Spioenasiebande: Hof besluit oor Zuma se appèl

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag uitspraak gelewer in pres. Jacob Zuma en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoek om verlof tot appèl teen die hooggeregshof se vorige uitspraak in verband met die spioenasiebande-sage.

Die hof het Zuma en die NVG se aansoek van die hand gewys. Dit beteken dat die hof se vorige beslissing staande sal bly dat die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen Zuma oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, irrasioneel was.

Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg nie. Die DA het ná hierdie uitspraak ʼn jare lange hofgeding van stapel gestuur om die besluit teen te staan en die Noord-Gautengse hooggeregshof het uiteindelik op 29 April vanjaar die besluit om die aanklagte teen Zuma te laat vaar ter syde gestel.

Kort daarna het Zuma aangekondig dat hy besluit het om teen die uitspraak te appelleer omdat hy oortuig is dat die hof in verskeie opsigte fouteer het in die neem van die besluit. Hierdie aansoek deur Zuma en die NVG is op 10 Junie deur die hof aangehoor.

Lees alle vorige berigte oor die sogenaamde spioenasiebande-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

TTh ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n president of enige iemand, soveel bedrogaanklagte oorleef? Dit dui daarop dat die wet geen mag het nie en dat demokrasie sederd 1994 opgehou het, eintlik voor dit al met die NP se diktatuur.

Tersia ·

Hierdie mense weet nie wat Demokrasie beteken nie. Net soos wat hulle Freedom ook nie verstaan nie. Kry vir jou Z.

Katrien ·

Hoekom kry ek so nare gevoel dat ons almal teleurgesteld gaan wees net die uitspraak?

Johann ·

En steeds bly hy staande binne die ANC en die Staat se strukture! HONDERDE aanklagte van BEDROG teen n President? Kan net hoop en glo hy gaan hierdie keer vasgevat word. Maar dan weer seker uitstel op uitstel tot afstel taktiek?

Marietjie ·

Dat zuma die ik van n st3 kind het is word al hoe meer duidelik in sy desperate pogings om uit die tronk te bly. Die skande en tragedie daaraan is dat die belasting betaler reeds 1miljard rand moes betaal aan sy regs kostes. Nog nooit in hierdie land se geskiedenis het n president soveel klagtes en skandes oorleef soos zuma nie. Ons blankes verval in armoede omdat ons belasting betaal vir zuma en kie om van die vettigheid te leef. Wanneer en ek vra dit weereens gaan die NVG wakker skrik en die president arresteer en beslag le op Ndkandla. Maar nee dit is makliker om die gewone man in die straat te target, veral as jy wit is.

Peet ·

Merk my woorde: JZ gaan sy kommunstiese platform gebruik en n staatsgreep(hijack) toepas om onaantasbaar te raak

alida ·

Hy sal soos gewoonlik weer skotvry daarvan afkom. Indien nie – kry vir jou ZUMA !!!

Kosie ·

Die Nuwe demokrate stem ANC. Hulle beskerm nie vir Zuma nie maar die Party.
Die meeste van die nuwe demokrate is te lui om te werk en will als verniet he. So hulle sal aanhou ANC stem en maar hoop Zuma sal iewers verdwyn. Ek hopop gouer as later.

Piet ·

Nouja, miskien sien om dan weer ‘n keer vir Mr. JK Showerhead. Dit is baie opvallend dat ons vanaf die onluste en probleme in Pretoria aan die gang is, niks, maar dan ook niks van hom hoor nie. Praat van ‘n soos ‘n volstruis jou kop in die sand steek………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.