Spioenasiebande-uitspraak: Wat gebeur nou?

Pres. Zuma tydens gister se Vryheidsdagvieringe in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Zuma tydens gister se Vryheidsdagvieringe in Giyani. Foto: Elmond Jiyane

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beslis die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit om die korrupsieaanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar, was irrasioneel en moet hersien word. Maroela Media het met kenners gesels oor die pad vorentoe.

Volgens dr. Llewelyn Curlewis, ʼn regskenner, het die NVG twee weke om eerstens te besluit of hulle teen die uitspraak gaan appelleer. Indien die NVG besluit om te appelleer, moet hy ʼn aansoek om verlof tot appèl indien. Die regters wat Vrydag se uitspraak voorberei het, moet dan besluit of die verlof tot appèl toegestaan word. “Indien die verlof tot appèl toegestaan word, gaan die saak na die appèlhof in Bloemfontein. Indien die appèlaansoek egter van die hand gewys word, kan die NVG direk na die appèlhof petisioneer.”

Curlewis het gesê indien die appèlhof die regstreekse petisie aanvaar, gaan die appèlprosedure voort. “Indien die petisie van die hand gewys word, is dit die einde van die pad. Dit beteken dan die besluit om Zuma nie te vervolg nie word ter syde gestel en daar kan voortgegaan word met die klagtes teen hom.” Volgens Curlewis is dit onwaarskynlik dat die saak in die konstitusionele hof sal draai, aangesien dit bloot strafregtelike klagtes is, terwyl die Nkandla-saak byvoorbeeld in nasionale belang was en die grondwet uitsluitsel moes gee.

Hy het gesê indien die klagtes heringestel word, sal dit die eerste keer in die land se geskiedenis sal wees dat ʼn sittende president van korrupsie aangekla word. “Dit sal moontlik die eerste keer in die wêreld wees. Daar is geen riglyne van die verlede om aan te dui wat nou sal gebeur nie.”

Prof. Dirk Kotzé, politieke ontleder aan Unisa, het gesê adv. Shaun Abrahams, hoof van die NVG, sal uiteindelik die besluit moet neem of Zuma vervolg moet word. “Dit sal baie moeilik wees om te regverdig waarom Zuma nie vervolg moet word nie. Daar kan nie beweer word daar is ʼn politieke veldtog teen hom nie, aangesien dié opsie deur die nuutste uitspraak uitgeskakel is.”

Volgens Kotzé is bestaan die moontlikheid ook dat die NVG moeiliker verlof gaan kry om teen die uitspraak te appelleer. “Dit gaan moeiliker wees, aangesien ʼn volbank regters die uitspraak gelewer het. Dit is gewoonlik makliker met een regter, want die regter sal makliker toegee dat sy of haar oordeel dalk verkeerd was en ʼn ander regter tot ʼn ander gevolgtrekking kan kom.”

Kotzé meen Zuma is intussen al hoe meer onder druk. “Hy verloor die een hofsaak na die ander.” Kotzé het gesê indien Zuma wel later vervolg en skuldig bevind word sonder die opsie van ʼn boete, hy outomaties sy voorwaardes om lid van die parlement te wees verloor en dit sal hom onmiddellik diskwalifiseer om president te wees.

Volgens Kotzé is die ander opsie om die saak vir so lank as moontlik te laat sloer. “Zuma is na Desember 2017 nie meer president van die ANC en dan dalk ook nie meer van die land nie. Hulle sal dit waarskynlik minstens tot na die verkiesing later vanjaar probeer uitstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Loeis ·

Curlewis is verkeerd dat ‘n sittende president nog nooit van korrupsie aangekla is nie. Die vorige vorige president van Taiwan is aan korrupsie / geldwassery skuldig bevind en is reguit tronk toe. In Suid-Afrika lyk dit egter of die teenoorgestelde waar is. Jy moes eers in die tronk of ‘n terroris gewees het voor jy president kan word. En dit sluit die vorige een in wie verafgod word…

Neewat ·

Ek neem aan jy praat van die hoogheilige Mandela? Ja, ek glo daar is baie geraamtes in daai kas, dis nou bo en behalwe die wat ons van weet en wat gerieflikheidshalwe deur sy aanbidders ignoreer word.

Buitstander ·

Dit behoort nie veel te veg om die saak te laat sloer nie.
ANC is meesters met sloering tegnieke. As hul dit reg gekry het om vir 7 jaar te laat sloer waarom nie vir nog 2 jaar laat sloer nie?

Boffin ·

Stortkop moet solank begin siek speel….die tronk roep!!!!!

