Spesiale sinode moet besluit oor vroue-dominees

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Spesiale sinode van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika sal besluit of vroue in die amp van predikant aangestel kan word, het Beeld berig.

Altesaam 56 mans, wat vier predikante en vier ouderlinge van elk van die sewe streeksinodes insluit, sal deel wees van die spesiale sinode. Die algemene sinode, wat tot 15 Januarie sit, was verdeeld oor die besluit.

Die kleiner sinode sal besluit of vroue in die amp van ouderling of predikant mag dien.

Die algemene sinode, wat in Potchefstroom vergader, het Vrydag die saak na die spesiale sinode verwys. Beeld het Woensdag berig die kerk is verdeeld oor die besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hanno Visagie ·

Die meeste hoofstroompredikante en -kerkgangers baseer deesdae hul menings op die homofemihumanistiese tydsgees, insluitend hul godsdiens van Sielkunde, en nie op ons Here Jesus Christus se Woord nie. Lees gerus die volgende Bybelgegronde artikel oor die vrou in die gemeente:- http://bibleguidance.co.za/Afrartikels/Vrou.htm

Uitgewekene ·

Ware debat bly gefokus op die gesprek en val nie die integriteit van die webruimte of jou gespreksgenote aan nie, Hanno.

Hier’s my verstaan van die Bybel se rol in die Christen se lewe: Christus se versoeningsdood en opstanding beteken dat ons (dis nou ALMAL, nie net opgeleide priesters nie) die Bybel kan lees as mense (vrouens en mans) wat bevry is van wettisisme, om mekaar in liefde te dien. Dis nou die Bybel as geheel, en nie net die tekste wat ons uitlig om mekaar te veroordeel nie. Waar pas Gal 3:28 in jou raamwerk in?

Is jy seker die tekste oor onderdanigheid is geskryf sodat ons kan bepaal wie in die gemeente moet onderdanig wees aan wie? Jy hou Prof Johan Malan voor as outoriteit en ek stel voor hierdie interpretasie deur Tim Keller, oor die betekenis van werk in die konteks van onderdanigheid: https://www.youtube.com/watch?v=t7rrqeDpOTk

Vic ·

Hanno, jou arme man. Besef jy dat die Bybel 2000 jaar gelede geskryf is, in pas met die kultuur en gelofies van 2000 jaar gelede? Klink so vir my na dieselle snert wat deur Moslem mans oor hulke vroue verkondig word – hulle het ook nog nooit verder ontwikkel nie. Hoekom hou jy, en ander enersdenkendes, nie ook by dieselfde gebruike wat 2000 jaar terug vir mans voorgeskryf is nie? Suid Afrikaanse vroue, as julle julle so laat kontrolleer en voorskryf, verdien julle om ondergeskik te staan. “Emosioneel fynbesnaard” inderdaad.

Petrus van Eeden ·

Werklik ongelooflik en dit in die jaar 2015! Tweeduisend en vyftien!!! Miskien kan hulle ook n sinode saamstel wat kan oordeel oor die herinvoering van slawerny, soos deur die bybel voorgeskryf. Miskien kan hulle ook n sinode saamstel wat bepaal of steniging heringestel moet word by owerspel. Miskien moet hulle n sinode saamstel wat kan oordeel oor die wenslikheid van die demokrasie. Die bybel ken immers hierdie regeringsvorm nie en die alwetende Liewe Jesus het nog die invoering van demokrasie bepleit, nog die afskaffing van slawerny.

Shannon ·

hANNO, ek vrees dat daardie reuswoord a.g.v. sy blote intimidatoriese aard as bykans meta-pfyissies geiinspireerd aanskou sal word.
God is mistrieeus .. en jou nomenklatuur bevestig dit.

Hanno Visagie ·

Is Maroela Media ‘n Afrikaanse Antichristelike webwerf? Hoekom anders laat hy soveel Antichristelike kommentare toe?

