Mabel Segoete het Woensdag in die Bellville-streekshof verskyn nadat sy ʼn polisievoertuig onwettig gebruik het en daarmee in ʼn ongeluk betrokke was. Landdros Susan Smith het Segoete beveel om teen Vrydag te betaal vir die skade van R33 991 wat aan die voertuig aangerig is. Segoete het ʼn opgeskorte vonnis ontvang nadat sy aan bedrog skuldig bevind is.
Segoete het skuldig gepleit aan bedrog as deel van ʼn pleitooreenkoms met die staat. Segoete het ʼn polisievoertuig sonder toestemming huis toe geneem nadat sy dit vroeër die dag gebruik en weer uitgeboek het. Sy het nie besef daar is ʼn opsporingstelsel in die voertuig nie. Segoete was in ʼn botsing met die motor betrokke, het dit nie aangemeld nie en later valslik beweer dat sy teen ʼn klip gebots het in die reën.
Sy het intussen ook Woensdag in die hof vir gespesialiseerde handelsmisdaad in Bellville verskyn op aanklag van regsverydeling. Dié saak hou verband met die beweerde verdwyning van ʼn ondersoekdossier by die Parow-polisiestasie. Die verdwyning van die dossier het daartoe gelei dat ʼn klag van aanranding teruggetrek is. Die saak teen Segoete is tot 11 Augustus uitgestel.
Dis wat gebeur wanneer jy net ander ‘segoete’ vat, misbruik en maak soos jy wil nie. Hoe onnosel om nie te weet van die opsporingstelsel…hehehe.
Die drie fases is nogal opmerklik:
# ontkenning
# blameer
# stel van eise
Die laaste fase sal seker binnekort volg.
En trek nog steeds haar volle salaris. Pateties. Moes al n waiter jobbie gesoek het iewers. Sulke polisie beamptes moet summier ontslaan word
Dommer as die klip waarteen sy kastig gebots het.
Ek hoop sy sal nou leer om haar hande van ander “segoeters” af te hou (AS HULLE HAAR LÊER IN DIE HOF KAN KRY)!!
As hulle darem AL die onregmatige gebruik van SAPS voertuie kan “track” en die skuldiges vasvat gaan daar geen polisie beamptes meer oor wees nie!