Spesialiseenhede teen plaasaanvalle ontplooi

Gemeenskapslede met baniere wat hul ontevredenheid oor plaasaanvalle uitbeeld tydens ‘n protesoptog. (Foto: Verskaf)

Ses spesialiseenhede van die polisie is spesifiek voltyds teen plaasaanvalle ontplooi, het die kommissaris van polisie, genl. Khehla Sitole, Vrydag tydens ’n sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie aangekondig.

Hy het gesê dat plaasaanvalle ’n al groter fokus van polisiewerk raak, en dat die ontplooiing van die spesialiseenhede deel van die regering se landelike veiligheidsplan uitmaak.

Volgens die jongste misdaadstatistiek wat Vrydag bekendgestel is, het die aantal plaasaanvalle die afgelope jaar van 41 tot 46 toegeneem, en die aantal sterftes van 47 tot 49.

Verskeie spesiaal toegewysde spesialisondersoeke is aan die gang, asook die betrekking van landelike gemeenskappe en landbou-unies, asook die instel van buurtwagte op plase.

Cele het gesê die polisie is seker van die statistieke oor plaasaanvalle, en dat die polisie met landbou-unies en ander organisasies saamwerk om te verseker die statistieke is korrek.

“Die polisie is nie besig om die oorlog teen misdaad te wen nie. Die moordsyfer is die hoogste in tien jaar. In Suid-Afrika word 58 mense elke dag vermoor en 115 word elke dag verkrag. Dit is ’n moord elke 25 minute, en ’n verkragting elke 13 minute,” het Andrew Whitfield, die DA se woordvoerder vir misdaad, uitgewys.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Genis ·

Hierdie rigerering het nie idee nie, en ongelukkig pla dit hulle nie…

Persheks Adri ·

Hulle gaan nie die oorlog teen misdaad wen nie, want hulle gee nie om nie! Hulle is te besig om mense te soek wat rook, drink en sonder maskers loop… Pateties verby!

Hannelie ·

My hart is seer, want ek weet daar gaan weer NIKS kom van hierdie sinnelose moorde nie. CR sal niks doen want hy voel NIKS vir ons…. Sterkte aan ons Vaalharts mense…

Pieter ·

Ag asb vertel my nog n grap die top speuders wat daar was is weg hulle moes plek maak vir our people.Nou werk dit so vandag is jy n konstabel en more is jy n kaptein die land is n sirkus man.

Strandloper ·

Jy slaan die spyker opi kop! Dit lyk hoe laer jou kwalifikasie is hoe hoër is jou pos. Onse ou zumpie het weg gebaan en dit is nou soos n stoom trein op spoed sonder brieke op n doodloop spoor.

Kanjynoumeer ·

Gun Mashaba en sy regering n kans.
Moontlik verras hy ons om n sterk opposisie te vorm wat die ANC en EFF sal bloedneus gee.
n Sterk nuwe leier en regering is nodig wat die land sal lei en midaad, plaasaanvalle en moorde sal voorkom.

Net ek ·

Ag asseblief asof dit gaan help. Daardie mense net so skelm soos hulle maatjies, sal nog help moor ook. Hulle Stem mos almal saam moor uit die boere net BLM………….

Adeline ·

Watter “oorlog” sover ek weet is hier nie ‘n oorlog waarteen geveg kan word nie – dit is suiwer toegelate moord (PUNT). Om oorlog te maak het jy twee teenoorgestelde opponente wat mekaar aanvat oor ‘n saak. Dit is totaal onsigbaar hier in die RZA. Dit is ‘n eensydige geveg (nie oorlog nie). Die land se grenslyn is oop weens korrupsie en die “Afrika” terroriste en misdadigers stroom die land binne met die wete dit is ‘n kriminele paradys/hemel om hier te kom maak net wat hulle wil. Dit is ver bekend dat ons ‘n voos vrot korrupte (vvk) anc regering het met net so voos vrot korrupte stem mag want die kan nes die anc regering doen wat hulle wil.. en die groot nuus is dat die regters (wet stelsel) en sap{diens} totaal onder die vvk anc regering se invloed is – van daar die totale verval van regverdiges onder die kap van byl/klip/verwoesting/verkragting/moord/allerhande misdaad en geen reël of wet vir hulle geld nie, want hulle kom vry of ligte strawwe. “Oorlog” weet nie daarvan nie.

Henk ·

Wil net die vaak koperaal inlig , plaaswagte is al jare aan die gang ! Polisie al 3000 moorde terug die bus verpas , noudat die bus se gô uit is kom hulle eers aan .

Nicholaas ·

Dit is net taktiek om te se kyk ons eenheid is besig met dit en dan agter die gordyn gebeur niks en hul lag in hul moue.

LiveAndLetLive ·

Enigste manier om dit te stop is as ons president dit op nasionale TV aanspreek, en dit plaasmoorde noem en dit streg afkeur. Maar hulle kan nie, anders verloor ANC stemme. Dit is juis deur teen die wit mens te draai en hulle mense onder die indruk te plaas dat hulle hierdeur empowered is, wat hulle stemme verseker.

Alles ten koste van ons land en sy mense.

johanf ·

Waarom word die Weermag nie aangewend nie, buiten nou in Covid tyd. Hier sit hul net, skiet nou en dan van klein vuurwapens tot artillerie, in my dae het die weermag baie plaaslik gedoen en nog.SWAPO ook getaktel……

Werner ·

Hulle spesialiseer seker daarin om te werk sonder dat iemand daarvan weet

Jannie van Niekerk ·

Korreksie: Die moordsyfer is die hoogste in 368 jaar.

Niklaas ·

Ons is bly om te hoor van hierdie plan. En na 5 weke is dit vergete. Dit klink teveel na werk en dis nie prioriteit vir ons president nie.

Hennie ·

Net ‘n klip in die bos : wat is die doel van diè eenheid? Dalk om te spioneer en inligting te versamel om die bose planne van die anc tov grondonteiening uit te voer?

Johannes Andries ·

Hoop die bakkie word korrek aangewend en nie nog ‘n sigarette vevoer kartel nie

Jack ·

Wel in die donker wereld is dit darem n ligpunt. Hoop egter dis nie soos die polisie by die plaaslike stasie te Vaalharts nie want dit is nie pateties nie maar krimineel om jou plig in nood te versium.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.