Spioenasiebande: Genoeg bewyse om te vervolg, sê Zille

Helen Zille. Foto: Werner Beukes/SAPA

Helen Zille. Foto: Werner Beukes/SAPA

Helen Zille, leier van die DA, sê daar is “voldoende bewyse” op die sogenaamde spioenasiebande om die besluit om korrupsieaanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar, te hersien.

“Ek het die transkripsies van die opnames gelees. Dit is die opnames van 36 gesprekke wat oor ʼn tydperk van vyf maande plaasgevind het,” het Zille in die DA se nuusbrief gesê.

“Sonder om die inhoud bekend te maak, kan ek wel sê dat ek tevrede is dat die spioenasiebande voldoende bewyse bevat om voort te gaan met ons hersieningsaansoek van Mokotedi Mpshe, destydse waarnemende hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, se besluit om die aanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar.”

Die DA is intussen deur sy regsverteenwoordigers aangeraai om nie die inhoud van die opnames openbaar te maak nie.

“Hoewel ek meen dit in die openbare belang is om die opnames openbaar te maak, het die DA se regspan my ingelig dat die dokumente, insluitend die opnames, slegs openbaar gemaak mag word tydens die hofverrigtinge waarvoor dit benodig word,” het Zille verduidelik.

Die opnames is verlede week aan die DA oorhandig nadat die appèlhof in Bloemfontein beslis het dat die Nasionale Vervolgingsgesag aan ʼn vorige bevel moet voldoen en binne vyf dae die opnames moet oorhandig.

Daar is destyds aangevoer dat gesprekke op die opnames die rede was hoekom die aanklagte teen Zuma laat vaar is.

Die DA het aansoek gedoen om toegang tot die spioenasiebande te kry, maar ten spyte daarvan dat hulle vorige hofsake gewen het, is die opnames nooit aan hulle oorhandig nie.

Zuma se regspan het tydens die nuutste aansoek aangevoer dat die DA die opnames teen hom sal gebruik vir politieke gewin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

snip ·

zuma agter tralies? huh die zuma bende sal dit mos nooooooit toelaat, maar ja helen go for it

monika ·

gee hom gas hy verdien dit terwyl sy mense honger ly gee hy geld uit of daar baie is. Hy verdien dit nie dat mense vir hom MNR DIE PRESIDENT

George ·

Helen kom ons kyk of jy die goene het om die ou vas vat , ek wet jou hy gaan bo oor jou loop , hys uit geslape .

Willie ·

Me Zille, jy gaan NIKS bereik nie. As ek van kriminele mag praat geld die volgende : Die binne die ANC is veel meer vindingryk as die binne die DA
Asseblief Me Zille, spandeer jou tyd aan u werkedepartement waaroor baie vrae bestaan en verrot is

Willie ·

Me Zille, jy gaan NIKS bereik nie. As ek van kriminele mag praat geld die volgende : Die binne die ANC is veel meer vindingryk as die binne die DA
Asseblief Me Zille, spandeer jou tyd aan u werkedepartement waaroor baie vrae bestaan en verrot is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.