Spesiale taakspan om ‘politieke moorde’ te ondersoek

Nathi Nhleko by 'n vorige geleentheid. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nathi Nhleko by ‘n vorige geleentheid. Foto: Werner Beukes/SAPA

ʼn Spesiale polisietaakspan is op die been gebring om politieke moorde te ondersoek en te probeer verhoed, het die minister van polisie Sondag gesê.

“Ons het met ernstige kommer kennis geneem van die moorde waar veral politieke figure die slagoffers was of waar die moorde verbind word met die opkomende munisipale verkiesing. So ʼn situasie kan nie toegelaat word om voort te gaan nie, veral nie in die konteks van demokrasie nie,” het minister Nathi Nhleko gesê.

ʼn Multidissiplinêre taakspan is daarom op die been gebring om die moorde te ondersoek en waar moontlik te probeer verhoed. Die span sal bestaan uit lede van verskeie eenhede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), waaronder misdaadintelligensie, speurders, die Valke en ander spesialiseenhede soos forensiese diens.

Nhleko het ʼn beroep op lede van die publiek en politieke partye wat enige inligting het versoek om dit aan die polisie bekend te maak sodat dit dringend ondersoek kan word. Volgens Nhleko het die waarnemende polisiekommissaris hom die versekering gegee dat die sake voorkeur sal geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Andre K ·

Wat van plaasmoorde, huisrowe ens waar belastingbetalers uigemoor word agbare Minister…….of weet jy nie wat in die land aangaan nie…….of is dit nie te ernstig nie ?

christine ·

Hy hoef dit nie te ondersoek hulle moor mekaar vir mekaar se jobs.

maroela ·

Jy is reg Andre K , waarom is alle moorde nie erenstig of n prioriteit nie . Die huidige regering is verrot , n klomp bedrieers , korup , vals ?.

Eugene ·

Skielik is daar meer dringendheid na die moorde. Is dit nie weer 3de mag nie of apartheids agente nie ? Vra maar net.

Vos ·

Hoekom so gou op n taakspan besluit, hy moet eintlik jare wag soos die plaasmoord besluit.

Koos ·

Ek stem saam wat van plaasmoorde .Hoekom hoor of sien ek nie die DA wat wil hê die boere moet vir hulle stem nie????

André ·

Ek stem saam André K. Ek sien plaasmoorde en aancalke em moord op alle blankes ook as polities gemotiveerd n.a.l van “Kill the farmer, kill the Boer”

Frans ·

Hoe kan hule iets stop wat hule self doen die plaas moorde kom van hule af eknse boere stop al jule kose en wit mense stop al jule fabrieke le di land lam nou moeti wag ni jule gan or 20 jaar jamer wees

Wonder maar net ·

Shame on you. Hulle prioriteite nie reg. Plaasmoorde,moord op ou mensies,verkragting en en en het als met politiek te doen. EFF is een van hulle.

john ·

jis mense, maak ons deesdae net dood om n pos te kry?? dis bannaal wat in ons land aangaan!
vergeet plaas aanvalle. gaan terug motief!!

Lance ·

Ag ja die ou wou ons laat glo n swembad is n fire pool en het in sy kamtige verslag bevind JZ skuld nie n rooi sent nie ….wat gaan hy tog nou hier regkry …task team working commitee interminesterial work group en en en ….alles praat praat tee drink en koek eet …die mense is regtig n joke !

cobusp ·

Waars die statistiek minister politieke moorde vs plaas moorde????? Maroela kan julle asb daai statistiek publiseer of uitvind vir ons………weerens n bewys die anc kyk net agter hulle eie belange en die hel met. Die res…………

corne potgieter ·

Hulle kon vir jare nie n taakspan by mekaar bring om na plaas moorde te ondersoek nie ,maar laat daar net een ANC Luier geskiet word dan word daar taak spanne links en regs op die been gebring ,wys maar net dat die gravie truin langer as ooit is…..

Johann Marx ·

Die mees korrekte stelling in jou hele kommentaar is……”ANC Luier”!!! hahahahaha….Die hele spul is ‘n klomp “luiers”….. selfs al is jy nie in ‘n “luiers-posisie” nie. O nee hel, wag….hulle’s almal in “luier posisies” ook. Daar val ek weer van my stoel af…..

Karolis ·

Ek sal nooit enige inligting verskaf oor ‘n politieke moord (indien ek dalk oor inligting beskik) alvorens plaasmoorde en moorde op onskuldige mense in die dorp nie ook voorkeur ontvang nie.

Flippie ·

Wat is die verskil tussen politieke moorde en plaas moorde.

Die verskil is die kleur van die slagoffers

Jcwf ·

Ek het ook ernstige kommer oor al wat aangaan in die ANC, mnr. Nhleko…

En die gevolge daarvan vir die land.

Jaco Snyman ·

Skielik is dit ‘n prioriteit. Wat doen al daai lyfwagte dan? Het julle ooit statistiek wat dit regverdig? Boere mag nie lyfwagte he nie(ie kommandos), en meer boere is al dood as politici. Op hierdie stadium met droogtes en voedselpryse is boere meer onmisbaar, politici sit nie kos op die tafel nie, hulle vat net weg van die wat produseer en voer luies en leegleers in ruil vir stemme.

Willie E ·

Ja…nou worry hulle erg, want politikusse word vermoor,spesiale taakspan….maar blanke plaasmoorde word “sweet all” aan gedoen nie…

christine ·

John dis ongelukkig waar n lewe vir n job. Die mense werk in groepe. Kyk maar in ons hospitale n opname bloedruk verdwyn sommer gou uit n leer uit, en jy sal sit met n disiplenere verhoor. En wie kom doen aansoek vir jou beskeie job? Met n sertifikaat waarskynlik vervals ook op die koop toe. Maak jul oe oop.

Jan maak n Plan ·

Wat jy saai sal jy maai minister. Kry vir julle maar van julle eie medisyne en vat sommer groot slukke en geniet dit ne.

Theuns ·

Kyk na sy foto! Ek het lekker gelag want dit lyk of hy sy duim suig. Of dink hy hy speel vir die LEEUS? Miskien moet ons vir MAPOE kry dat hy vir Nhati verduidelik hoe moet hy kuif maak as hy oorduik vir ‘n drie! Maar nou ja, die man sal nooit “score” nie!

Marina ·

Wat van die plaasmoorde?!?!?!?! Wag, laat ek my nou nie uitlaat hier vandag nie.

Sus ·

‘n Spesiale taakspan………net omdat van sy tjommies nou deurloop onder misdaad. ‘n Plaasmoord elke dag van die jaar, word met ‘n sug afgemaak as normaal. Hierdie land is op die rant van die afgrond!

Ray ·

My vraag is…wat gaan die spesiale taakspan nou weer kos om die ondersoeke te doen? Geld word alweer net gemors…

Willie E ·

Lyk vir my eerder of hy sy duim in sy neus wou druk…maar soos alles wat hy aanpak het hy toe swak gemik en sy neus gemis….amper in sy oog in…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.