Spesiale staatsbegrafnis vir Winnie gehou

Winnie Nomzamo Madikizela-Mandela by die ANC se 54ste nasionale konferensie in Desember 2017. Foto: Ayanda Ndamane/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag aangekondig dat ʼn spesiale staatsbegrafnis gehou sal word vir Winnie Madikizela-Mandela wat vroeër vandeesweek dood is.

“Mam’ Winnie verdien die hoogste respek wat ons nasie haar kan bewys om ʼn patriot te eer wat ons nasie en die mensdom in geheel met uitnemendheid gedien het tydens die vryheidstryd en dwarsdeur ons demokratiese bedeling,” het Ramaphosa in ʼn verklaring gesê.

Die presidensie het gesê die spesiale staatsbegrafnis kategorie 1 waarin Madikizela-Mandela se begrafnis sal val, behels elemente van militêre seremoniële eerbetonings en word slegs gehou vir mense wat ʼn buitengewone bydrae tot die land gelewer het.

Die Orde van Luthuli in silwer is vroeër aan Madikizela-Mandela toegeken vir haar “uitnemende bydrae tot die stryd vir vryheid van die mense van Suid-Afrika”, het die presidensie gesê.

“Ooreenkomstig hierdie aankondiging sal die nasionale vlag met onmiddellike effek halfmas by alle vlagstasies landswyd hang, asook by Suid-Afrikaanse diplomatieke geboue in die buiteland. Dit sal gedoen word tot die aand van 14 April 2018. Die president het verder verklaar dat die amptelike routyd sal duur tot 14 April 2018.”

Die presidensie het gesê Madikizela-Mandela se amptelike gedenkdiens sal op 11 April in die Regina Mundi Katolieke Kerk in Mkhizestraat in Soweto gehou word. “Die amptelike staatsbegrafnis sal op 14 April by Orlando-stadion in Soweto gehou word.”

Die presidensie het gesê verdere besonderhede sal aangekondig word sodra die regering dit met Madikizela-Mandela se familie gefinaliseer het.

Maroela Media het vroeër berig Madikizela-Mandela is Maandag in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg in die ouderdom van 81 dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Oom Kalahari ·

Hhhmm…….het angstig gewag vir hierdie aankondiging en het alreeds dit gestel in my vorige skrywes dat dit so gaan wees.

Oudste ·

…en intereesant hoeveel bytjies maak nou aanspraak dat hulle haar gunsteling bytjie in die tuin was.

Ellisras ·

Almal met negatiewe kommentaar. Ek is al in die 60. Het al baie vriende, familie begrawe. Ek weet waarvan ek praat. Baie van hulle karakters met vreemde eienskappe. Van NIEMAND het ons twak gepraat na hy of sy dood is. Dit is net ‘n beskaafde beginsel. So kom ons hou ons self into om met Winnie. Laat haar siel in vrede gaan.

Johan ·

Om twak te praat van n persoon na sy afsterwe is beslis nie regverdig teenoor die persoon en sy naasbestaandes nie , maar die waarheid sal altyd aan die persoon se naam gekoppel bly . Hemel n persoon op terwyl hy lewe . Indien hy dit verdien en nie na sy afsterwe nie.

Edwin ·

Die swart vuis is rerig “eergister” en rerig vervelig. Ek dink dit is al wat haar n politieke ikoon gemaak het. En natuurlik die moorde.

Oom Kalahari ·

@Ellisras, daar is vele van ons wat ook ‘n produk van die 40’s en 50 jare is en nie jou sentimente deel nie. Die waarheid seevier maar altyd en jou verlede bly jou by. Ons respekteer jou siening en laat andere ook toe om hul gevoelens te deel al is dit (Negatief/Positief) en die bydrae te lewer wat hul goeddunke is. As sy ‘n familielid van jou is moet jy maar die twak praat met ‘n knippie sout inneem en gemeenskape toelaat om hul sieninge te openbaar……goed of sleg.

White Rhino ·

Jy kan nooit jou geskiedenis of verlede verander nie. Dit sal met jou bly tot in lengte van dae. Al is jy ook 500 jaar gelede begrawe.
Ek kan honderde voorbeelde opnoem.
Dit is waarom jy EERDER ‘n skoon lewe met integriteit moet ly – so sal jy dan ook onthou word.

Rooikop ·

Sy sal onthou word vir al die verkeerde redes ………………

Ikoon ?????

rollie ·

Vir die meerderheid Suid-Afrikaners is sy ‘n held wat die walglike en onmenslike Apartheidstelsel met hand en tand beveg het. Meerderheid wil haar op ‘n spesiale wyse daarvoor vereer so gun hulle dit…en tough luck vir diegene wat nie die sentimente deel nie julle is ongelukkig in die minderheid.

