Spioenasiebande: Hof gee Zuma en DA nóg ʼn kans

Argieffoto

Argieffoto

Die hoogste hof van appèl is bereid om president Jacob Zuma en die DA nog ‘n geleentheid te gee om hul verskille oor die sogenaamde spioenasiebande op te los.

Albei partye se regspanne het in beginsel ooreengekom dat ‘n derde party, ‘n senior regskenner, moet besluit watter inligting deel vorm van Zuma se vertroulike vertoë tot die nasionale vervolgingsgesag (NVG).

Die spioenasiebande en ander dokumentasie hou verband met die NVG se besluit om aanklagte van korrupsie teen Zuma te laat vaar.

Die partye het volgende Vrydag op 22 Augustus om 16:00 kans om ‘n ooreenkoms aan die hoogste hof van appèl te lewer, wat dan ʼn hofbevel gemaak sal word.

Shaun Rosenberg, vir die DA, het gesê hulle stem in beginsel saam met die ooreenkoms. “Indien die partye nie tot ʼn vergelyk kan kom nie, sal die hooggeregshof se besluit bly staan,” het Rosenberg gesê.

Kemp J Kemp, vir Zuma het ook gesê die oorspronklike bevel sal steeds van krag wees indien die partye nie ʼn ooreenkoms kan bereik nie.

Uitspraak word voorbehou.

Die Pretoriase hooggeregshof het die NVG beveel om ʼn afskrif van die bande aan die DA te oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Waarvoor is hulle bang om die inligting bekend te maak .Is dit van so n aard dat dit die mense vd land raak.Maak oop as julle mans genoeg is of gaan kruip weg as dit die mense gaan raak want verseker kan dit tot groot probleme lei .Gaan die waarheid seer maak verseker nie vir agter bakse mense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.