Speurder neem eie lewe ná hy meisie, haar ma glo doodskiet

Argieffoto

Die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) het bevestig hy ondersoek ʼn voorval waartydens ʼn speurder glo eers sy meisie (27) en haar ma (54) doodgeskiet het en toe ook sy eie lewe geneem het.

Moses Dlamini, nasionale woordvoerder van Opod, het in ʼn verklaring gesê die voorval het glo in Mitchells Plain in die Wes-Kaap plaasgevind.

Volgens Dlamini word daar beweer dat die 41-jarige speurder se meisie hom glo ná ʼn geskil toegang tot hul huis geweier het. Hy sê sy het glo ook sy dienspistool afgeneem.

“Die speurder het die oggend ná die geskil na die huis teruggekeer en na bewering eers sy meisie en haar ma as gyselaars aangehou. Hy het daarna glo eers sy meisie en toe haar ma doodgeskiet voordat hy ook sy eie lewe geneem het,” het hy gesê.

Dlamini het gesê dit is nie duidelik aan wie die pistool, wat as ʼn dienspistool geïdentifiseer is, behoort waarmee die moorde gepleeg is nie.

ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.