Vic ·

Hanno, ek is Afrikaans en ek is n Christen. Maar ek glo nie daarin om vrouens te onderdruk en kontolleer nie, net soos wat ek nie in ander oud Romeinse/ Joodse/ Moslemse gebruike glo nie. Meeste ontwikkelde mans weet nou dat vrouens beskik oor die vermoe om presies dieselfde dinge te doen as mans, hoewel miskien op n ander manier en deur ander metodes te gebruik. Spierkrag is geen indikasie van superieure breinkrag of vermoe nie. Die belaglike gelofie dat vrouens emosioneel “fynbesnaard” is, is totaal verkeerd: vrouens is wel meer bereid om hulle emosies te wys, te bespreek of ag te gee daarop, alles gesonde maniere om met emosies te werk. Emosies is deur God in die mens geplaas om aan ons inligting te gee oor ons omgewing, en slim mense luister na hulle emosies, en kies ooreenkomstig slim aksies om die omgewing die hoof te bied. Vrouens, oor die algemeen, verwerk moeilike emosies baie beter as mans, wat emosies onderdruk ten koste van hulleself en ander om hulle. O ja, en nog iets – jou laaste sin herinner aan die onlangse gebeure in Frankryk waar onverdraagsames andere probeer verhoed om opinies uit te spreek waarmee hulle nie saamstem nie – je suis Charlie!

Hanno Visagie ·

Maroela Media, of is julle, soos meeste van jul kommentators, blote onweergebore nominale kultuurchristene wat nie die Bybel as die Woord van God aanvaar nie, maar Bybelinhoud ignoreer of vergeestelik?

Charl ·

Hanno, n ware Christen veroordeel nie ander so gou nie, ou maat. Lyk my jy’s n bietjie serieus oor hierdie “gesag oor vrouens” kwessie, broer. Ai, miskien is daar n spesiale hemel vir al diegene wat so bang is vir “vrouens in gesag”. As ek so na die wereld kyk, word meeste probleme veroorsaak deur mans, met of sonder gesag. Miskien sou ons almal beter af wees as ons n paar vroue aan bewind gehad het :) Mens kan nie besluit dat sekere dinge deur die dissipels gese tydsgebonde en kultureel is, maar vasklou aan idees wat in geen beskaafde land meer plek het nie net omdat dit mans se gesag bedreig nie – en let wel, hierdie is nie mans se “Godgegewe” gesag nie, maar die geskrewe van n paar mans wat 2000 jaar terug geleef het. Soos alles anders in die Bybel, moet dit in pas met die gebruike van die tyd gelees word. Die 10 Gebooie aan die ander kant, deur God self aan Moses oorgedra, het die toets van tye weerstaan en is steeds van toepassing en maak volkome sin in die hedendaagse lewe, sou jy gewillig wees om “os of esel” met Jeep of BMW” te vervang. Niks in die gebooie is seksisties of sluit vroue uit nie.

Volgens geagte professor dus :

“Daar is dus ‘n duidelike rolverdeling tussen ‘n man en ‘n vrou in die gesin. Die man is fisies sterker omdat hy orde moet handhaaf, vyandige aanvalle teen weerlose gesinslede afweer, en in die sweet van sy aangesig brood verdien om vir sy gesin te kan sorg. Dit behels soms harde en fisies veeleisende werk. Hy is ook emosioneel só ingestel dat hy gesag kan handhaaf en ernstige krisisse sonder huiwering kan hanteer.”

Wat julle beweer, is dat die man fisies sterker is sodat hy gesag in sy gesin ka n handhaaf – regtig – het mens fisiese krag nodig om jou vrou en kinders in toom te hou? Klink vir my na mans wat nie veel respek by hulle vrouens en kinders afdwing nie, nou moet hulle dit fisies afdwing. Barbaars.

