Speurder se skietdood moontlik sluipmoord

Argieffoto

Maroela Media het vertroulik verneem dat die moord op lt.kol. Leroy Bruwer (49), ʼn speurder van die Valke, moontlik ’n sluipmoord kon wees. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die moontlikheid dat dit wel ’n sluipmoord was, kan nie uitgeskakel word nie.

Maroela Media het Dinsdag berig Bruwer is in sy motor buite Nelspruit met ʼn aanvalsgeweer doodgeskiet. Albert Gryvenstein, hoof van die organisasie Bossies Community Justice in Nelspruit, het gesê Bruwer was omstreek 06:20 van sy huis op pad Nelspruit toe vir ’n hofsaak. Bruwer het op ’n kleinhoewe op die R37 buitekant Nelspruit gebly.

Die Valke se taakspan ondersoek tans Bruwer se skietdood en sal dan kan bevestig of dit wel ’n sluipmoord was.

“Lt.kol. Bruwer was ʼn voortreflike offisier en het verskeie hoëprofielsake ondersoek, insluitend transito-rooftogte, georganiseerde misdaad en renosterstroop-sindikate,” het Werner Weber, die VF Plus se provinsiale leier in Mpumalanga, gesê. Dié party het sy moord as ʼn “lokval-sluipmoord” beskryf, weens die manier waarop die aanvallers op hom toegesak en toe weggejaag het. Niks is glo ook tydens die voorval gesteel nie.

Intussen is die taxibestuurder wat die senior verkeersbeampte van die Kaapstadse metro Dinsdagoggend in Acre-weg in Kensington doodgeskiet het, moontlik vasgetrek.

‘n Verkeersbeampte wat glo deur ‘n taxibestuurder doodgeskiet is, se kollegas was getraumatiseerd na sy dood (Foto: NARI via Twitter)

Maroela Media het vroeër berig Walton van Rooyen (49) het die taxibestuurder op die hoek van 5de Laan en Voortrekkerweg in Kensington afgetrek vir ʼn verkeersoortreding. Van Rooyen het die taxibestuurder in hegtenis geneem en op pad na die polisiestasie het die taxibestuurder hom in sy voertuig oorrompel en hom doodgeskiet. Die taxibestuurder het ná die voorval gevlug.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in Kaapstad, het bevestig die taxibestuurder en nog drie verdagtes is binne ’n kwessie van ’n halfuur ná die skietvoorval in hegtenis geneem.

“Hulle was besig om die gebied waar die voorval plaasgevind het te verlaat toe die metropolisie en die stad se spesiale veiligheid en sekuriteit ondersoekeenheid (SOE) hulle aangekeer het,” sê Smith.

Smith glo daar is ’n sterk saak teen die taxibestuurder en hoop dat geregtigheid vir Van Rooyen sal geskied. “Sy familie se lewens is omvergegooi deur sy skielike dood,” het Smith gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Werner ·

Wel as jy kyk hoe dit uitgevoer was en met watter tipe wapen en dat hulle niks geroof het nie kon jy al daai afleiding gemaak het

Nie Verbaas ·

Weet hulle nie dat iemand anders net die saak gaan oorneem nie?

Frans ·

Misdadigers skrik nie vir die gereg nie want die ergste straf wat hul kan kry is tronkstraf op diie belastiingbetaler se onkoste. Die doodstraf het nie ggewrk nee wantt dit is utgevoer sonder dat die publiek daarvan bewus was. Wat die oplossing is,sal seker uitenlopende antwoorde na vore bring.

Pieter ·

Blykbaar is Lt.kol Bruwer vermoor rakende ‘n saak van renosterstropery wat hy ondersoek het. Sekerlik politieke figure by betrokke soos by die Zama-Zama’s wat onwettig goud myn in Barberton-Pelgrimsrus. ‘n Vorige premier is glo daarby betrokke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.