Spieshengelaar gered in KZN

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Spieshengelaar is Saterdag in Sodwana in KwaZulu-Natal gered nadat hy in die moeilikheid beland het.

“Die man was glo besig om te visjag onder die water, glo teen ʼn diepte van omtrent 20 meter, toe hy in die moeilikheid beland het,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê.

Mckenzie sê die man is deur vriende gered en na die strand geneem waar hulle noodhulp en mond-tot-mond-asemhaling toegepas het. Hy sê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die man verder behandel voor hy per helikopter na die Ngwelezane-hospitaal vervoer is vir die nodige sorg.

Mckenzie sê dit is nog nie duidelik hoekom die man in die moeilikheid beland het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.