“Ons het met ernstige kommer kennis geneem van die moorde waar veral politieke figure die slagoffers was of waar die moorde verbind word met die opkomende munisipale verkiesing. So ʼn situasie kan nie toegelaat word om voort te gaan nie, veral nie in die konteks van demokrasie nie,” het minister Nathi Nhleko gesê.
ʼn Multidissiplinêre taakspan is daarom op die been gebring om die moorde te ondersoek en waar moontlik te probeer verhoed. Die span sal bestaan uit lede van verskeie eenhede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), waaronder misdaadintelligensie, speurders, die Valke en ander spesialiseenhede soos forensiese diens.
Nhleko het ʼn beroep op lede van die publiek en politieke partye wat enige inligting het versoek om dit aan die polisie bekend te maak sodat dit dringend ondersoek kan word. Volgens Nhleko het die waarnemende polisiekommissaris hom die versekering gegee dat die sake voorkeur sal geniet.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
29 Kommentare
Wat van plaasmoorde, huisrowe ens waar belastingbetalers uigemoor word agbare Minister…….of weet jy nie wat in die land aangaan nie…….of is dit nie te ernstig nie ?
Hy hoef dit nie te ondersoek hulle moor mekaar vir mekaar se jobs.
Jy is reg Andre K , waarom is alle moorde nie erenstig of n prioriteit nie . Die huidige regering is verrot , n klomp bedrieers , korup , vals ?.
Hoekom so gou op n taakspan besluit, hy moet eintlik jare wag soos die plaasmoord besluit.
Ek stem saam wat van plaasmoorde .Hoekom hoor of sien ek nie die DA wat wil hê die boere moet vir hulle stem nie????