Spioenasiebande-saak: NVG sê oor Zuma-klagte

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag tydens ʼn mediakonferensie die pad vorentoe bekend gemaak rakende die hooggeregshof-uitspraak dat die besluit om pres. Jacob Zuma se vervolging te laat vaar, irrasioneel was.

Shaun Abrahams, hoof van die NVG, het bekend gemaak dat die NVG aansoek sal doen om verlof tot appèl teen die Noord-Gautengse hooggeregshof se uitspraak. Volgens Abrahams het die hooggeregshof se uitspraak verreikende gevolge rakende die skeiding van magte, insluitend die mag van die NVG, en is die besluit gevolglik gemaak om aansoek te doen om verlof tot appèl.

Abrahams het gesê hy het die besluit geneem nadat hy regsadvies ingewin en ook met senior lede van die NVG geraadpleeg het. Volgens hom is hy bewus daarvan dat sy besluit hom kritiek op die hals gaan haal, maar tree hy “sonder vrees, begunstiging of vooroordeel” op en sal hy als in sy vermoë doen om sy “grondwetlike verpligtinge” na te kom. “Dit is nie my werk om almal tevrede te stel nie.”

Die Noord-Gautengse hooggeregshof het op 29 April beslis dat die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen Zuma oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, irrasioneel was. Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg nie.

‘n Volbank regters het egter bevind dat Mpshe onder druk was en gevolglik besluit het om Zuma nie te vervolg nie. “Die hof bevind dat die besluit van 1 April 2009 om die saak te laat vaar, irrasioneel was en tersyde gestel moet word. Zuma moet tereg staan op die aanklagtes soos uiteengesit in die akte van beskuldiging.”

Lees alle vorige berigte oor die sogenaamde spioenasiebande-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Connie ·

Ek wens die geld wil nou opraak sodat hulle kan pa-staan vir dit wat voor moet. Hulle mors alweer ons swaar verdiende geld.

Loeis ·

Abrahams meot persoonlik aanspreeklik gehou word indien die NVG die saak verloor. Dan sal jy sien hoe sy deuntjie verander!

Joe ·

“Sonder vrees, begunstiging of vooroordeel”. Wie dink hy bluf hy?

Rynhardt ·

Ek se weer wat ek gese het voorheen.Zuma gaan nie n tronksel sien nie! Hy sal liewer met n “bang” uitgaan as om vervolging in die gesig te staar! Poppe gaan nou begin dans in SA.

Pendoring ·

Kyk mooi, een van die dae gaan hy buiteland toe vlieg en gaan aansoek doen vir amnestie. Hy moet darem wraggies al die hitte voel. Oom Robert sal hom seker ‘n rusplekkie vir sy voet gee.

Theuns ·

Nog n tydwen speletjie Shaun Abrahms jy het nie self besluit wat jy gaan doen nie! Jy het Zuma gekonsulteer! Hou jou mooi praatjies vir jou self en hou op lieg! Jy gaan saam met Zuma sneuwel en jy gaan n baie slegte naam kry! Die geskiedenis Boeke wag vir jou Jy is maar net nog” ‘n Puppet on a String”!

Ai ·

Hulle dink die breë publiek is vrek dom en heeltemal ongeletterd.

Hannes ·

Nou sal ons sien of ons regsbank NOG staande bly. Hewige intimidasie wag op hulle. Hierdie toets moet deurstaan word – anders het ons GROOT moeilikheid.

Grassie ·

Ek het van die begin af voorspel dat Luthuli-huis vir Zoempas teen wil en dank aan bewind wil hou tot by die 2019 verkiesing, daarom sal hulle hierdie proses vertraag. Ek dink ook Theuns hierbo is reg, Abrahams is net ‘n strooipop. Na 2019 het Zoempas sy nut vir hulle verloor dan gaan hulle hom waarskynlik onder sy jis skop. Nou wonder ek, daardie huis wat die Guptas in Dubai gekoop het, gaan hulle dit self permanent bewoon of is dit dalk ‘n beloning aan Zuma vir dienste gelewer, soos bv die miljarde rande wat hy volgens Malema met sy BBP-vliegtuig na Dubai vervoer het? Ek glo nie die Guptas is Moslems nie, hulle sal na Indië uitwyk, nie Dubai nie. Daar is genoeg slaapkamers vir al die Zoempas, maar wat hulle met 13 badkamers gaan doen weet ek wragtig nie.

