Spesiale eenheid sal Kaapse treine beveilig

Foto: Verskaf.

ʼn Langverwagte eenheid vir wetstoepassing spesifiek met die oog op treine in Kaapstad is Maandag op die Kaapstad-treinstasie bekendgestel.

Brett Herron, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir vervoer, het gesê die eenheid is op die been gebring ná die memorandum van ooreenkoms tussen die Stad Kaapstad, die Wes-Kaapse regering en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).

Herron het gesê sowat ʼn 100 beamptes het die afgelope paar maande omvattende opleiding ontvang. Hulle is nou gereed om ontplooi te word.

Die Stad het gesê die stigting van dié eenheid is ʼn toonbeeld van die “samewerkende gees tussen die verskillende sfere van die regering”.

Foto: Verskaf.

Dié toetsprojek sal ʼn tydperk van 12 maande duur. “Spoorlyne is die mees doeltreffende en bekostigbare vorm van openbare vervoer. Hier in Kaapstad maak honderde duisende inwoners staat op treine om werk en skool toe te gaan.”

Herron sê dit is die Stad se verantwoordelikheid om die pendelaars se veiligheid te verseker. JP Smith, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit, het gesê dié inisiatief is aanduidend van hoe ernstig die Stad is oor pendelaarveiligheid asook hul toewyding om weer die spoorwese te stabiliseer.

Dié eenheid sal op die veiligheid van die pendelaars fokus, asook vandalisme aan  en diefstal van noodsaaklike Metrorail‑infrastruktuur en ‑bates.

Die eenheid sal die bestaande veiligheidsdienste bystaan en aanvul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hester de Bruin ·

Moet daar nou eers magte geplaas word na al die miljoene rande verbrand is regtig glo dit nie

Hoogtyd ·

Hester de Bruin, ek dink dis verblydend om dit te sien gebeur. Kom ons hoop dit is effektief.

Jannie ·

As wat staan hulle bekend – Amptelike benaming? S.A. Spoorweg Polisie se ontbinding was ‘n fatale fout destyds. Ek wonder of hierdie nuwe eenheid enigsins naastenby so effektief sal wees – tyd sal leer. Ek hoop dat die persone wie die opleiding verskaf het ten minste ex-S.A. Spoorweg Polisie lede is.

Asmain ·

Stem saam. Moes nooit van die Spoorwegpolisie ontslae geraak het nie. Hoop hierdie eenheid het skietkrag &-mag anders is dit soos n hond sonder tande

trol ·

die verbranding van treine is omdat die brandsrigters geen respek vir die polisie het nie. en wie moet ons bedank?

E.K. die eerste ·

Voorheen was daar die Spoorwegpolisie en hulle kon die werk doen. Nou wil hul nuwe eenhede begin. Stel die Spoorwegpolisie weer in, skep so werk en sorg dat misdaad bestry word.

Alida ·

Die spoorwegpolisie was in plek toe skaf die ANC dit mos af. Nou miljarde rande se treine verbrand nou kom eers agter watse fout hulle gemaak het. Het mos alles wat mooi grwerk het verander. Leer ook nie.

Johannes ·

Ja wat! Bogger die duisende blanke boere wat in plaasaanvalle gemartel, verkrag en gemoor word. Bring eerder gou-gou ‘n spesiale polisie eenheid op die been wat treine beskerm…

Weë hierdie land…

Transkaroo ·

How can it be that the Western Cape Province don’t have RRPU units at main stations ?

N/I 13 of 2015 – RAPID RAIL POLICE UNITS

The functions of the Rapid Rail Police Units include the –

1. Rendering of a visible policing service within the rail environment to address safety of commuters, passengers, freight and the rail transport system;

2. Conducting of preventative and reactive policing service within the rail environment;

3. Providing of a rapid rail policing service within the rail environment; &

4. Performing of crime prevention and crime combating operations in the rail environment.

aj ·

Wie trek voordeel as die treinstelsel platval?

Die TAXIS!

Wie het die treinstelsel gesaboteer?

Die TAXIS!

Diefie ·

Mense julle kan nie alles glo wat gesê word en gelees word nie. Daar is NET SEKERE LYNE wat “polisie” op gaan hê. Monte Vista en Bellville gaan nie “polisie” kry nie. MMM tensy hulle, dis nou die “polisie” deurskynend is! En dit kom uit die perd se bek.

bgj van der westhuizen ·

weer eens moet die belasting betaler van kaapstad betaal vir n diens wat niks met om te doen het nie die vielighied op triene is die verantwoorlike eienaar van triene en wat betaal word om van sy diens gebruik te maak en die ander party is die regering en die sapd wat no net nooit ulle werk doen nie waar om moet ons altyd betaal vir swak diens die stad kaaptad bly se daar is nie genoeg geld om goed te doen nie maar daar word al oe meer goed edeon wat niks met die stad te doen et nie die verantwoorlike party lag lekker wat ulle oef niks te doen nie

Irene Myburgh ·

Ek ken nog die tye op Johannesburg stasie toe daar oral spoorweg polisie was en daar was nie sulke nonsens nie. Nou die spesiale mag is seker ook maar nou ‘n beter naam vir spoorweg polisie, want hulle gaan seker net spoorwegpersele beskerm.

Gelukkig gebeur daar nou iets. Want ek het al gesien hoe word die nuwe treine wat nou aan gekoop is ook uit gebrand.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.