Speurder vas na hy glo man aanrand

handcuffs3-320x257ʼn Polisiekonstabel en nog ʼn man is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn verdagte aangerand het en hy nou in ʼn koma is.

Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê die speurder het glo op 21 Februarie ʼn verdagte in hegtenis probeer neem in Kwanonqaba naby Mosselbaai. Die verdagte het die konstabel met ʼn mes gesteek voor hy gevlug het. Die beampte het hulp ontbied en die verdagte agternagesit. Die konstabel het die verdagte glo aangerand nadat hy hom opgespoor het. “Die verdagte is na die misdaadintelligensie-afdeling se kantore in Kwanonqaba gevat waar die terreinopsigter hom glo ook aangerand het.” Dlamini sê die verdagte se kop is glo teen ʼn muur geslaan. Hy is per ambulans na ʼn hospitaal geneem. Die verdagte het brein-, kop- en rugbeserings opgedoen en is in ʼn koma. Die konstabel en die terreinopsigter sal na verwagting Woensdag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danielle ·

Geen verlies vir die samelewing as die verdagte dit nie maak nie.

Jasper ·

Verdagte, wat was jou intensie toe jy messteek ? Om te moor. Kry vir jou.

Danielle ·

Is dit nie ironies, die speurder word gesteek met ‘n mes, verdedig homself, en gaan seker nog aangekla word van moord ook indien die verdagte doodgaan. Die regstelsel faal die mens in soveel opsigte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.