Christo ·

My vraag is: hierdie Mpshe kêrel wat die besluit destyds geneem het en nou ‘n regter is, wat word van hom? Moet daar nie agter hom aangegaan word sodat Zuma se beskermers kan sien hulle kan ook vasgevat word nie? As ons Zuma nie kan laat val nie, laat val dan sy cronies sodat die ANC self vir Zuma kan laat val. Ek dink die meeste van die opposisie partye speel die game verkeerd…

Luister ·

Wonder ook hoe die Seriti Komissie se uitslag hierdie hele storie gaan omklits?
Al daai tyd en geld gemors.

j van rensburg ·

Nouja dan raak zuma se paradys nou n warmer plek. Dus, alles wat hy en Die korrupte anc aan homself toegeken het is dan mos wederegtelik verkry en hy verbeur dan mos alles. Inkandla, salaris en “prestasie” bonusse asook sy familie se verkrygings en sy harem se miljoene. Jammer hy kan nie nou al toegesluit word nie.

Henrietta Klaasing ·

Stem saam met Buitstander: vertraging op vertraging op vertraging. Dit sal in elk geval eers na die appélhof, dan na Grondwethof… tussen word dié een siek en daardie leêr verdwyn… maaaar… al loop die leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal hom wel oftewel die wiel draai stadig maar seker.

Gerd Lourens ·

Sluit die skelm toe! En verklaar sy skatte verbeurd aan die staat.

Jan maak n Plan ·

Daar is moontlikhede om Zuma dalk in n hof te kry, maar die ANC sal dit nooit toelaat nie. Ons moet net oppas dat die ANC regering nie totale amnestie aan Zuma toe staan nie, want dan is hy skot vry. Kom ons hoop maar die ANC kry nie so n gedagte nie.

GES ·

Ek het gewonder, as dit sou gebeur dit nie dalk gaan veroorsaak dat die parlement in wanorde gaan ontbind nie. Siener van Rensburg het iets in die verband gesê.

Buitestander ·

Zuma mag nie geleerd wees nie maar hy is baie goed opgelei deur die kommuniste as ‘n leier en weet hoe om die ANC om sy pinkie te draai. Meeste lede sal staan en val by NR. 1 se lieggery

Siener V Melbourne ·

Zuma sal nie eén dag pa staan vir sy misdade nie. Hy was nou al die president van n land tenspyte van al die aantuigings teen hom en die selferkende oortredings. Die nes is snoesig en die spul versorg hulself. Geen regstelsel sal hulle ontstig nie. Dis so belaglik dat dit nie meer snaaks is nie. Die opposisie is weerloos en kef soos werfbrakkies. Die ANC het “Untouchables” geword weens die onvermoë van die kiesers om op te staan teen hul absolute waansinnige korrupsie en leë-belofte oëverblindery. Ongelukkig is daar nie medisyne vir die situasie nie…tensy die wetters uitgevorseer word.

Lance ·

As n laaste geskenkie aan homself sal hy seker maar nog die duur vliegtuig neem ….of is dit nou van die kaarte af wonder ek ….

johan vd Berg ·

Nes jy daar sê…hulle is meesters om kaders te beskerm en dan hulle onskuld deur n gelieg te bewys

Josua ·

As Zuma val – val die ANC, 85% van hulle wat daar sit het die land vewoes en miljoene rande se balasting geld gesteel en doen steeds, om Zuma te verwyder moet jy die ANC wortels verwyder soos van die vorige kommentare dit reeds geskryf het. Om Zuma te verwyder moet jy onder begin en die wortel van die boom een vir een verwyder dan sal die boom vanself omval sonder om dit af te saag, dit gaan beteken dat lede van die EFF ook verwyder gaan word want hulle was op n tyd deel van die boom se wortels. Gelukkig het elke boom n tyd om te groei en n tyd om te sterf en hierdie boom is al erg verrot!!!

John ·

Nee, wat hierdie Zoeloe was nie verniet ‘n voordanser vir MK nie. Bring my AK is ook nooit ver van Afrikaleiers se gedagtes nie, Ons gaan dit hier meer sien en hoor. Hoe nader aan die verkiesing, hoe meer weermagaktiwiteite kan ons verwag. Presidenf Zuma se betrokkenheid by millitere groepe gaan drasties toeneem om ‘n kragtige basiskorps daar te stel. Hy wil ook hul lojaliteit behou so salarisverbeteringe is dalk op die tafel. Soos dinge oopgevlek word so gaan die magsbasis oorgaan in ‘n kragvertoon. Zuma in millitere drag is nie uitgesluit nie. Die pers se beriggewing gaan ook nou meer en meer aan bande gele word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.