Spioenasiebande-saak: ‘Appèlaansoek bestem om te misluk’

President Jacob Zuma op 20 Mei 2016 tydens die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap se eeufeesvieringe Foto: Presidensie

President Jacob Zuma op 20 Mei 2016 tydens die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap se eeufeesvieringe Foto: Presidensie

Die DA het ʼn beëdigde verklaring by die konstitusionele hof ingedien waarin hy aanvoer dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aansoek om verlof tot appèl teen die hooggeregshof se uitspraak dat pres. Jacob Zuma aangekla moet word, geen meriete het nie.

“Ons doen dus weer ʼn beroep op die president en die NVG om die litigasie te staak en vir pres. Zuma om sonder verdere vertraging verhoor te word,” het die DA gesê. “Dit is in belang van die oppergesag van die reg en die Grondwet dat die vervolging voortgaan soos deur die hooggeregshof in Pretoria beveel.”

James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het intussen gesê die NVG se aansoek is bestem tot mislukking aangesien daar nie ʼn saak is oor hoekom die konstitusionele hof direk genader moet word nie.

Volgens Selfe wys die NVG se aansoek om verlof tot appèl hoe maklik dit is om die howe te nader wanneer die belastingbetaler daarvoor moet opdok. “Dit is maklik vir die staat om te litigeer wanneer hulle ander mense se geld gebruik.”

Die NVG voer aan dat hy die konstitusionele hof direk genader het aangesien die saak volgens hom kwessies van grondwetlikheid opper.

Regter Aubrey Ledwaba het vroeër in die hooggeregshof in Pretoria die NVG en Zuma se aansoeke om verlof tot appèl van die hand gewys nadat die hof beslis het die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen Zuma oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, was irrasioneel.

Lees alle vorige berigte oor die spioenasiebande-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anti DA ·

Dit is waarmee die DA nou al hulle tyd spandeer,my opinie is daar is baie meer belangrike dinge
Die Vrystaat dorpe wat nie water het nie.
Misdaad voorkoming (begin onderhandel vir ‘n platelandse beskermings eenheid soos die kommando’s om her ingestel te word)
Skraping van diskriminerende beleide en wette teen huidige benadeelde minderheid
En so kan ons aangaan nou spandeer hulle tyd om Zuma te probeer vervolg??

snoefie ·

in alle regverdigheid teenoor die da, hulle kan nie teen maak nie.

Jan maak n plan ·

Daar moet eintlik n wet wees wat kabinets lede persoonlik aanspreeklik hou vir alle litigasie kostes. Miskien sal dit dan hulle in toom hou om nie so baie nonsens aan te jaag nie. Maar ek dink ons sal eerder van volgende week af perde met horings kry.

Kleintjie ·

En nog steeds word daar vir die korupte ouens gestem. Ek verstaan nie mooi nie. Dalk intimidasie?

snoefie ·

beslis intimidasie kleintjie. help my asb reg hier. is die nvg nie veronderstel om ONPARTYDIG te wees nie? die feit dat hulle konstitusionele hof toe hardloop om te keer dat Zuma op sy honderdtalle OORTREDINGS vervolg word, is klinklare bewys dat hulle nie onpartydig is nie. tog skree die da, EFF, ivp, vf+, afriforumof niemand anders vir hulle ontslag en vervanging met bekwame onpartydige mense nie.

Johann ·

Lekkerrrrr gee die swerjoeters geld uit wat NIE bestem is om Zuma se zirrr uit die tronk te hpu nie MAAR dsn is hy juis die voirbok as dit kom by geld uitgee wat hom NIE toekom nie! Sirkus…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.