Speurders in hof oor sameswering tot roof

Argieffoto

Argieffoto

Twee polisiespeurders wat na bewering saamgesweer het om transitorooftogte te uit te voer, het Vrydag vlugtig in die Kriel-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Die twee speurders is vroeg Vrydagoggend deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaad (Valke) in hegtenis geneem.

Konstabel Tami Kubeka (38) en Daniel Mahlangu (30) bly in aanhouding hangende hul volgende verskyning in dieselfde hof op 16 September, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Die twee speurders word daarvan beskuldig dat hulle deel is van ʼn groter groep wat transitorooftogte in Mpumalanga uit te voer,” het Mulaudzi verduidelik. “Hulle is albei by hul huise in hegtenis geneem. Een van die verdagtes het op beamptes geskiet, maar hy is vinnig oorweldig. Die Valke het beslag gelê op vuurwapens, vermoedelik gesteelde skootrekenaars en selfone, en twee BMW’s, waarvan een nog splinternuut was.”

Die Valke se taktiese bedryfsbestuurafdeling (Toms) het in Augustus vanjaar inligting oor ʼn gekaapte BMW ontvang. Lede van die Valke het die motor agtervolg en dit by ʼn huis in Kriel sien staan. “Nog voor hulle die erf kon betree, is daar op beamptes geskiet en hulle het teruggeskiet. Die verdagtes is deur die spesiale taakmag, die nasionale ondersoek-eenheid, georganiseerde misdaad, Gautengse blitspatrollie en plaaslike polisie oorweldig.”

Een beampte van die Valke is in die skouer geskiet. Een verdagte is noodlottig gewond. Twee verdagtes het kritieke beserings opgedoen. “Een van die beseerde verdagtes het Vrydag aan sy beserings beswyk. Tydens ʼn soektog by sy huis het die polisie beslag gelê op koeëlvaste baadjies van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en privaat sekuriteit. Die Valke het ook beslag gelê op kommersiële springstof, vuurwapens en gesteelde voertuie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Hierdie vrot appels doen soveel skade aan die beeld van die hele krat appels dat die publiek hulle smaak in appels verloor.
Tog so jammer.

Rapes ·

Hulle was seker dat hulle die ondersoek beamptes sou wees, dan kon hulle nie die saak oplos nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.