Loeis ·

Iemand het verlede week in Maroela Media se kommentare gese dat “Zuma se maatjie” (Abrahams) alles in sy vermoe gaan doen om Zuma teen vervolging te beskerm – die gebruiker was 100% in die kol.

Wat die NVG dalk nie besef nie, is dat sou hulle op appel verloor, dit sal bewys dat die NVG nie onafhanklik is, soos hulle veronderstel is om te wees nie. Dit lyk of die klompie vir tyd speel.

Gerd Lourens ·

Lekker lieg ek nou!!! Enigiets om die “…gesalfde…” aan bewind te hou.

Ek wonder hoe leef ouens met hulself saam as hulle weet dat die ontwikkelde mense in SA weet dat hulle blatant lieg?

StopTheMadness ·

Dit bevestig dat ons regstelsel gereduseer is tot n nat vis en absoluut geen byt het nie. Waar op aarde kan n wetstoepassende liggaam apel aanteken sodat hulle nie iemand hoef te vervolg nie??

Leeukop ·

Top opsomming van die situasie waarin ons sit, en goeie materiaal vir DA en ander goeie swart opposisiepartye om die swart stem weg van die ANC te lok!

Jan maak n Plan ·

Daar gebeur dit wraggies weer. Die vet marionet se maatjies kom alweer vir hom op.

Henk Venter ·

Dis nie die dwaas se werk om alam gelukkig te hou nie. Dit IS egter sy werk om kriminele aan te kla! Die meeste konsultasie werk wat hy gedoen het en regsadvies wat hy ingewin het, was natuurlik met zupta en die se regspan!

Bullseye ·

Die NVG appelleer teen die beslissing van n volbank regters? Ouch

KP ·

Lance daar steek baie waarheid in die stuk, ek glo net nie dat hierdie korrupte regering sommer boedel sal oorgee nie. Hierdie land sal nie weer met n verkiesing oorgegee word nie, dit gaan met groot bloedvergieting gebeur.

Marous ·

Volkbank beslissing word deur NVA afgelag … Stel private vervolging in, bewys die aanklagte en die NVA het geen beheer daaroor nie.

Vissie ·

Iewers sit ‘n klomp geldmakende regsgeleerdes wat hierdie manne help deur die regs-kitaar te slaan en te slaan tot sy snare wil breek. En al wat intussen wen, is die regsmanne se bankrekenings.

alida ·

Ek weet nie wat karring hulle so nie. Kla die skelm aan soos al die ander kriminele. Hy is nie verhewe bo die wet nie.

Marietjie ·

Die NVG is al lakal n joke, kyk na Jiba wat ook daar sit om zuma te beskerm, DA sy saak teen haar verloor om verwyder te word. Weereens vra ek dit vraag – waar is God? Hoe is dit moontlik dat een man soveel misdade kan pleeg en niemand kry dit reg om hom tot verantwoording te kry nie? Die kerke swyg soos dit graf, maar wil mense vertel elke Sondag om reg te leef en jy moet die pastoor en predikante betaal, hoekom nie zuma aanvat nie. zuma gaan mos regeer tot Jesus kom sy eie woorde.

Xa ·

God gebruik mense, so die vraag is eintlik Hoekom laat die mense dit toe.

John ·

Het julle al gehoor van die duiwel? Hy’s die moeilikheidmaker! Weet julle watter plek is dit die’? Nee, nie die paradys nie. President Zuma weet nou hy is onaantasbaar volgens ons grondwet. As die parlement hom nie ‘fire’ nie, kan hy maak soos hy wil. Hulle sal hom nie teegaan nie, want dan is hulle hul lekker lewe kwyt. Dit wil voorkom of president Zuma nie van plan is om gou uit te tree nie en dan is daar nog eks-mevrou en kleinboet wat skielik baie voor op die wa is. Kyk uit vir hom. Moeilikheid is moeilikheid…

Ou Vlakvark ·

Daar moet ‘n wet wees wat bepaal dat indien die staatsdepartement ‘n appèl verloor, dan moet die topbestuur van daardie staatsdepartement die appèlkoste in hul persoonlike hoedangheid gesamentlik en afsonderlik dra. Wet moet geld vir aldrie vlakke van regering asook vir die semi-staatsorganisasies.

Dan sal ons as belastingpligtiges minder geldverkwisting op appèlsake sien. En sal die staatsdepartemente beter huiswerk doen vir hofsake.

DA, hier is werk vir julle in die parlement.

Luister ·

Ek dog Zuma het gesê hy wil sy dag in die hof hê?
Wat nou? As hy onskulig is, waarom is hy bang?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.