Spioenasiebande: Zuma bestudeer hofuitspraak wat appèl weier

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Ntswe Mokoena, GCIS

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Ntswe Mokoena, GCIS

Pres. Jacob Zuma bestudeer tans die uitspraak van die hooggeregshof wat hom verlof tot appèl geweier het teen ʼn vorige hofbeslissing dat die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen hom oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, irrasioneel was.

Bongani Ngqulunga, Zuma se woordvoerder, het gesê die president sal besluit of hy die appèlhof in Bloemfontein gaan nader oor die uitspraak wanneer hy dit onder oë gehad het.

Regter Aubrey Ledwaba het Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria gesê ʼn volbank regters het die aansoek om verlof tot appèl oorweeg en bevind verlof kan slegs toegestaan word as daar ʼn redelike kans is dat die appèl suksesvol sal wees of as daar ander wesenlike redes is. “Na ons mening is daar geen werklike wettige kwessies in die saak geopper nie,” het Ledwaba gesê.

“Die aansoekers het dele van die uitspraak waninterpreteer of slegs selektief na sinne in die uitspraak gekyk. Die feit dat die saak van openbare belang is, is nie genoegsame rede om verlof tot appèl toe te staan nie.”

Die aansoek is met koste van die hand gewys.

Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nié te vervolg nie. Die DA het ná hierdie uitspraak ʼn jare lange hofgeding van stapel gestuur om die besluit teen te staan en die Noord-Gautengse hooggeregshof het uiteindelik op 29 April vanjaar die besluit om die aanklagte teen Zuma te laat vaar ter syde gestel nadat hulle bevind het dat Mpshe se besluit irrasioneel was.

Die DA het Vrydag gesê die party glo dat enige verdere appèlprosesse deur Zuma geen kans op sukses het nie en dat die president uiteindelik tereg sal staan op aanklagte van rampokkery en korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Johan ·

Hoekom moet hy dit bestuur? Die feite is op die tafel………Hy sukkel daar ……. 1….miljon and …..and…..eish ….

Henk Badenhorst ·

Sjoe, die land brand en hy bestudeer sy soveelste beslissing teen hom. Hy moet saam met Nkandlageld al die hofkostes ook begin terugbetaal. Kyk net die verskil tussen kamma demokrasie en werklike demokrasie. Cameron het onmiddellik bedank en hy bestudeer een hofbeslissing teen hom na die ander.

GES ·

Hy kan nie glo dat hy so baie aangejaag het nie. Sy verhoor gaan jare neem om af te handel.

middie ·

So waar, Eddy. ‘n Mens kan nouliks die woord “bestudeer” en JZ in dieselfde sin noem!

Flibo ·

Ek hoop hy sit met sy agterstewe in die tronk na die episode. Hy verdien dit. Ek glo ook nie hy kan lees nie, al probeer hy hoe hard.

Daenerys Targaryen ·

Hehehehehehehehe… shake head shake head hehehehe

AG ·

Ai ou zuma dis goeie nuus vir jou.

Nou sal ons sien of jy nog so lekker lag soos ‘n clown.

maroela ·

Hoe lank nog voor die skurk agter tralies beland waar hy hoort ???.

Johann ·

Hier kom Jaaaaaaarrreee se uitstel.eb apeleer en weer probeer en en e. En en …NIKS VAN

Dawie ·

Kom ons kyk maar eers wat gebeur.Ek sal eers dit wil sien voor ek dit glo.Hierdie ou gaan nie maklik net oorgee nie.Dis mos Afrika die kyk na sy vriend ou Robbie .

Lance ·

Ag asb kan ons nou voort gaan en die man aankla asb en n skuldigbevinding kry …vra seker nou vir wors in n hondehok

christine ·

Julle die man gaan vlug soos al sy pelle al uit hulle lande gevlug het reguit weste toe. Ek vra elke oggend is hy al weg of wag hy vir die nuwe straler. Hoop hy stuur die stomme loots darem terug met n gewone vliegtuig. Skrif is aan diie muur vir die skelm. As dit nie so erenstig was nie kon ons hom darem bedank het vir al die jokes wat hy agtergelaat en sakke vol skuld want die jaffel los ons land knie diep in die skuld agter skuld waarvoor hy alleen moes pa staan.

Edward ·

Alhoewel ek hom met sy gat in die tronk wilwil sien is dit iets wat nooit sal gebeur. Daar is te veel Shaiks, sorry ek bedoel tussenmanne, wat die val sal vat.

Chrisjan ·

Hierdie is n goeie voorbeeld van ń misleidende berig. Die persepsie word geskep dat die skelm veelwywer aan iets anders as sy eie magsbehepte voortbestaan kan dink.

vermeende ·

Vir solank wat hy op die troon sit kan niemand aan hom raak nie.
Ek glo hy sal die nasioenale verkiesing uitstel, daai stoel het hy dan klaar so lekker warm gesit.

Dirwou ·

Zuumz het al 2/3 van sy termyn spandeer om uit die hof te bly Nou gaan dit net Langer aan n man met st2 sal nie veel met die uitspraak kan doen nie

Magrette Louw ·

Zuma bestudeer? Oh my goodness, en hier dog ek hy het mense wat sy leeswerk vir hom doen…

Janjien ·

Daar sal niks van kom nie, selfs al sou hy skuldig bevind word sal hy medies kwytgeskeld word..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.