Spesiale verlof vir Ramaphosa-woordvoerder

Pres. Cyril Ramaphosa en Khusela Diko (argieffoto) (Foto: ANA)

Die woordvoerder van die president, Khusela Diko, is met spesiale verlof en het tydelik haar pligte in die parlement oorgegee.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê dit volg hangende die uitslag van ʼn ondersoek na twee tenders van die Gautengse departement van gesondheid. Die tenders, wat later gekanselleer is, was vir die verskaffing van persoonlike beskermingstoerusting (PPE) aan Royal Bhaka Projects. Diko se man is ʼn direkteur by dié maatskappy. Diko is ook ʼn lid van die Gautengse provinsiale uitvoerende komitee.

Die Sunday Independent het verlede week die storie onthul en gesê Madzikane Diko se maatskappy het deel van ʼn R2,2 miljard se PPE-tender ontvang wat aan 75 maatskappye toegeken is. Royal Bhaka Projects het kontrakte ter waarde van R47 miljoen en R78 miljoen ontvang.

Die pryse vir die toerusting wat Diko se maatskappy verskaf het, is ook onreëlmatig verhoog.

Diko het by die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, aansoek gedoen om verlof tot afwesigheid.

“Ek bedank die presidensie dat hulle my versoek vinnig toegestaan het,” het Diko gesê. “Dit is van absolute belang dat die werk van die presidensie en die regering nie ondermyn of negatief geraak word deur dié bewerings nie, veral nie in ʼn tyd wanneer ons land se fokus op die stryd teen Covid-19 is nie.”

Tyrone Seale is intussen aangestel om op te tree in die amp van woordvoerder vir die president.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Snowball ·

In die natuur sien mens soms adders wat in ‘n bondel verstrengel is; jy kan nie kop of stert uitmaak waar een begin en ‘n ander ophou nie.

Pieter ·

Ag asb ons weet mos nou al teen die tyd hier sal niks van kom nie.

marius ·

En sy en haar heerser is verskriklik trots daaroor . Wat ‘n siek spul !

Magda ·

Met of sonder salaris en hoe lank is die “Spesiale verlof” mmmmmmmmmmm

Kiewiet ·

Innocent until proven guilty!
If guilty redeployment
If not guilty big party!
.

Scalla ·

Kan Ramaphosa nie self praat nie, waarvoor n woordvoerder wat op die soustrein is en nog toutjies trek tot haar voordeel.

Pierreli ·

Spesiale verlof met volle betaling. Dieselfde ou storie, wat is nuut?

Kokerboom ·

En die soustrein stoom lustig voort..Die saak gaan ‘n stille dood sterf. Die kaders is te bang om teen mekaar op te tree

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.