‘Spesialiseenhede nodig vir transitorooftogte’

Die toneel van ‘n transitorooftog in Boksburg in Mei 2018. Foto: Verskaf

Onafhanklike spesialiseenhede sal gevestig moet word om die vlaag van transitorooftogte in die land hok te slaan, meen Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid.

Dit volg ná die soveelste transitovoertuig Woensdagaand op die N3-snelweg naby die Marlboro-afrit in Johannesburg geteiken is. ʼn Veiligheidswag is tydens dié voorval geskiet.

Die voorval kom kort op die hakke van nog ʼn transitorooftog wat Maandagoggend by die Jabulani-winkelsentrum in Soweto plaasgevind het en ʼn rooftog waartydens ʼn Fidelity-geldwa Sondag by die Southdale Mall in die suide van Johannesburg geteiken is. Slegs drie dae vantevore is ʼn G4S-geldwa op die N4 in Silverton in Pretoria tussen Watermeyerstraat en Simon Vermootenweg beroof.

Skade aan die veiligheidsvoertuig na ‘n transitorooftog in Johannesburg in Mei 2018. Foto: Verskaf

Volgens Cameron was daar sedert die begin van die jaar reeds meer as 135 transitorooftogte in Suid-Afrika en word Gauteng die ergste hierdeur geraak.

“Dit is werklik kommerwekkend dat polisielede in verskeie transitorooftogte in hegtenis geneem is en vervolg word. ’n Spesialiseenheid is dus al manier om te verseker dat hierdie tipe misdaad uitgeroei word,” sê Cameron.

“Politieke inmenging uit ANC-geledere het verder ’n invloed op die swak gehalte van sekere beamptes in die polisiediens.”

Hierdie kwessie kan volgens Cameron nie slegs voor die polisie se deur gelê word nie – die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) dra ook skuld. “Transitorowers is professionele misdadigers; hulle weet presies waarmee hulle besig is en is opgelei. Hulle moet derhalwe doeltreffend vervolg word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sw ·

Ek stem saam dat spesialiseenhede gestig word. Die speurders word oorval met daaglikse dossiere wat inkom met gewone misdaad dat hul hul hande vol het om ook nog transito rowe te sit. Of gaan die Valke hierdie tipe misdade ondersoek? Transito rooftogte kan seker geklassifiseer word as stedelike terreur?

oom dewald ·

Die NIU (Nasionale Intervensie Eenheid) se plig is meduim tot hoe risiko polisiering. SAPD moet ophou om boetjies vir bantjies aan te stel in die spesilisasie eenhede en hou soos wat dit was. In 2010 toe daardie helikopter geval het was NIU op hul stukke maar sedertdien word dit afgewater. Daar is nog goeies maar hul word oorval deur die slegter Kollegas. “Dont tinker on something that works” Wens die Regerende ANC wil dit agterkom.

oom dewald ·

Die NIU (Nasionale Intervensie Eenheid) se plig is meduim tot hoe risiko polisiering. SAPD moet ophou om boetjies vir bantjies aan te stel in die spesilisasie eenhede en hou soos wat dit was. In 2010 toe daardie helikopter geval het was NIU op hul stukke maar sedertdien word dit afgewater. Daar is nog goeies maar hul word oorval deur die slegter Kollegas. “Dont tinker on something that works” Wens die Regerende ANC wil dit agterkom.

lee ·

OBVIOUS = SPESIALISEENHEID BENODIG.

Is daar nog enigsins ‘n geldwa oor in Gauteng na al die skielike spul ontploffings ??
Vra maar net – …

marous ·

Die polisie het al die inligting oor sindikate mbt transito rooftogte , kabeldiefstal , moordbendes ens. Die staatspresident en sy minister van polisie se stilswye is duidelik goedkeuring daarvan . Hulle WIL niks daaraan doen nie.

Anel ·

Spesialiseenhede vir rooftogte …. wat van spesialiseenhede vir al die moorde in ons land???

Willem ·

Heeltemal reg, die ANC het mos alle spesialiseenhede afgeskaf, groot fout gemaak deur dit ook te moes afbreek, want dit het mos gewerk.Dis nou hoogtyd dat hulle weer al daardie eenhede vir preoriteitsmisdade op die been bring, as hulle nog hoegenaamd kan, dan is dit ook hoog tyd hulle die Kommando’s terug bring.

Rudi Raaths ·

Baie beslis nodig!
Volg net dieselfde strategie en stel spesialis eenhede daar vir plaasmoorde

Jerry ·

Transito rowers kom hoofsaaklik oor die grens uit Afrika en maak hulself tuis in hostels. Hulle werf CIT sekuriteit en saps lede om deel te word van hulle sindikate. Die Saps het so pas honderde van hulle in hegtenis geneem wat verbind word met transitorooftogte en plaasmoorde. Dus, is julle oproep vir spesialiseenheid voortydig en blyk dit onnodig te wees aangesien die saps nou bewys dat hulle kan en sal optree onder CR.

Willem ·

Waar val jy uit die bus uit met jou inligting? O’ja, dit pas jou teorie.

Mrs H ·

Spesialiste wat julle waar kry? Invoer? Want in dié land bestaan hulle nie meer nie. Hulle is of afgetree, of snoesig en veilig oorsee, wat goed is. Kry vir Arthur Frazer…as dit die beste is wat ons het, maar hou hom net mooi onder valks oog dop?! Hy kwalifiseer nie op meriete nie, maar wel op kwota mos.

Janee ·

Daar was so eenheid met hoogs opgeleide manne. Hulle was baie sukses vol, seker te sukses vol. Dis hoekom hulle ontbind is. JHB High Risk Team. Die ouens was die beste wat die JHB Polisie gehad het. Ek praat nou hier van 10 jaar gelede. Waar is die manne nou? Op stasies of uit die Polisie.

FM ·

Jerry, daardie berig wat jy plaas oor suksesse was toe fake news. Maw die suksesse waarop jy aanspraak maak, was toe nie waar nie. Dit is agterna reggestel. Daar was nie suksesse nie.

peet van breda ·

kom julle dit nou eers agter ? Maar as die weermag en polisie beroof word is die ou motortjies seker kinder speletjies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.