Spesiale taakspan vir polities gemotiveerde geweld in Pretoria

Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

Die polisie het ʼn spesiale taakspan saamgestel wat hom sal toespits op sogenaamde polities gemotiveerde aanvalle wat die afgelope ruk in Pretoria plaasgevind het.

Dít volg nadat Bheki Cele, minister van polisie, en sy adjunk, Cassel Mathale, asook die provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, inwoners se besware tydens ʼn besoek aan Mamelodi en Mabopane aangehoor het.

Lede van die gemeenskap het hul kommer uitgespreek oor veiligheid in hul buurte voor vanjaar se munisipale verkiesing, nadat die moord van ʼn Tshwane-raadslid in Mabopane grootskaalse oproer in die gebied veroorsaak het.

Tshepo Motaung is verlede maand sowat 20 keer geskiet en is kort daarna dood.

“Tshwane is as een van die land se brandpunte geïdentifiseer vir misdade wat verband hou met politieke geweld, daarom sal ʼn spesiale taakspan ontplooi word om dié misdadigers vas te trek,” het Cele gesê.

Cele het ook die gemeenskap verseker dat politici wat misdadigers gebruik om demokratiese prosesse te beïnvloed, voor stok gekry sal word.

“Daar is politici wat streef om raadslede te word om misdaadsindikate se bedrywighede te bevorder, eerder as om die gemeenskap te dien. Hierdie kandidate sal nie daarin slaag om geweld en intimidasie-taktieke te gebruik om stemme te werf nie,” sê hy.

“Die polisie en die spesiale taakspan sal verseker dat almal wat by hierdie soort misdade betrokke is, aan die pen ry.”

Saam met die spesiale taakspan het Cele taktiese reaksiespanne in Mamelodi, Mabopane en omliggende gebiede ontplooi.

“Die departement is hoopvol dat die bykomende reaksiespanne die spanning en dreigemente voor, tydens en ná die munisipale verkiesing in die gebied sal hokslaan.”

ʼn Mobiele polisiestasie is ook in die Kopanong-omgewing opgerig om die groeiende gemeenskap saam met die bestaande polisiestasie in Mamelodi te bedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Di ·

Daagliks word mense in hulle woning in Pretoria vermoor, beroof, aangerand en verkrag maar daar word niks hieraan gedoen nie. NOU kan daar skielik ‘n taakspan ontplooi word na klagtes voor die verkiesing. TIPIES ANC

Dries ·

Ennnn,, cele soek n nuwe hoed. Wat n pateet. Leier is cele beslis nie.

Nie Verbaas ·

En hoe is die lede nogal gekeur? Is hulle bevoeg of speel Cele net sy gewone oëverblindery spel want niks logies kan van sy denke afkom nie?

Mariana ·

O nou luister hulle na inwoners se klagtes. Wonderlik wat komende verkiesing hierdie regering laat doen. Als vir stemme……..

Werner ·

Wat maak politici so speciaal hulle is die oorssak van al ons probleme.Glo nie die verkiessing gaan so vreetsaam verloop nie.

Hennie J ·

Waar was die taakspanne toe die gepeupel die land beroof het?
waar is die taakspanne om plaasaanvalle te verhoed?
Waar is die taakspanne om ons in ons woonbuurte te beskerm?
Waar is die taakspanne vir ander brandpunte?
Antwoord: Ons vorm net taakspanne om ons eie kaders te beskerm en dan slegs as daar n kfc naby is.

Harley Davidson ·

Die minister moes vir Mike Bolhuis aangestel het ek is seker hy sal beter resultate kry as die polisie taakmag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.