‘Spioenasiebande’: Zuma hoor binnekort of hy vervolg sal word

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Die uitspraak in die sogenaamde spioenasiebande-saak teen pres. Jacob Zuma sal Vrydag in die appèlhof in Bloemfontein gelewer word.

Die uitspraak kom nadat Zuma se regspan verlede maand in die hof toegegee het dat die besluit om Zuma nie op 783 aanklagte van onder meer korrupsie te vervolg nie, irrasioneel was. Zuma en die NVG het die appèlhof genader nadat die hooggeregshof in Pretoria in April 2016 beslis het dat die 783 strafregtelike aanklagte teen die president weer ingestel moet word.

Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg op aanklagte van korrupsie, rampokkery, geldwassery en bedrog nie. Zuma was ten tyde hiervan in ʼn magstryd met die voormalige president, Thabo Mbeki, gewikkel.

Mpshe het die saak laat vaar nadat hy na die bandopnames, gesprekke tussen Bulelani Ngcuka, Mpshe se voorganger, en Leonard McCarthy, hoof van die Skerpioene, geluister het. Mpshe was glo van mening dat McCarthy die proses vir verskuilde doeleindes gebruik het, naamlik ʼn politieke komplot om glo te verhoed dat Zuma president word.

Die DA het aangevoer Mpshe se besluit was irrasioneel, onredelik en geneem met ʼn verskuilde politieke agenda en hulle het hulle tot die hof gewend om die besluit te laat omkeer.

James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, het in September ná afloop van die hofverrigtinge gesê die party verwag indien die appèlhof bevind dat Zuma wél op die aanklagte teen hom moet teregstaan, hy op Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, sal staatmaak om die saak te laat sloer.

“Ons verwag spesifiek dat Zuma nuwe vertoë sal rig oor hoekom die aanklagte teen hom laat vaar moet word. Hy het in 2009 geskrewe en verbale vertoë gelewer oor hoekom die aanklagte laat vaar moet word en hierdie vertoë is verwerp,” het Selfe vroeër gesê.

“Maar nou gaan hy waarskynlik aanvoer [Mokotedi] Mpshe was hopeloos onbekwaam – soos verskeie howe al bevind het – en daarom is hy geregtig om weer vertoë op nuwe gronde te maak, insluitend die tyd wat verloop het sedert die aanklagte geformuleer is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Deon ·

Ek vrae maar net as ons as mense korrupsie pleeg of ons ook net ‘n vertoë kan rig en loskom.

Alida ·

Natuurlik moet hy vervolg word. Hy is mos groot mnr wat verkondig dat NIEMAND is verhewe bo die wet nie. Kry vir jou.

Johan. H. ·

Trap hom,Ons land kan hopelik beter doen, Dus te se as hy Korrup was,

Johann ·

Kul jou hier en kul jou daar en siedaar: HOOF NAR HANDPOP HANTEERDER in Zuptopia::::::: NUMBA WHONE van die Zumaikies!

jaco ·

die ANC regeer Suid-Afrika. so die regering is onder hulle beheer. dit sluit die howe in. So hierdie saak kan mos maklik eens en finaal uitgegooi word. ek kan nie verstaan waarom daar nog steeds n bohaai daaroor is nie.

MM ·

HY MOET VERVOLG WORD – of ons hoor eersdag dat hy “in Dubai” gaan bly het – Guptas het mos vir hom n HUISIE BY DIE SEE” gekoop – hoe gouer hoe beter en vat ASB almal saam met jou – Guptas inkluis. – NOT WELCOME HERE!!!!!!!

Anoniem ·

Ons almal weet net mooi niks gaan met hom gebeur nie!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.