“Die vrou, daarenteen, is fisies swakker, emosioneel fynbesnaard, en kom die beste tot haar reg as sy binne ‘n geborge omgewing leef wat deur die man geskep is. Hy moet die verantwoordelikheid vir die sekuriteit en voortbestaan van die gesin dra, terwyl sy vir die daaglikse versorging, bemoediging en opvoeding van die gesin moet instaan, en ook deur haar sin vir die estetiese ‘n mooi en aangename leefruimte skep. Haar vroulikheid moenie ondermyn word deur haar met take te belas wat deur die man uitgevoer moet word nie. ” – wat kan ek se, ek is stomgeslaan.

“In Bybelse tye is kultureel bepaalde gebruike soos lang hare en die dra van hoofbedekkings as uiterlike simbole aanvaar dat vrouens hulle mans se gesag aanvaar (1 Kor. 11:3-15). Deur die eeue heen het die kleredrag en haarstyle van sowel mans as vrouens egter verander, maar die Bybelse beginsel van die man se gesagsposisie in die gesin en gemeente bly onveranderd. Die moderne vrou is dus steeds aan hierdie beginsel gebonde, maar sy moet dit deur haar houding te kenne gee en nie noodwendig deur eerste eeuse kulturele gebruike nie.” – so wie besluit wat is kultureel gebonde en kan moderniseer, en watter gebruike is “Bybelsebeginsels” en moet bly – ek neem aan die mans, wat so bevoordeel word daaruit?

“Trouens, dit is ‘n erkende vroulike rol in die gesin om opvoeding te gee en kennis aan die opkomende geslag oor te dra.” Hm – so die vrou is goed genoeg om jong seuns op te voed en te leer, maar nie mans nie?? Ongelooflik.

“Wanneer ‘n vrou buite gesinsverband in die samelewing ‘n bepaalde rol vervul, moet dit steeds met die volle inagneming van haar roeping en persoonlike begaafdhede as vrou wees. Daar moenie van haar verwag word om oor mans te regeer nie – sy kan net gesag oor ander vrouens en kinders uioefen.” Vroue regters, polisie, medici, wees gewaarsku – julle mag slegs met kinders en ander vroue werk. Vrouelektore, skei julle klasse onmiddelik en onderrig slegs vroulike studente – julle kan nie gesag oor mans handhaaf nie!

“Wat sal van ‘n vrou word as sy haar in die harde wêreld van ‘n man begewe en haarself sodoende buite God se gesagstruktuur probeer handhaaf? Sy sal haar vroulikheid heeltemal inboet en emosioneel knak onder die lading van verantwoordelikhede waarvoor sy nie geroepe en toegerus is nie. Sy sal óf in depressie óf in arrogansie verval”. Geen wonder die wereld is so vol van arrogante, emosioneel geknakte vroue nie – nou verstaan ek hoekom :)

“Uit die aard van die saak kan vroue nie by die beoefening van die kerkraad se funksies betrek word nie, omdat dit gesagsbeoefening en dissiplinering insluit. Hulle kan slegs by kerkraadsvergaderings gekoöpteer word om getuienis oor ‘n saak te lewer en hulle besonderde kundigheid en insig oor een of ander onderwerp te deel. Die kerkraad moet egter nie deur vrouens gemanipuleer word nie.” – wat n disrespekvolle, arrogante stelling.

“Soos reeds aangetoon, moet ‘n gekose diaken op die kerkraad, soos ‘n ouderling, ‘n man van een vrou wees wat sy eie huis goed regeer – nie ‘n vrou van een man nie!” – en wie oordeel of hy sy vrou goed regeer – die vrou, wat regeer word, of sy pelle, die ander ouderlinge?

“Die toesig oor en opvoeding van kinders en jongmense is veral geskik vir hulle.” – ja dit kan ek my indink, ne. Die kinderopvoeding sal bietjie inmeng met die belangrike manne se golf en rugby, ne, nou moet mammie dit maar doen. Ditto die koskook, huisskoonmaak.

