoop sy seun is ook so.

Stella ·

Rus in vrede Koning Zwelithini. Jy was ons Afrikaners goedgesind. Baie respek vir u

Neelsie ·

So ver ek weet behoort JZ nie tot die koninklike familie/bloedlyn nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.