Spesiale begrafnisse vir ANC-hoës

argieffoto

Argieffoto

President Jacob Zuma het Woensdag aangekondig dat twee ANC-hoës wat onlangs gesterf het, amptelike provinsiale begrafnisse gaan ontvang.

Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, het in ʼn verklaring gesê Nelson Diale, voormalige LP van Limpopo, en Thembisile Nwendamutswu, LUR vir onderwys in Limpopo, gaan provinsiale begrafnisse ontvang.

“Diale was ʼn dapper vryheidsvegter wat ʼn groot deel van sy lewe opgeoffer het in die stryd vir vryheid. Hy het ook geveg vir die vryheid van die onderdruktes en gelyke geleenthede vir almal,” het Maharaj gesê.

Die landsvlag gaan Sondag halfstok in Limpopo hang op die dag van die begrafnisse. Diale en Nwendamutswu is albei verlede week oorlede.

Nwendamutswu is Vrydag in ʼn privaathospitaal in Pretoria dood. Die departement van onderwys het gesê sy was siek, maar kon nie meer inligting verskaf nie. Diale is ʼn dag tevore in die ouderdom van 79 oorlede. Die Limpopo provinsiale regering sal later meer inligting oor die begrafnisse bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.