Speurder koelbloedig langs motor doodgeskiet

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte is Maandagaand doodgeskiet toe hy oorval is terwyl hy saam met ʼn passasier in sy motor gesit het.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die adjudant-offisier verbonde aan die Umlazi-speurdiens was ten tyde van die voorval nie aan diens nie.

“Die beampte het saam met ʼn passasier in sy motor in die Malukzi-omgewing in Isipingo [19 km suid van Durban] gesit toe hulle aangeval is. Ses onbekende verdagtes het hulle genader, die speurder uit sy voertuig gedwing en hom geskiet. Hy is op die toneel dood,” het Naicker gesê.

Die passasier is ook in die aanval gewond. Die aanvallers het die polisiebeampte se dienswapen gesteel voordat hulle in hul motor van die toneel gevlug het.

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel. “Ons sal nie rus totdat ons die oortreders van hierdie gruwelike misdaad opgespoor het en aan die pen laat ry nie. ʼn Mens kan jou net indink watter soort terreur hierdie skurke in ons gemeenskappe sal aanrig as hulle so blatant is om ʼn polisiebeampte so brutaal dood te skiet. Namens die SAPD betuig ek my innige medelye met die familie, vriende en kollegas van die polisiebeampte,” het Mkhwanazi gesê.

Die saak is aan die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad oorhandig vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marous ·

Baie sleg om dit te hoor . Die generaal moet weet dat hierdie tipe mense elke dag en nag los is onder die gemeenskap , en terwyl die polisie beroepe doen dat die gemeenskap hulle self moet beskerm en die polisie moet bystaan, word diegene wat verantwoordelike eienaars van wapens is geteiken deur sy regeringshoofde.

Andre ·

Dit is waartoe die land gaan, skelms worry nie eers meer nie want hulle weet die tronke is vol en regstelsel kan om gekoop word.

Dankie ANC vir 20 jaar se patetiese gemors.

Cherokee ·

Moet nie dinge vir Vicky Momberg nog erger riskant maak nie.

GM ·

Cherokee, jy is reg. Ons het mense in die land wat nie verder kan/wil dink nie. Ek wens ook dat ons die kriminele elemente permanent kon verwyder uit die samelewing, maar ek besef darem dat ons, as minderheidsgroep, geteiken gaan word. Of ons onskuldig is of nie, ons sal tereggestel word, en die krimineel met die regte velkleur, gaan nogsteeds niks oorkom nie. Hoe sien hul dit nie in nie?

Sterkte aan die speurder se naasbestaandes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.