Spioen vs spioen: DG uit pos verwyder

Arthur Fraser. Foto: ANA

Arthur Fraser, direkteur-generaal van die staatsveiligheidsagentskap, is na die departement van korrektiewe dienste oorgeplaas.

Brian Dube, woordvoerder van die minister van staatsveiligheid, Dipuo Letsatsi-Duba, het in ʼn verklaring gesê die besluit om Fraser oor te plaas is geneem ná oorlegpleging tussen pres. Cyril Ramaphosa en die minister. “Die skuif is met Fraser ooreengekom en onmiddellik van krag.”

Loyiso Jafta is as waarnemende direkteur-generaal van die staatsveiligheidsagentskap aangestel totdat die aanstellingsproses vir die pos afgehandel is. “Jafta het uitgebreide ervaring in die intelligensieveld wat dateer uit sy tyd in Umkhonto we Sizwe waar hy as ontleder in die departement van intelligensie en veiligheid gedien het.”

Volgens Dube is Ramaphosa en Letsatsi-Duba vol vertroue dat Jafta ʼn geskikte kandidaat is om die staatsveiligheidsagentskap te lei.

Fraser se oorplasing volg nadat Setlhomamaru Dintwe, inspekteur-generaal van intelligensie, ʼn hofaansoek ingedien het waarin hy versoek dat Fraser gekeer moet word om by sy werk in te meng. Dintwe beweer Fraser het sy sekerheidsklaring probeer onttrek en wil inmeng met die ondersoek na hom.

Fraser word in Jacques Pauw se boek The President’s Keepers met korrupte aktiwiteite verbind. Die DA het in Mei verlede jaar ʼn klag by die inspekteur-generaal ingedien rakende die presiese bewerings wat teen Fraser in Pauw se boek vervat is. Dit handel oor gebeure wat na bewering plaasgevind het toe Fraser tussen 2007 en 2009 adjunk-direkteur-generaal van die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Katvis ·

Oorgeplaas na korrektiewe dienste. Goed so hou hom sommer daar. :)

Jordaan ·

Ja, hopelik is dit om sy toekomstige blyplek te sien! As net ‘n deel van die beweringe in Jacques Pauw se boek waar is, hoort hierdie man lank agter tralies!

Eish ·

Dit is verblydende nuus dat die gelaaide pistool verwyder is. Ek hoop strafregtelike klagtes gaan ondersoek word.

Buitestander ·

Nee wat hoe ligter die JOB hoe groter die pay!
Hier kan hy elke gvanenis se rekoods goed naspeur!!!

snoefie ·

hy moet afgedank word, nie bloot herontplooi word teen vet vergoeding nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.