Willem ·

Niks kan walgliker en onmensliker wees as wat ons nou in die tye met die ANC regering se beleid beleef nie.

AG OU ROLLIE ·

EKSKUUS in die minderheid? Ja agv die feit dat die meerderheid (massas) vir die ANC gestem het en hulle van die CHAOS hou wat nou in die land heers .. verstaan ek hoekom se jy MEERDERHEID .. dit is maar bloot net omdat ons ‘n minderheidsgroep is . MAG EK NOOIT IN MY LEWE IEMAND WAT ‘n KLEIN SEUNTJIE LAAT DOODMAAK het of ‘n BRANDENDE TYRE OOR IEMAND SE KOP TREK eer nie . mag ek maar altyd in die MINDERHEID wees .. dat ek nie die dade van ‘n NECKLACE MOORDENAAR of haar lewe EER NIE .. dankie Here dat ek in die minderheid is!

Casper Labuschagne ·

Die verheerliking St Winnie, die Heilige, bevryder van die mense en moeder van die nasie.

(En wee die walglike rassiste wat durf sê dat daar ‘n ander weergawe van die waarheid bestaan.)

Oom Kalahari ·

Altyd die ou hollgeryde vergelyking van meerderheid en minderheid en sal liewer nie oor die uitwei nie, maar dra geensins kennis van ‘n walglike onmenslike en Apartheidstelsel nie waarna gedurig verwys word nie. Asb omskryf die betekenis van Apartheid? Huidiglik is dit onmenslik, wetteloosheid, misdaad op ‘n sekere groep en dwing jou om liewer Apart te wil leef in ‘n huistronk deur al die land se vervalling.

Apaathaait ·

Janee dit lyk asof APARTHEID ‘n rolmodel vir die ANC geword het .. dit lyk asof hulle dit elke dag NASTREEF. Aparte skole (net met Engels) aparte Universiteite (net met Engels), aparte werksgeleenthede (net vir BEE en AA en EE en BEEE) applikante .. Kwotas met sport (sluit ‘n sekere etniese groep uit) (kwotas met mediese studies sluit ‘n sekere groep uit) grondonteiening NET van blankes in swartes se hande sluit ‘n sekere groep uit .. DIS APARTHEID MENSE . SWART APARTHEID . maar nou sien ek nie oorsese lande en rollie en jerry daaroor MOAN nie, nou is dit nie onmenslik en wreed nie .. SJOE .. PLA DUBBELE standaarde julle nie?

zeno ·

Ag siestog!!! hoekom is sy nou ewe skielik so belangrik. Al die boere en mense wat so sinneloos vermoor word is ook baie belangrike mense. Hoekom besoek CR nie die mense se families nie? want hy voel vere vir die families.

DS ·

Laat sy maar haar helde afskeid op aarde hê die belangrikste vraag is watse ontvangs in die hiernamaals hê?

Uvonka ·

Nooit sal ek sekere mense se mentaliteit verstaan nie. Hoeveel miljoene rande, ons belasting geld, gaan gebruik word om die sikloon, oeps ekskuus kastige ikoon te begrawe? Dit terwyl hulle eie mense, dit waarvoor sy kastig so hard baklei het, nie huise het of in asblikke moet grou vir kos. Die geld kan mos baie beter aangewend word of hoe?

Oom Kalahari ·

@Sies, dankie ek respekteer jou en vele ander hier se kommentare en sieninge wat die werklikhede in ag neem en kan aanspreek soos dit is as om soos ‘n skoothondjie agter verskuilde agenda’s te versteek rondloop en verskans hoe dinge regtig is. Hoekom met oogklappe loop en kop wegdraai oor wat verkeerd is en gaan. Daar is ook baie “Apartheid” sisteme wat tans toegepas word soos ook deur “Sies” genoem, maar gaan ons uit en pleeg vandalisme deur te plunder, afbreek, brand, roof, verkrag en moor? Nee ons doen nie, want ons wil graag opbou en het respek asook dissipline om as waardige Godsvresende mense op te tree.

vuurhoutjie ·

Gee die geld vir stompie se ouers, dan kan hulle vir hom n mooi monumentjie laat bou, en hoef hulle nie meer van die straat te lewe nie, arme arme mense

ek ·

Ja met ons geld. Daar word nie vir die boere sulke begrafnisse gehou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.