Vrouens, julle het my empatie, as dit is waarteenjulle te staan kom. Geen wonder die kerke loop leeg nie. Wonder net oor wie hierdie manne gesag gaan uitoefen, as al die vrouens en kinders besluit hulle soek beter behandeling?

Hanno Visagie ·

Al wat ons Here Jesus Christus van ons verwag, is om die Bybelse verse oor die vrou in die kerk letterlik op te neem en te aanvaar as God se Woord hieromtrent – so eenvoudig soos dit.

Willie Kok ·

Regtig, moes gelowiges nie lankal aanbeweeg het op die pad van genade wat Christus ons daagliks skenk nie? Moet ons regtig nog vas haak by melk drink ipv vaste kos eet? Moet “christene” na 2000 jaar steeds hare kloof oor ‘n man of ‘n vrou op die kansel?
Die volgende geveg is seker oor beker of kelkies …… (?)
Daar is MEER in God’s Woord om oor te besin en geestelik te groei in die onverdiende guns van geregtigheid wat Christus aan die kruis gebring het.
As ‘n vrou deur God bekwaam gemaak is om die Woord te bring vanaf ‘n kansel (of enige ander plek) , moenie in haar weg staan nie!

Hannes van der Merwe ·

Ek dink nie Hanno se kommentaar kan as ‘n “geveg” beskou word nie. Dit is suiwer ‘n heenwysing deur middel van God se ewige en onveranderlike Woord. Staan dit jou vry om daarmee te maak soos JY dit wil, en nie soos die Woord se nie, wees verseker dat die groot en deurlugtige dag van die HERE die finale oordeel gehoor sal word uit die mond van die Verlosser wat dan as REGTER verskyn.

Vic ·

Ai, nou moet mens nog gedreig word ook. Die Here sal die oordeel fel – en luister maar na Sy Woord, nie die woord van diegene wat so graag die mag en beheer van andere vir hulleself will oorneem nie. God se Woord is daar vir almal om te lees – moet dit nie verwar met die woord van mense nie……..

Joh 3:16: Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Johannes 14:6; Handelinge 4:12

Om ‘n Christen te wees beteken om ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus te hê. ‘n Persoonlike verhouding met Jesus Christus, deur geloof.

En daar vind ek toe uit, hier in my eie land, verskil die mans nie soveel van die mans van ander gelowe wat vrouens en kinders onderdruk nie. Dit word net gekleed in vals woorde oor “fynbesnaarde emosies” en “fisiese swakheid’ en “sin vir die estetiese”.Dit klink als vir my na verskonings om n slaaf aan te hou, en haar in n posisie te plaas waar sy geen, of so min geld verdien dat sy jou nie kan los as jy haar mishandel nie. Die geweld teen vrouens in ons land spruit regstreeks uit hierdie geloof, dat mans die reg het om oor vrouens te regeer. Die Bybel, die Koran, en verskeie ander geskrifte kan op verskeie maniere geinterpreteer word, en word meesal waninterpreteer deur mans wat magsbehep is.

Ben ·

Dit is duidelik dat baie kommentators nie lidmate van die Gereformeerde Kerk is nie en duidelik nie wil verstaan waarop die Gereformeerde leer geskoei is nie. Die Bybel is die enigste ware riglyn waarvolgens besluite geneem kan word en nie die een of ander skrywer se handewerk nie. Dit is ook onbillik om Gereformeerdes onder dieselfde kam te skeer as die Moslem. Ek weet van geen een van my broers wat sy vrou onderdruk en soos ‘n slaaf behandel nie. Die vrou het haar plek in die kerk. Die meeste vroue met wie ek te doen het is gelukkig met die rol wat hulle speel. Hulle lees ook die Bybel en verstaan die riglyne daarin. Dit is eienaardig dat Beeld praat van skeuring in die Gereformeerde Kerk. Los nou maar ons om en by 90,000 in vrede en los julle eie probleempies op. Julle het immers ‘n miljoen of dalk twee miljoen lidmate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.