Spioenasiebande-saak: NVG swyg

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Zuma tydens Vryheidsdagvieringe op 27 April 2016 in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Vrydag steeds geswyg oor die pad vorentoe met die sogenaamde spioenasiebande-saak.

Regter Aubrey Ledwaba het verlede Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria die NVG en pres. Jacob Zuma se aansoeke om verlof tot appèl van die hand gewys.

Die hof het vroeër beslis die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen Zuma oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, was irrasioneel.

“ʼn Besluit sal binne die gepaste tydsraamwerk bekend gemaak word. Daar is tans nog geen besluit nie,” het Bulelwa Makeke, woordvoerder van die NVG, gesê oor die pad vorentoe.

Zuma en die NVG kan hulle nou tot die appèlhof wend en indien die appèlhof die regstreekse petisie aanvaar, gaan die appèlprosedure voort. Indien die petisie van die hand gewys word, is dit moontlik die einde van die pad. Volgens regskenners is dit onwaarskynlik dat die saak in die konstitusionele hof sal draai, aangesien dit bloot strafregtelike klagtes is.

Prof. Dirk Kotzé, politieke ontleder aan Unisa, het beklemtoon dit sal steeds van adv. Shaun Abrahams, hoof van die NVG, afhang om te besluit of Zuma vervolg moet word of nie. Hy meen egter dit sal baie moeilik wees om te regverdig waarom Zuma nie vervolg moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

alida ·

Vervolg hom. As hy skelm wil wees moet hy vervolg word soos al die ander mense in hierdie land. JZ is nie verhewe bo die Wet nie. Die DA moet sorg dat hy vervolg word. Indien hy nie vervolg word nie stel dit geen voorbeeld nie en sal die stelery net aangaan want hulle weet hulle sal nie vervolg word nie. Hou op om in sirkels te hardloop. Vervolg die man en stop hom in die tronk waar hy hoort.

Hein ·

Die DA kry niks reg nie. Daar is so liedjie gewees:
Da da da da. What do and what you don’t. A ha

henk ·

Hierdie hele fiasko was ‘n vermorsing van geld. Die DA, en hulle weet dit baie goed, moes net doodeenvoudig ‘n sertifikat ingevolge die strafproseswet van die aanklaer aangevra het, waarin hy bevestig dat hy nie vervolging teen sy mede bendelid gaan indien nie. Daarna moes die DA privaatvervolging soos in die strafproseswet aangedui word, ingestel het. Zuma was dan verseker ten minste 5 jaar terug al terug in die tronk!

HEVW ·

Die NVG moet aangeskroef word. Ons is al tot sat- wordens toe moeg vir die korillamentaliteit waarmee sake gehanteer word.

Etienne ·

En so koop skuldige nommer 1 nog tyd om weer ‘n termyn as president te dien .(Maleme het dit reeds voorspel). Welkom in Piesangland.Die ja stemmers in die referendum swyg……

Theo ·

Etienne. Jy moet die juk van die verlede afskud my Afrikaner vriend. Die ja stemmers was deur die destydse regering n rat voor die oe gedraai. Baie van hulle besef dit vandag en andere glo dit was die regte ding om te doen. Hoe dit ook al sy, saam moet ons as Afrikaners nou vorentoe kyk en nie die ou koeie uit die sloot haal nie. Daar sal altyd draadsitters en “joiners” wees. Daaraan kan ek en jy niks doen nie .

Penellope Jones ·

Hulle sal swyg en swyg en swyg totdat dit stil-stil en saggies verdwyn.

Tammy ·

Dit is tog so duidelik soos daglig dat daar net een ding kan gebeur. VERVOLG HOM!!!!! wat gaan aan die land van rampspoed en bedrog??? Ons is gatvol keelvol vir hierdie tipe optrede. Hofsake……. maar as die skuldige tot verandwoording gebring word verdwyn die hele aangeleentheid. Is dit ons regstelsel wat gevaal het? Ag asseblief, gee my net die antwoord as jy dalk weet??

Jan maak n Plan ·

Die NVG praat van ‘n “gepaste tydsraamwerk” – sou dit nou ‘n dag of twee wees of sou dit nou ‘n leeftyd wees????? Daar is nie ‘n manier dat die NVG sy eie baas sal vervolg en toesluit nie. Dit sal absoluut net gebeur as daar ‘n ander party aan bewind kom en die proses dan voort sit. Ons moet nog pasop vir een ander ding, en dit is dat die ANC nie in die parlement alle ANC parlements lede kwyt skel van alle dinge/streke wat hulle doen of sou gedoen het nie.

Marietjie ·

zuma skep tans n president vir oortreders, wat kan weier as hulle strafregterlik vervolg word, bloot deur te se dat zuma nie vervolg word nie hoekom hulle?

KP ·

Kan ek n voorspelling waag. JZ gaan niks oorkom in elk geval terwyl die ANC aan bewind is en dit gaan vir nog lank wees.

Ore ·

Wat maak JZ verhewe bo die wet? Hy is seker een van die korrupste mense ter wereld. Verbeel jou ‘n hoenderhok van oor die R300 000.00, ‘n swembad van amper R3 miljoen. Dit is steel. Vervolg hom….. As Thabo Mbeki vinnig uit die parlament verwyder is dan kan JZ ook verwyder word. Of gaan dit ook hier oor rassisme …

Lida ·

Ek weet wat hum en ha hulle so nie. Sluit die skelm toe waar hy hoort.

alida ·

Theo ek stem met jou saam. Vergeet die verlede ons kan nou niks daaraan doen nie. Ons het almal destyds gedink ons doen die regte ding. Ons moet nou die regte ding doen en saamstaan en vir ‘n party stem wat ‘n kans het om in te kom, al is die die DA. Hulle is die enigste party wat ‘n 80% kans het om die ANC uit te kry. Ek weet almal sal nie met my saamstem nie maar dit is inderwaarheid die waarheid. Toe ons destyds “JA” gestem het, het niemand geweet watse chaos dit nou sal veroorsaak nie. Dus steun Afriforum en Solidarteit in hulle pogings om Afrikaans te red, maar stem vir ‘n party wat moontlik die verkiesing kan wen.

Joann ·

JZ is mos anc se god. Hul sal eendag as hul die ware God ontmoet sien waar hul gefaal het en dan is dit te laat.

plaasmeisie ·

Wie se brood ek eet se woord ek spreek,kan maar vergeet Z sal niks oorkom

Cherokee ·

Ek lag vir julle want julle vergeet om een of ander onverstaanbare rede dat Zuma geleerd is. Kan nie onthou of dit ‘n LLB, Bcom of selfs ‘n graad 2 is nie, maar gegradueerd is hy wel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.