Spioenasiebande-saak: Aansoeke om verlof tot appèl aangehoor

hof-hamer

Argieffoto

Pres. Jacob Zuma en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria ʼn aansoek om verlof tot appèl ingedien rakende die uitspraak in die sogenaamde spioenasiebande-saak.

Adjunk-regter-president Audrey Ledwaba het betoë van die NVG, Zuma en die DA se regsverteenwoordigers aangehoor waarna hy uitspraak voorbehou het. DA-ondersteuners het buite die hof betoog.

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het op 29 April beslis dat die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen Zuma oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, irrasioneel was. Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg nie.

ʼn Volbank regters het egter bevind dat Mpshe onder druk was en gevolglik besluit het om Zuma nie te vervolg nie. “Die hof bevind dat die besluit van 1 April 2009 om die saak te laat vaar, irrasioneel was en tersyde gestel moet word. Zuma moet teregstaan op die aanklagte soos uiteengesit in die akte van beskuldiging.”

Lees alle vorige berigte oor die sogenaamde spioenasiebande-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos ·

Hier gaan niks van kom nie, die man is slu, daar is alreeds besluit wat die hof gaan besluit. Rek dit uit belasting geld in hulle maai

Cherokee ·

Die vraag behoort ook geopper te word of Mpshe steeds op die regbank hoort want hy is nie veronderstel om aan druk toe te gee nie. Hy het dus onbevoeg opgetree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.